Deel van R44-roete spog met nuwe baadjie

R44 in die Wes-Kaap (Foto: Departement van vervoer en openbare werke, Wes-Kaap)

Die departement van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap het ʼn instandhoudingsprojek ter waarde van R59 miljoen op die skilderagtige R44-roete tussen Rooi-Els en Gordonsbaai afgehandel.

Die projek het in Oktober 2017 begin en krake is geseël, gate is gevul, nuwe teer is gelê en ander instandhouding- en herstelwerk is afgehandel.

“Motoriste kan nou op ʼn verbeterde pad ry wat vroeër erge krake gehad het,” het Byron la Hoe, woordvoerder van die departement, Woensdag gesê. “Die roete het die afgelope paar maande swaar verkeer gehad as gevolg van sluitings op die N2 by Sir Lowryspas en betogings op ander roetes in die Overberg-distrik. Die departement bedank motoriste vir hul geduld en begrip terwyl die projek voortgeduur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christa J ·

Lekker om oor iets positief kommentaar te kan lewer. Goeie werk. Doe so voort!

Arno ·

Dankie aan die WesKaapse span net die puik onderhouding van ons paaie. As almal maar net besef die nasionale regering het niks daarmee te doen nie.

Cobus ·

Moet beaam dat die Kaapse paaie in ‘n baie beter toestand is as die land. Die sekondêre paaie in Mapumalanga waar ons laasweek op vakansie was is lewens gevaarlik

Wonder ·

Baie dankie julle manne. Trots op julle. Julle doen wonderlike werk hier in die Wes-Kaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.