Deelnemer gediskwalifiseer ná k-woord in ‘Kwarantyn’-huis

Jana le Roux en haar dogter, Lisa, is deelnemers aan ‘Kwarantyn’. (Foto: Instagram)

Jana le Roux, ma van die Le Roux-gesin wat in die Kwarantyn-huis teen die Scheepers-gesin in kykNET se Kwarantyn meeding, is Vrydagaand gediskwalifiseer nadat sy vroeër vandeesweek die k-woord kwytgeraak het tydens ʼn speletjie op die program.

Suzaan Keyter, bemarkingsbestuurder van kykNET, het in ʼn verklaring gesê Le Roux is deur die opsigter en aanbieder Ferdinand Rabie gediskwalifiseer nadat sy Donderdag ʼn rassistiese opmerking tydens die regstreekse uitsending op DStv-kanaal 149 gemaak het.

“Die kommentaar was nie net aanstootlik nie, maar ook betreurenswaardig en kontrakbreuk.  Alle deelnemers word van alle gevolge van aanstootlike gedrag ingelig voordat hulle die huis betree,” het Keyter gesê.

Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale by M-Net, het op haar beurt die opmerking as “onaanvaarbaar, diskriminerend en in konflik met die land se Grondwet, die gees van die program en die aard en wese van kykNET” bestempel.

“Ons vra om verskoning aan almal wat hierdeur beledig is,” het Meiring gesê.

Maroela Media het vroeër berig Le Roux het ʼn herrie ontketen op sosiale media toe sy na ʼn k*****pak tydens ʼn regstreekse uitsending van die program verwys het.

Twee uitgebreide Afrikaanse gesinne, wat mekaar van geen kant af ken nie, ding in Kwarantyn teen mekaar mee om as die gewildste gesin onder kykers gekroon te word en ʼn kontantprys van R250 000 los te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Pieter ·

Ek het ‘n groot probleem Kyknet. My eiendom staan vol met Acacia Caffra bome. Ek het ‘n Encephalortes caffra broodboom.

Naspers is net goed om aandele in te hê.

Snowball ·

Sjoe! Massiewe, sprong vanaf ‘n kru uitdrukking tot by die Grondwet.
En so my Volk, word ons deel van die skoensoeners – akrobate in kruip.

Rudolph ·

Ek verwag dat ‘n opgevoede persoon met ‘n bietjie emosionele intelligensie van beter sal weet. Dit was beslis die regte ding om haar te diskwalifiseer. Sy behoort beboet te word vir die skade wat sy aan ons beeld doen

Pieter J ·

Hierdie was op ń tydstip ń baie algemene sêding maar mense sal moet begin leer dat wat vandag reg is môre onaanvaarbaar kan wees. Daar is ń klomp mense wat alles wat witmense sê en doen met ń vergrootglas dophou want hulle wil graag ons neuse in die grond vryf.

Erik ·

Om die ‘k-woord’ vandag nog te gebruik is nie aanvaarbaar nie. Dink bietjie mooi watter emosie jy agter daardie woord sit wanneer jy dit gebruik. (Toegegee, ek dink nie daai emosie was betrokke in hierdie spesifieke geval nie).

Gewoonlik word die ‘k-woord’ verder versterk deur ‘n kragwoord voor dit te voeg. Deur die ‘k-woord’ te gebruik word een bevolkingsgroep mooi op hul plek gesit en tipeer en die ander een op die troon. Dis eintlik ironies, want die bevolkingsgroep wat die woord gebruik, boelie as’t ware die ander bevolkingsgroep en is die skuldige party.

Ek weet ek gaan geen ‘thumbs up’ kry nie, maar deur op te hou om die ‘k-woord’ te gebruik is die minste wat ons almal kan doen om rassisme teen te werk. Mense wat die ‘k-woord’ gebruik adverteer rassisme en stel hul opvoeding en intelligensie bloot. Wat wil enige iemand bereik deur die woord te gebruik? Laat dit jou lekker voel? Laat dit jou toe om van jou haat ontslae te raak? Ek begryp dit glad nie…

Gawie ·

Erik, stem volkome saam. Dis ‘n skande hoe mense nog steeds die woord gebruik in privaat gesprekke.

Michael 1 ·

En die media buit dit uit die sensasie soekers wat net die feite gee soos dit hulle polities korrektheid agenda pas.

twaalfboor ·

Ag siestog. En ons “volk” word tog so maklik geafronteer en is SO sensitief. Maar Malema mag sê kill the boer en die grondwet knyp sy oë styf toe.

Daleen ·

Nee wat dit was pleinweg net stupid – as jy in vandag se tyd nie meer weet daardie woord is UIT soos koekies in ‘n weeshuis dan moet jy maar die R250 000 aan die ander span gee – op ‘ n skinbord.

Niklaas ·

As hul gesin nou oppad was om te wen, is dit potensieel een duur fout om te maak in die huidige SA.

Oomniklaassevriend ·

Dit is veel veiliger om die land in die afgrond in te bestuur tot nadeel van miljoene. Daarvoor word geen verskoning vereis nie.

Gawie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense nog sulke taal gebruik. Sy weet sy is op televisie, maar doen dit nog steeds. Dit wys net dat dié soort taal deel vorm van hulle normale woordeskat – daarom dat dit tydens die opname uitgeglip het.

Jacobus ·

Vandag word, ek verstaan, ‘bots’ gebruik om ongewenste woorde en frases op te tel en met ‘n gejuig aan die groot klok te hang. Maar miskien ly die ‘bot’ aan selektiewe gehoor. Aan die hoogheilige veroordeelaars gaan na julle PVR’S en luister na ALLE gesprekke van albei families. As julle dit nie opgetel het nie, haal die program af anders word dit net ‘n propaganda ‘virtue signaling’ oefening

Etienne ·

Hierdie is toevallig ‘n woord wat by uitstek gebruik word as ‘n rubgyspan ‘n goeie loesing gekry het… Nou wat moet ons nou ‘n Praying Mantis in Afrikaans noem? Gaan jy daarvoor ook aangevat word?

JohanR ·

Is ‘n Praying Mantis nie iets te doen met daai berge naby Kaapstad die Hottentot Hollands berg reeks nie? En daar verloor ek my R250000 want ek het ‘n slegte word gese wat in alle Aardrykskunde boeke is! Moet ek die berg reeks nou begin noem die Julius Malema berg reeks? Nie lank voordat jy ‘n vorm uitmaak wat nie meer wit se as ras, maar “of Western decent.”

JohanR ·

Is die tipe stupid shows nog aan? Twee families wat teen makeer bots vir R250000 oor ‘n tydperk, met ‘n host. Ek het nie ‘n tv nie, soe ek kan net aanneem dit is hoe dit werk? Dan is daar kameras oorals wat vir almal koekeloor selfs in die stort, en terwyl jy toilet toe gaan, terwyl jy eet, terwyl jy slaap. Sou nou se in die geval met die tannie wat daai slegte word gese het, en uitgeskop is, gee maar die R250000 aan die ander span dadelik, want Le Roux is nou ge-stigma. Stoot die groot prys op na R500000 want die Scheepers span is seker erg ge-traumaseer!

Jakes ·

Ek sal graag by Rudolph wil weet wie Lana nou eintlik beledig het? Gaan jy ook nou op jou knieg om verskoning te vra vir n seding wat oor donkiejare deur meeste afrikaners gebruik is? Ek mis jammer maar indien sy direk iemand benadeel het kon sy geroskam word maar ek vined die bohaai as uiters kinderagtig en vervelig.

Estelle ·

Dit was baie dom gewees om die woord te gebruik. Waaroor almal wat weet egter stilbly is dat daardie woord eintlik deur die moslem ekstremiste gebruik word om na ongelowiges te verwys. Hul gebruik daardie selfde woord om na die westerse blankes te verwys. Dit is eintlik wazr die woord vandaan kom.

summie ·

Arme vrou, dis ‘n “matter of speaking”, ek is seker sy het dit nie lelik bedoel of aspris gese nie. Sy het tien teen een seker nie eers besef wat sy gesê het nie.

Hennie ·

Ek kyk in elk geval nie ‘n afgewaterde gemors nie. O en die wat sou gou “offense” vat, lighten up cupcakes!

skinderbek ·

Rudolph, ek weet nie wat jy bedoel met “die skade wat sy aan ons beeld doen” nie, wie is jou ons? Veralgemeen jy miskien ?

Maritha ·

Ek was nog nie verveeld genoeg om na daardie stupid program te kyk nie. Klink erg simpel. Dis so 80ties. Ag nee wat. Nou hierdie herrie! Ek maak liewer kos in my gietyster pot onder my gietyster boom. Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Hoop nie iemand weet nou weer nie wat dit beteken nie. Dan lê iemand dalk op my nek oor dit en word ń rassistiese debat

Roelf ·

AS EK die Le roux familie was het ek saam met die dame die huis verlaat – dis in elk geval n sirkus – net n sirkus is meer georganiseerd en Mnr Rabie oordoen alles – Stop die hele verdraaide storie. So almal met die van SWART DE SWART DE WIT OF BLACK moet nou ander vanne aanneem –

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.