Deelnemer sterf tydens Twee Oseane-marathon

Foto: Twee Oseane

ʼn Vyf-en‑dertigjarige man is Saterdag tydens die bekende Twee Oseane-marathon in Kaapstad dood.

Die organiseerders van die marathon het in ʼn verklaring gesê die man het inmekaargesak en ondanks paramedici se pogings om hom by te bring is hy op die toneel dood verklaar.

“Die oorledene het aan sy vierde halfmarathon deelgeneem en was ʼn ywerige hardloper. As die organiseerders wil ons graag ons medelye met sy familie en vriende betuig.”

ʼn Vroulike deelnemer is tydens verlede jaar se marathon dood. Sy het ook aan die halfmarathon deelgeneem toe sy gesterf het.

Minstens 16 000 atlete het vanjaar aan die halfmarathon deelgeneem terwyl 13 000 deelnemers sake in die ultramarathon uitgespook het. Dit was vanjaar die 50ste keer dat dié ultramarathon aangebied is.

Bongmusa Mthembu het in die mansafdeling met ʼn tyd van 3:08:39 geseëvier terwyl die verdedigende kampioen in die vroue-afdeling, Gerda Steyn, in ʼn tyd van 03:31:28 die wenstreep weer eerste oorgesteek het.

Die Suid-Afrikaner David Gatebe, wat verlede jaar derde was, het tweede in die mansafdeling geëindig in ʼn tyd van 03:10:28 gevolg deur Kenia se Justin Kemboi wat verlede jaar die wenner was. Kemboi se tyd was 03:11:22.

In die vroue-afdeling het Mamorallo Tjoka van Lesotho die wenstreep tweede oorgesteek in ʼn tyd van 3:38:22. Suid-Afrika se Irvette van Zyl was derde in ʼn tyd van 03:41:31.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Biebie ·

Maroela Media, dalk bietjie meer inligting oor die man wat gesterf het, en minder oor die wenners se tye… (wat net gecopy en paste is uit ander artikel).

Adam ·

Wat ‘n ondankbare lot het ons Afrikaners nie geword nie.MM verskaf goeie nuus gratis aan ons in ons eie taal en dan word daar waaragtig gekla van die more tot die aand. Ek is nie eens ‘n Afriforum lid nie alhoewel ek waardering het vir baie van wat hulle doen. Geen wonder dat ‘n mens by die lees van die deursnit kommentaar op MM soms verstom staan dat mense nie kan besef dat hulle nie deur andere aanvaar sal word alvorens hulle nie hul eie uitkyk op die lewe verander nie.

Sê net ·

Miskien is dit tyd dat jy saam met jou inskrywingsvorm ook ‘n doktersbrief indien wat jou fiks genoeg verklaar. (Van ‘n regte dokter en nie ‘n sangoma nie)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.