Deelnemers by Kaapstadse wedloop glo aangeval, beroof

(Foto: Facebook / RMB Ultra-trail Cape Town )

Drie mense is Saterdag glo aangeval en beroof toe hulle aan Ultra-Trail Cape Town se 100 myl-wedloop van deelgeneem het.

Maryann Shaw, ʼn woordvoerder van die byeenkoms, het Sondag by navraag aan Maroela Media gesê die organiseerders is bewus van die voorval.

Volgens Stuart McConnachie, direkteur van die wedloop, is al drie deelnemers fisiek ongedeerd. Hulle het ook gekies om met die wedloop voort te gaan.

“Alle atlete wat deur die Simonstad-kontrolepunt gegaan het, is ingelig en die saak is by die polisie aangegee.”

Shaw sê McConnachie is nie in dié stadium in staat om verdere kommentaar te lewer nie, aangesien die wedloop nog aan die gang is en sy volle aandag verg.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur, maar nog nie terugvoer ontvang nie.

Die 100 myl-wedloop is ʼn internasionale byeenkoms waaraan atlete van meer as 40 lande gewoonlik deelneem.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Daar loop rerig groot gemors op daai hele berg reeks rond! Dankie ANC kan nie eers meer ‘n berg veilig klim!

Ronél ·

Die 35km wedloop het verkeerde aanwysings gehad en daar was selde of geen selfoonsein om te bepaal waar jy is???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.