Deen wat glo vroue skend ook in Lesotho vas

Die toerusting wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Die toerusting wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Die Deen wat glo vroue geskend en hul geslagsdele in die vrieskas by sy huis in Bloemfontein gehou het, is vroeër vanjaar in Lesotho in hegtenis geneem.

Clifford Molefe, woordvoerder van die polisie in Lesotho, het gesê die man is op 18 Junie op aanklag van aanranding in hegtenis geneem, nadat sy vrou ʼn klag ingedien het. Volgens Molefe is hy dieselfde dag vrygelaat nadat hy glo siek geword het en moet hy nog in Lesotho in die hof verskyn.

Volgens Molefe besit die man ʼn vuurwapenwinkel in Lesotho en het hy glo gereeld tussen Lesotho en Suid-Afrika gereis. Die man besit ook ʼn vuurwapenwinkel in Bloemfontein.

Die 63-jarige Deen is Donderdag in hegtenis geneem nadat 21 stukkies van vroue se geslagsdele glo in die vrieskas by sy huis gevind is. Hy word aangekla van seksuele aanranding en verskyn Maandag weer in die hof.

Volgens die polisie het die verdagte die geslagsdele as “trofeë” gehou, aangesien een van die stukkies wat gevind is glo gemerk was met die vrou se naam, Lesotho en die jaar 2010. Dit is nog onduidelik of die stukkies geslagsdele van 21 verskillende vroue is en of dit verwyder is terwyl die vroue lewendig of reeds dood was.

Die man se naam mag volgens wet nog nie bekend gemaak word nie, aangesien hy op ‘n seksuele aanklag tereg staan en nog nie gepleit het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.