‘Dekriminaliseer’ koop van tabakprodukte

sigarette

(Foto: pixabay)

Suid-Afrikaners behoort nie met ʼn misdaadrekord te sit net vir die koop van ʼn sigaret tydens die voortgesette afsonderingstydperk nie.

Dít volgens Willie Aucamp, ʼn DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), wat sê die DA verwerp die ANC-regering se kriminalisering van normaalweg wetsgehoorsame burgers.

Bheki Cele, minister van polisie, het die afgelope week in antwoord op ʼn vraag van Aucamp gesê om sigarette tydens die afsonderingstydperk te koop is ʼn misdaad en dit moet dus ʼn misdaadrekord tot gevolg hê.

“Die ANC-regering se standpunt oor die kwessie is ten beste kleingeestig en onsensitief. In my vraag aan die minister het ek die gevolge van ʼn misdaadrekord genoem, soos om jou werk en dus jou inkomste te verloor en nie vir ʼn ander werk te kan aansoek doen nie omdat jy afhanklik van nikotien is,” het Aucamp gesê.

Hy sê die regering moet die gebruik van tabakprodukte dekriminaliseer en diegene wat tydens die afsonderingstydperk die reëls oortree, net daarvoor beboet.

“Met stygende werkloosheid en ʼn verswakkende ekonomie teen die agtergrond van ʼn wêreldwye pandemie behoort Suid-Afrikaners hulle nie te bekommer oor die gevolge van ʼn misdaadrekord net omdat hulle ʼn sigaret gekoop het nie.”

Pres. Cyril Ramaphosa het ook nie juis goeie nuus vir rokers gehad nie. Hy het Woensdagaand in antwoord op ʼn aanlyn vraag gesê die verbod op sigarette sal “eendag” opgehef word.

Aucamp sê dié gebrek aan ʼn duidelike tydsraamwerk gaan selfs verdere angstigheid vir rokers veroorsaak wat sedert Maart, toe die afsonderingstydperk ingestel is, nie meer tabakprodukte kon koop nie.

“Hoewel baie Suid-Afrikaners hulle tot die onwettige mark gewend het, het talle bloot gewag vir die verbod om opgehef te word uit vrees vir die gevolge as hulle onwettige aankope doen.”

Aucamp sê die regering het ook nog geen werklike bewyse voorgelê oor hoe die verbod op sigarette jare lange rokers skielik meer immuun teen Covid-19 gaan maak nie. Hy sê die onttrekkingsimptome wat rokers ondervind, kan ʼn veel groter uitwerking op hulle gesondheid hê nog voordat hulle moontlik die nuwe virussiekte opdoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Asgat

Ons het 20 Covid-19 Positiewe gevalle waarvan twee gesterf het sover. Net een van die positiewe gevalle rook….. al die ander is nie rokers????? DIE REGERING is meer bekommerd oor hoe om rokers te intimideer as wat hulle is om die waarheid te praat oor hoeveel baie siek mense nie n’ plek in n’ hospitaal kon kry nie want daar was GEEN beddens beskikbaar in een enkele Ekurhuleni Hospitaal nie. Die oom is vanoggend by sy huis oorlede van Covid-19 danksy hy nie n’ hospitaal bed kon kry nie. Die regering maak my siek!

Marius

Die regering is totaal belaglik met die rookwet . Ek wil net n klip in die bos gooi en vir die rgering vra of een van hulle vir drie maande sal kan ophou om asem te haal ? Dit klink ook net so belaglik maar iemand wat nie rook of nog nooit gerook het nie WEET nie wat dit is om sonder rook te gaan nie . My vraag is wat maak die SAPS lede wat rook ?? Ek weet van n voorval waar n man wat al jare lank gerook het dood is agv die feit dat hy nie… Lees meer »

Pieter

Stuur die hele ANC narre terug skool toe so dat hulle graad twee kan gaan klaar maak asb

Renee

Sigarette smokkel is nou die grootste bandpunt in SA volgens beeld van 02.07.2014 en maak tans 100% uit van tabak verkope . Regering verloor tans 7 miljard per jaar aan belasting, maar nee dan word dit nog steeds goedgekeur en is n’ misdaad. G,n wonder die ekonomie is in sy maai in nie en plaas van regte misdade te ondersoek verkies Mnr Cele om syfers hoogte kry vir voorkoming van misdaaad intussen is dit vir misdade wat die regering ons in dwing. SA is die enigste land wat tabak verkope verban, aangesien ou kopdoek is beheer is en sy met… Lees meer »

Nette

Boere mag vermoor word, vrouens en kinders mag verkrag word die staatskoffers mag geplunder word, maar asb moet net nie rook nie! Vandat drank gelig is, hoeveel skiet, messteek gevalle en aanrandings was daar, maar ek wat rook sal seker iemand brand met my sigaret!