Delareyville: Dienste stort ineen; boere spring in om te help

Slaggate in die pad in Delareyville Foto aan Maroela Media verskaf deur Carin Visser, DA-raadslid

Slaggate in die pad in Delareyville Foto aan Maroela Media verskaf deur Carin Visser, DA-raadslid

Inwoners van die Tswaing-munisipaliteit in Noordwes beleef tans glo die ergste watertekort van alle tye.

“Wateronderbrekings kan glad nie gereguleer word nie en geen kennisgewing word aan die publiek hieroor uitgereik nie,” het Carin Visser, raadslid van die Demokratiese Alliansie, gesê. Die Tswaing-munisipaliteit bedien Delareyville, Sannieshof en Ottosdal.

“In uiterste omstandighede van die oortreding van grondwetlike menseregte, word daar geen voorsiening gemaak van enige noodwatervoorsiening in ramptoestande nie,” het Visser bygevoeg.

Visser het gesê die DA-koukus van Tswaing het by boere van die distrik aangeklop om hulp. “Lede van die Delareyville-boere-unie en NWK het onmiddellik tot aksie oorgegaan en noodwater word op ʼn daaglikse basis deur Fasttrek Sekuriteitsmaatskappy by hulle fasiliteite geadministreer,” het Visser verduidelik. “Boere het op eie koste en met eie arbeid al die afgelope twee weke genoeg water in tenkers voorsien om alle inwoners van Delareyville in haglike toestande met noodwater te voorsien.”

Volgens haar het die probleem gemanifesteer uit ʼn onvoltooide projek wat reeds op 22 Julie 2013 aangeskakel moes gewees het om voorsiening te maak vir voldoende watertoevoer aan die inwoners. Water word van sowat 24 km noordwes van Delareyville gepomp met ʼn kragopwekker wat die munisipaliteit sowat R25 000 per maand aan diesel kos. “Tswaing het ʼn voortdurende tekort aan kontantvloei wat direk ʼn invloed het op die voorsiening van water aan die dorp.”

Visser het gesê ʼn vooruitsig dat die probleem opgeklaar sal word, is skraal. ʼn Eskom-uitbreiding en -kraglyn moet nog aangelê word om die vier boorgate van die mislukte projek van krag te voorsien.

Inwoners het die afgelope week weer vir minstens 48 uur lank nie ʼn druppel water in die krane gehad nie. Besighede wat water gebruik in hulle voorsiening van dienste gaan gebuk onder groot verliese. “By navraag op Vrydag, 6 Februarie oor die toestand is meegedeel dat werknemers van Tswaing op Donderdag, 5 Februarie vergeet het om pompe aan te skakel by die reservoir,” het sy gesê.

Die straatinfrastruktuur in Delareyville het ook glo totaal ineengestort. “Geen gewone motor kan meer hierdie strate gebruik sonder skade aan motors se onderstelle en bande nie,” het Visser gesê. “Meeste straatligte is al etlike maande buite werking wat veral saans dit moeilik maak om veilig deur die hindernis van slaggate en slote te bestuur. Die toegangsroetes na die plaaslike hospitaal is almal ewe gevaarlik met slaggate besaai.

Sy het gesê padverkeerstekens van meeste strate is ook al meer as drie jaar weg. “Klagtes aan die Tswaing-munisipaliteit en rapportering van die toestande van verwaarlosing en wanbestuur word gewoon geïgnoreer. Meestal word beloftes gemaak wat nooit nagekom word nie.”

Visser het gesê elektrisiteitsinfrastruktuur word deur groot bome gesteun of deur huiseienaars wat ankerpale met toue om die elektrisiteitspale gebind het om die pale regop te hou.

Inwoners sukkel glo ook al vir meer as ʼn jaar om motorvoertuigregistrasiesertifikate, rybewyse of publiekelisensie-dokumente uit die verkeersafdeling te kry om elders hierdie diens te gaan kry.

“Dit is absoluut onaanvaarbaar dat Tswaing-munisipaliteit nie

* normale basiese dienste kan lewer;
* korrekte rekenings kan uitstuur;
* in staat is om korrekte meterlesings te prosesseer; of
* statutêre verpligtinge nakom nie.

“Die munisipaliteit faal gewoon in alle funksies van ʼn plaaslike owerheid wat lei tot groot frustrasies van al die mense van Tswaing en dit het ʼn nadelige impak op die ekonomiese ontwikkeling van die dorpe in sy gebied.”

Visser het gesê die DA stuur gereeld verslae na die Noordwes provinsiale regering, maar dit wil glo voorkom of niemand regtig belangstel of omgee om al die mense van Tswaing van dienste te voorsien volgens wetgewing en regulasies nie. “Inteendeel die provinsiale regering is al sedert 2007 intens bewus van die probleme in Tswaing en kon tot op datum nog geen suksesvolle ingryping hier doen nie,” het sy gesê. “Die DA-koukus van Tswaing sal weereens dokumente van belang aan die provinsiale regering asook minister Pravin Gordhan [minister van samewerkende regering en tradisionele sake] se kantoor stuur in die hoop dat suksesvolle ingryping in Tswaing-munisipaliteit geïmplementeer sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gwen ·

Die DA in Noordwes is wêrelde verwyder van die spul liberale Engelse Jode in die Kaap wat nie ’n flenter vir ons Afrikaners omgee nie. Die Afrikaners in die Noorde moet hulle tog nie laat flous deur die DA se bogpraatjies van Een Nasie, Een Toekoms nie.

Ansie Coetzee ·

Wonder hoekom die VF+ nie gedoen wat die DA bereid was om te doen nie…

Boerin ·

Ironies dat die DA by die Boere kom op klop as daar nood is, maar as die Boer in nood verkeer, swyg die DA oor plaasmoorde en ondersteun eerder grondhervorming. Hou so aan, en dan gaan daar ook nie meer Boere wees wat gaan help met kos en deesdae water ook nie.

Winston ·

Hallo daar,as daar enige iemand is wat Kontak het met munisipaliteit Kontak my asb op ([email protected]).ek het die oplossing vir slag gate,goedkoper as teer en hou ten minste 5jaar.toetse klaar gedoen in gauteng maar daar is Niks geld vir materiaal daar nie…dankie

scalla ·

Die kontantvloeiprobleem word veroorsaak deur die onbevoegde/onbekwame munisipale amptenare se hoe salarisse en spandabelrigheid, kan hul nie besef hul is nie in staat om die werk te doen nie.

Swanna ·

Scalla hier gaan dieselfde gebeur soos by Mtubatuba-munisipaliteit. Ook alles ontbind want niks gebeur nie. Hoekom kan ons boere nie die munisipaliteit oor neem nie. Skop die weters daar uit en lewer ‘n diens soos dit verondertsel is om te wees en wys die regering hoe dit gedoen moet word.

david ras ·

Hierdie is maar net weereens die gevolge van regstellende aksie en kader ontplooiing. Maar nouja, die DA steun mos die gekke beleid. Carin Visser en diegene in daardie dampkring kan gerus die grondwet gaan raadpleeg. Moenie tydmors met al die fensie klousules oor die reg op water , behuising ens nie. Gaan lees die afdeling onder die opskrif—Equality (gelykheid) art. 9.1 vertel vir mens dat almal GELYK is voor die reg. Dan kom Art. 9.2 en stel dit duidelik dat sekeres meer gelyk is as andere, en dat NIKS in die pad mag staan om hierdie begeerde gelykheid te behaal nie Lees ook maar verder tot by art 9.5

Dan sal mense verstaan waarom dinge anders KON gewees het in Delareyville.

Boesman ·

Laat my dink aan die boek wat ons op skool gelees het en waar hulle se: “All animals are equal, but some are more equal than others.” – Animal Farm.

anet ·

Ons het hier ‘n geleentheid wat ons moet gebruik. As dit moontlik is moet ons die klein munisipaliteite begin oorneem, en voortbou, en so ‘n onafhanlikheid skep vir ons as blankes in hierdie land. As die ANC die slaap uit hulle oe vee, dan is ons selfstandig en selfbeskikkend, en het ons die meerderheid van munisipaliteite onder ons vleul. Skop die vrot appels uit, en gee werk aan duisende arm blankes in Suid-Afrika wat wil werk!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.