Dele van Kempton Park steeds sonder elektrisiteit

Argieffoto

Die Stad Ekurhuleni het gesê hy werk onverpoosd om elektrisiteit na alle dele van Kempton Park te herstel wat al sedert Vrydag ʼn kragonderbreking beleef. Die kragtoevoer sal na verwagting teen Dinsdag herstel wees.

“Die kragonderbreking, wat groot dele van Kempton Park raak, is veroorsaak deur ʼn veldbrand wat ʼn 66 000 volt olie-gevulde-kragkabel beskadig het. Die kragkabel is geleë in ʼn tonnel tussen die substasie en die betrokke verbruikers,” het die stad Sondag in ʼn verklaring gesê.

Weens die tegniese ingewikkeldheid van die kabel vereis “meer as vyf dae om te herstel”. Dit moet skoongemaak word, die ou olie moet uitgetap word, die kabel moet hervul word met nuwe olie, en getoets word in ʼn tyd-beheerde prosedure. Die werk word gedoen deur personeel met gespesialiseerde vaardighede, wat deur die kabelvervaardiger verskaf word.

Weens die lang tydsduur om die kabel tot volle funksionaliteit te herstel, is sommige woonbuurte aan ʼn tydelike kragkabel verbind. Die tydelike kragkabel het egter slegs beperkte kapasiteit en sommige gebiede bly dus sonder elektrisiteit om oorlading te voorkom.

“Stad Ekurhuleni werk met Eskom en Stad Tshwane om die werk so vinnig as moontlik af te handel deur die nodige komponente te bekom. Dit is die tipe verhouding wat die stad met naburige munisipaliteite en Eskom gebou het.”

Die kragonderbreking wat Vrydag in Benoni plaasgevind het, en intussen opgelos is, hou nie verband met hierdie voorval nie, lui die verklaring.

Die stad vra om verskoning vir die ongerief. “Ons werk steeds in 24-uur-skofte om teen Dinsdag die kragtoevoer na alle gebied te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

En so ‘n stuk gespesialiseerde, duur en moeilik om te vervang kabel word geplaas waar dit in ‘n veldbrand beskadig kan word? Hoe dom moet jy wees?

Ebie ·

Grap is waar die nuwe kabel bo op die grond le, was daar geen veldbrand nie. Ek bly hier naby. Watter grap.

Chris Ws ·

Familie van my in Kempton sit al 3 dae heeltemal sonder krag.Mens moet maar noodgedwonge voorbereid wees op so iets deesdae.Krag opwekkers met GENOEG brandstof voorraad vir hulle en /of sonpanele en batterye is die in ding.En dan natuurlik ‘n gas stoof in die plek van daai elektrisieteit ene wat krag vreet vir ‘n vale.Sterkte aan die Kempton Parkers wat geraak word.

Neels ·

Die top punt van onbevoegdheid. Elke twee drie maande is daar n kragonderbreking wat n week of twee aanhou. Hulle wil die sogenaamde Aerotropolis om die lughawe bou maar kan nie eers volhoubare dienste lewer nie. Net nog n skema om te plunder

marous ·

Die hele land is ‘n smeulende ashoop , so ‘n veldbrand in ‘n tonnel is seker nie vergesog nie.

AmY ·

Ek woon in Kempton Park (Vark).
Ons deel het darem krag, maar ons was vroeër vanjaar vir vier dae sonder water gewees.

Juvan ·

Die infrastruktuur van die Oosrand val uitmekaar maar geld word spandeer aan sinnelose naamsveranderings deur die einste metroraad. Ek hoop Gillooly’s se nuwe naam beteken minder krag- en wateronderbrekings

@Juvan ·

Jy is heeltemal reg. Bedfordview sonder krag, Benoni sonder krag en sekere dele in Kempton al vir 4de dag sonder krag, water kort-kort af en vat dae om te herstel want daar is nie dadelik voorraad om gebarste pype te vervang nie. Dit is hoolstatus op sy beste. Dan praat ons nie van die totale onvermoë van Ekurhuleni Kempton Park om vullis op skedule te verwyder nie; hulle ellendigheid is al in die Parlement bespreek; altyd rites groot verskonings van trokke wat almal gelyk in is vir regmaak ens, maar eintlik is dit maar die ou storie van onbevoegdheid, traak-my-nie-agtigheid, ellendigheid en geen vermoë om te beplan nie. Watertenks en kragopwekkers is ons voorland, want dienste (waarvoor betaal word) bestaan nie meer nie.

Julie Jansen van Rensburg ·

Jy is so reg, Juvan – ek was verplig om in 2010 na my man se heengqaan van Durban af hiernatoe te trek waar my twee jonger kinders reeds jare terug self kom bly het – my dogter is asmaties en moes derhalwe hier na ‘n droeër klimaat kom en my seun – wie se vrou hom iets meer as 2 maande na my man ontval het, het ook jare terug – nadat hy in ’96 uit die weermag bedank het – hiernatoe gekom en sy intrek by my geneem, dus bly ons drie as’t ware ‘n hanetreëtjie uitmekaar. Insoverre die vullisverwydering betref, ek sien die winter se nasleepis nie hier, maar die brommers en rotte gedy alreeds terwyl ons dromme soms tot 3 weke buite staan om leegegmaak te word. Dit is dienste waarvoor betaal word, maar ons belastingbetalers kan nievandag vir hierdie ANC munisipaliteit sê julle moet vir julle geld wag – soos ons vir dienslewering moet wag nie – nee, kyk, ek hoop belastingbetalers van alle groepe in alle munisipaliteite sal tydens die munisipale verkiesings hulle verstand gebruik en hierdie spul nikswerd ANC kaders uitgooi…

Kobus ·

O…ok die Vaal is lankal gewoond aan weeklikse onderbrekings , so ons simpatie aan julle.

Julie Jansen van Rensburg ·

Dankie-tog, ekhet nog steeds die groot kragopwekker wat my oorlede man jare terug in Durban gekoop het toe beurtkrag ‘n aanvang geneem het, en hierdie masjien staan tans hier waar ons (my seun en ek) in Kempton Park bly. En nee, ons is nie van die geaffekteerdes tydens die huidige situasie nie, maar indien nodig, moet die Kubota maar sy werk doen… Ek vind dit ironies dat ons in die kragstasiekomplek hier in Kempton bly, maar toe die kompleks jare terug gebou is (soos ek die storie verstaan) is geeneen van die huise direk met die kragstasie se stroom gekoppel nie – maak glad nie vir my sin nie… hierdie krag word glodirek aan City Power verkoop en moet ons – wat hier bly – op ons beurt weer ons rekenings aan Eskom vereffen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.