Dele van N3 gesluit weens betogings

Dié foto van betogings by die Mooirivier-tolhek op die N3 is Maandagoggend (2 April 2018) op Twitter gedeel. Foto: Twitter via @FatalMoves

Terwyl duisende vakansiegangers vandag huis toe keer ná die Paasnaweek, het betogers Maandag brandende bande en ander voorwerpe gebruik om die N3 naby die Mooirivier-tolplaza te versper.

Foto’s van ʼn brandende vragmotor is ook op Twitter gedeel, maar owerhede kon nie onmiddellik die egtheid van die foto’s bevestig nie.

Dit is nie duidelik wat die rede vir die betogings, wat met sonsopkoms begin het, is nie. Berigte is ook ontvang dat voertuie met klippe bestook is.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in KwaZulu-Natal het motoriste gewaarsku om die N3, wat Durban met Johannesburg verbind, te vermy.

“Wees gewaarsku dat paaie rondom Mooirivier gesluit en heeltemal ontoeganklik is. Betogers by die Mooirivier-tolhek. Die R62, R103 en die N3-Noord en N3-Suid is gesluit,” het die polisie op Twitter bevestig.

Die N3-tolkonsessie, wat verantwoordelik is vir die pad, het gesê: “Algehele padsluiting. Vertraag asseblief u reise. Ons doen ʼn beroep op alle bestuurders om uiters versigtig te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Gert Strydom ·

Waterkanonne!! , Nat en koue betoger kom nie ver nie.

Mare ·

Hulle het nie n rede nodig nie doen dit vir die fun en omdat hulle ledig is en weet die useless polisie gaan niks doen nie.

Max ·

Van watter polisie praat u? Ek sien glad nie meer polisie nie. Ek hoor en sien net mense wat hulleself polisie noem.

Coen ·

Max , ek sekondeer al hoe ons nog weet daar is mense wat hulself polisie noem is omrede hulle salaris kry afkomstig van belasting geld wat beter spandeer kon wees op sekuriteitsmaatskappy of buurtwagte.

Koos ·

Wys jou net, hierdie regering is nie meer in beheer van die land nie. Die gepeupel breek en brand. Al wat die staat nog effektief kan doen is om belastinggeld op te slurp.

CHRISTA ·

Onthou: Hierdie einste regering het almal geleer dat as iets nie na jou sin is nie brand jy als om jou af!!! Nou’s die skoen aan die ander voet en dit pas die ANC nie meer so lekker nie!!!

Wouter ·

Is daar enige ander om paaie wat gery kan word vanaf Uvongo?

Lollie ·

Welkom in die land van chaos, wetteloosheid en wanorde!
Niemand weet waaroor dit gaan nie, nie eers hulle self nie. Dit is hulle idee van vermaak en tydverdryf.

Jan ·

Dis belaglik. In pleks die polisir ingryp. Of die weermag in. Daar is geen wet en orde nie. Die opstandelingw kom met alles weg en die piesang regering doen niks. Maar die miljarde vloei die land uit want wie wil nou in so n land bele. Regwring hanhaaf wet en orde en sorg dat jou wetsgehootsame burgers veilig kan ry en woon. Wys wie is baas en moenie toe laat dat rebelle alles begin oorneem nie.

Jan ·

Dis belaglik. In pleks die polisi ingryp. Of sit die weermag in. Daar is geen wet en orde nie. Die opstandelinge kom met alles weg en die piesang regering doen niks. Maar die miljarde vloei die land uit want wie wil nou in so n land bele. Regering handhaaf wet en orde en sorg dat jou wetsgehootsame burgers veilig kan ry en woon. Wys wie is baas en moenie toe laat dat rebelle alles begin oorneem nie.

Alwyn Grové ·

So reg Maria. Ons beleef die tweede val van Rome, toe die Hunne, Vandale, Oos en Wes gote vir Rome aan die brand gesteek het en ou Nero so beneweld was dat hy nie eers geweet het wat hom getref het nie en die gevolg was dat die wêreld met die donkereeue opgesaal was.

Mooirivier ·

Dit is niks anders as terrorisme nie, hulle het Geen rede maar weet die aflewerings voertuie moet voorrade deurvat. Dis n kwessie van help jouself. Dit is n onregeerbare kriminele toestand wat gn voortduur terwyl regering hul rug draai vir dit

Tokkie ·

Weet die polisise of enigiemand waaroor hulle betoog ? Hierdie is n reuse kopseer vir ons wat op die pad vasgekeer staan !

Hendrik ·

Hoekom 1000 verkeer en polisie manne stuur om team staan en kyk. Lekker geld mors want hulle down niks. Maak pad toe by alternatiewe roetes Dan sal die betoging ophou as daar niemand is nie.

Adrian ·

Wat het oom Donald gese … africa is a s&@&$hole hy is absoluut in die kol en die eens pragtige land gaan n ashoop word ….. thats it, dit is finish en klaar ???

Popeye ·

Ons land is klaar n ashoop, hulle suig net die laaste bietjie fondse uit ons bloed en sweet dan gaan hulle oor na n ander land toe om hulle groen weivelde leeg te suig…….alles wat tans gebeur is om n verskoning te soek om land na land te gaan en te verpletter soos hulle wil.

snoefie ·

as die polisie nie die paaie kan beveilig nie, moet die weermag ingeroep word. die anc moet ingedagte hou, die padgebruikers befonds die instandhouding van die paaie nie die betogers nie. as hulle nie vir dienslewering, skoon lopende water, elektriseteit, huise, “land”, skole en universiteite wil betaal nie, kan hulle daarsonder gaan. “name and shame” die nie-betalers. laat hulle bure voor hulle huise gaan betoog vir die betaling wat nodig is om diens volhoubaar te maak. arresteer hulle vir die skade wat die brandende bande aan die paaie maak, die skade aan die brandende voertuie, die gebrandende geboue.

Johann ·

Barbaarse anargie… ANC TERORIS LEGACY. Welkom in SA! Die PADDAKONING swaai sy kul jou hier kul jou daar septer en almal noem him die nuwe redder van ons land? GEEN gevolge vir verwoesting en afbreek nie, eerder n beloning.

Manie ·

Daar is altyd gesê dat betogers het regte maar ook mense wat nie betoog. Ek sê net die betogers het altyd regte want die regte van onskuldige mense word vertrap. Dit het tyd geword om die mense te wys jy het ook regte. Al loop dit op geweld uit

Kobus ·

Die betoogers moes die “trick” vandag op die pad van Limpopo af na Gauteng toe gaan probeer het en daardie taxies met die Morea mense geblok het.
Hulle sou dit berou het. Die pad sou onder ‘n uur oop gewees het

die wit wolf ·

Hulle oefen om te mobiliseer vir die groot dag wat oppad is

Mags ·

Ons is net na 4 uur vanoggend verby en ek glo ons is net net deur. Daar was n brandende tanker net na die tolhek. Met die ompad was daar klaar klippe in die pad. Ons het toe al lang toue gestaan om deur te kom, sterkte aan almal wat nog moet terug ry

M'Lady ·

Die enigste land in die wereld waar die gepeupel meer regte het as die wetsgehoorsame burgers.

frenchpeteers ·

Hoekom lyk hierdoie vir my niks anders as die res van Afrika nie. Ons kla en wag, kla en wag, tot alles verby is en dan bou ons roei bootjies en leef van die vis wat ons elke dag in die see vang. Elkeen sy eie kwota. Daar is nie geld om by ander te koop nie. AFRIKA ONS IS AMPER DAAR. JOIN YOU SOON.

Sarel ·

Ons is baie naby aan algehele ineenstorting nader as wat meeste weet of dink. Maak gereed

Sarel ·

Ons is baie naby aan algehele ineenstorting nader as wat meeste weet of dink. Maak gereed

m.d.r ·

My vraag is dit—as mense kwaad is vir wie ookal, waarom dan ander onbetrokkenes en onskuldige betrek by hulle woede…..? Kan die motoriste enigsins iets daaraan doen….?

Volgens ART 9.1. van die grondwet ” -almal is gelyk voor die reg, en geregtig OP DIE VOLLE BESKERMING van die reg—

Dit lyk nou of diegene wat volgens die grondwet die “beskerming” van die reg moet toepas , niks doen nie en dus grondwetlik skuldig is aan die minagting van die Grondwet.

Hoeveel van hierdie soort “proteste” het nie al plaasgevind nie…? As jy wil protesteer, gaan gerus voort maar los my uit…!!
Weet die owerhede ooit van Artikel 9.1….?

Oom Kalahari ·

Anargie en vandalisme is aan die order van die dag. Daagliks is dit brand en plunder en diefstal. Moord, verkragting en roof is hoog op die agenda. Deesdae is dit ‘n oorlewings kursus in die pragtige en veilige landjie van Lindiwe Sisulu wat die heuning kwas so na buite smeer. Hierdie sogenaamde plakkerskampe wat soos sampioene langs alle paaie oprys is ‘n blokkerings strategie en roof uitvoerings. Daar is ‘n beplande doel met hierdie rysing en vaskering van mense. Een van die dae gaan dit die Afrika styl wees waar jy vir elke stukkie pad moet betaal om veilig deur te kan gaan soos die bendes dit beheer. Daar is meer aandag aan Cyril R se ekonomiese vlug reis terwyl die land vol probleme en misdaad is.

Reguit ·

Dit is geen ‘betoging’ nie. Dit is in-oefening. Hulle is besig met voorbereiding vir die komende burgeroorlog. Hulle berei al lankal voor met al hulle ‘betogings’. Hulle oefen om paaie te sluit en alle hoof ingang roetes te blokkeer.

Anoniem ·

“REGUIT” Ek stem 100% saam met jou dis vir die oorlog wat kom.

Natan ·

Lyk soos ‘n beplande betoging om die mense wat teruggaan huistoe lastig te val. Na die swart Maandag betogings het Umkonte We Sizwe dieselfde gedoen by Marainhill tolhek. Kan sien die ANC is in beheer in KZN. Dalk het Zuma ook ‘n aandeel in die gebeure. Daar moet ook altyd ‘n voertuig uitgebrand word. Almal kla oor kweekhuisgasse en lugbesoedeling, maar brand kan jy. Sulke brande bande en ‘n voertuig moet skadelike rook afgee. En niemand doen iets of sê iets nie. Nou ja, die brandende vragmoter is ook onteien sonder vergoeding. Hulle kan immers slegs vernietig.

PJC ·

Hierdie amokmakers werk met ń plan. Hoekom ontstaan hie informele nedersettings altyd langs ń baie strategiese roete of toegangspad na ń dorp of stad. Ry maar reg deur die land en maak ń opname van waar hierdie woongebiede is. Altyd baie strategies geleĕ sodat hulle die toegangsroetes kan beheer.

Theresa ·

Daar was mos die vrou wat hand omhoog geskree het (vir skares, natuurlik) dat sy die land met vuurhoutjies sal brand en beheer. Nou is die stem stil, maar die lekker van hierdie aksie brand voort.
Komaan, weermag – waar is jul?? wys jul staal as jul nog so iets het en beheer hierdie tipe ding nog voordat die eerste band brand. Swak voorbeeld dat so min gedoen word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.