Dele van Pretoria gaan dae sonder krag wees

Die brandende substasie: Foto: Facebook via City of Tshwane | Official (Page).

Inwoners in verskeie dele van Pretoria-Oos gaan ʼn paar dae sonder elektrisiteit moet klaarkom nadat die Wapadrand-substasie Dinsdag heeltemal deur ʼn brand verwoes is.

Maroela Media het vroeër berig die brand by die substasie het omstreeks 10:00 ontstaan. Brandbestryders is onmiddellik na die toneel ontbied en die vlamme is net ná 12:00 geblus. Die Stad Tshwane het egter Dinsdagmiddag laat bevestig dat die substasie heeltemal in die brand verwoes is.

Lindela Mashigo, direkteur van mediaskakeling vir Stad Tshwane, het in ʼn verklaring gesê dit sal na verwagting tot drie dae lank neem om weer kragtoevoer na die gebiede wat geaffekteer is te herstel. “Daar word vermoed dat die oorsaak van die brand ʼn paneel binne die substasie is wat weens ʼn fout uitgeskop het en weens die erns van die fout gebrand het. Daar is egter ʼn ondersoek aan die gang om die presiese oorsaak vas te stel,” het Mashigo gesê.

Hy het gesê die stad se tegniese span werk tans aan ʼn tydelike plan om binne ʼn paar dae die kragtoevoer na die geaffekteerde gebiede te herstel, voordat daar begin sal word om die substasie weer ten volle te herstel.

Gebiede wat tans in donker gehul is, sluit in Wapadrand, Faerie Glen, Silver Lakes, Lombardy, Zwavelpoort en dele van Equestria.

Talle inwoners van dié gebiede het hulself Dinsdagaand tot sosiale media gewend om hul lot te bekla en foto’s van hul noodgedwonge kerslig-aandetes te deel. Sommige sosialemediagebruikers het selfs hul harte oopgemaak aan dié wat nou sonder krag sit en hul mede-Pretorianers genooi om by hul huise ʼn warm stort te kom geniet of die inhoud van hul vrieskaste tydelik by hulle te kom stoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Her ·

Groot sekuriteitsrisiko met deure, alarms en hekke wat nie behoorlik geheer kan word nie. Wees ekstra versigtig in die donker!

Diefie ·

Dit gebeur ook net in onse mooie land. Weet iemand miskien wat is instandhouding? Ek vra maar net.

Filemoon ·

Kon nog nooit instandhouding verstaan nie… Jy werk aan iets wat nie stukkend is nie. Hoekom? Jy mors net geld.

Pieter ·

Filemoon,
Wanneer die onnodige onderbreking (breakdowns) se koste meer as 3% van die totale onderhoudsrekening beloop dan het die tegniese personeel nie ‘n “cooking clue” wat aangaan in die bedryf nie. Beplande onderhoud verseker goeie dienslewering – as iemand die begrip nie verstaan nie moet hy nie naby die beheer van ‘n fabriek of stelsel kom nie. Ongelukkig is die waardering vir goeie onderhoud heeltemal te ingewikkeld vir die nuwe geslag bestuurders in besighede.

John ·

Ja. ‘n Kersligete het nog altyd op ‘n dieperliggende probleem gedui… behalwe voor die ring aan die vinger is… Ek moet gou gaan… miskien wag ‘n pakkie kerse vanaf Eskom se liefdevolle sorgsame leierskap op my voorstoep… voor daai studente oorkant my, dit gaps…

Ansu ·

Was gisteraand ons 3de kerslig ete, en soos dinge nou lyk mag daar dalk nog 4 dae, of meer of minder, se kerslig ete wees hier in die ooste van Pretoria.
My huishulp stap vanoggend net na 6 hier in en staan verslae met die aanskoue van die kersliggie en ‘n keteltjie wat staan en warm word op die gasstofie vir ‘n warm koppie tee.
Nee, sê sy, dit is darem nie reg nie, nadat ek verduidelik wat aangaan. (Sy klim al 3:00 op die bus van who-knows-where om betyds hier te wees)

Ek wil amper in haar gesig skreeu dat sy heeltemal verkeerd is. Ons ooste se vrieskaste is vol vleis, wat alhoewel dit winter is nie die lot dae gaan oorleef nie. Omdat daar geld is beteken dit dat ons geregtig is op 100% diens?? En sy wat leef van die hand tot die mond, en soms die grond tot die mond, moet tevrede wees met amper geen diens nie?
Maar ONS verdien dit, ONS werk hard!!!!
En sy verdien dit ook, alhoewel sy net so hard werk?
My kop is verdeel tussen ONS en HULLE. Wie is skuld is dit dat ek deel is van ONS?? Wie skuld is dit dat sy deel is van HULLE?

Net ‘n gedagte omdat ek my eie verwartheid van wat in hierdie mal pragtige land van ons aangaan nie kan verwoord of verduidelik nie.

Ek is ryk ·

Pragtig gesê Ansu, daar is meerderheid mense wat met baie minder as “ons” moet klaarkom. Ek kyk noudie dag na ‘n grafiek van maandelikse inkomste omdat ek wou kyk waar ek inpas met my karige salaris. Ek beskou myself as arm. Tot my verbasing is ek volgens die grafiek een van die meer wel as as die meerderheid van die land se mense.

Daar is mense wat met minder as R2 000.00 ‘n maand moet klaarkom, hoe doen hulle dit? Ek is toe maar bly oor my onder die tien duisend salaris ‘n maand.
Van hulle werk hard en verdien die selfde “dienste” wat tot ons beskikking is.

Theron ·

Moet asseblief nie in jou huishulp se gesig skree nie. In hierdie tye is emosionele uitbarstings nie wys nie. Kry beheer oor die emosies. Sterkte (aan jou en jou huishulp)

nosey ·

ai ansu! ek het al so dikwels gewonder oor my huishulp wat my vertel het as sy die 5vm bus mis, dan daag sy eers 11vm pleks van 8vm, op vir werk. toe het ek haar huis toe geneem. van my huis tot by die busstop was 800m. die rit met die bus was17km, (20min) toegegee. van die busstop tot by haar huis was 1.5km. daarom verstaan ek Afrikatyd nou net soveel beter. dit neem my gelukkig net 48minute om n parkrun van 5km klaar te stap.

Albaster ·

Deel van om die vrugte te pluk van beskawing is om vir die regte party te stem. Party groepe bly naief heelted val vir swak partye en die prys wat hulle sal betaal tot in ewigheid in is armoede.

GAB ·

Solar hier kom ons. Ek was al 4 dae sonder krag waar ek woon. Kabel fout en sub stasie. My solar geyser en solar installasie met batterye ‘backup’ het bewys dat n mens met min krag kan klaar kom. Enige iemand wat belangstel?

Andries ·

Die regering vereis dat kragopwekkers en solêre installasies geregistreer moet word, hoe lank duur die proses?

Griet ·

Andries, jy is verkeerd. Daar was sprake dat die regering kragopwekkers en solêre instalasies wou laat registreer, die plan is laat vaar.

Albert ·

Hulle roep dit geskeduleerde instndhouding wat dedoen moet word. Die wed vereis dat daar n stelsel in die substasie is sodra daar n vuur ontstaan dit dadelik afgaan en die vuur begin te blus. Nou kan julle self sien dit het nie gewek nie want dit moet kort kort getots word om te kan sien dit is nog in n werkende toestand. Al wat ons kan se sterkte.

Rika ·

Ek is self stomgeslaan oor die madams se kommentare. Dan wonder almal nog hoekom die dinge gebeur wat gebeur…
Ja deel die kos wat net gaan vrot word aan die behoeftiges uit.

Marie ·

Ons hele land is besig om te brand.Ek vra myself wie dit dié keer gaan opbou as die Afrikaner weggejaag word.

Hennie ·

Hoe meer die dinge gaan gebeur hoe meer gaan mense die noodsaaklikheid vir selfbeskikking besef.

@ Hennie ·

Hennie, ek is nie van die mense wat jou belaglik gaan noem nie want ek wil net so graag soos jy in SA oorleef. Die probleem met selfbeskikking is dat ‘n sekere gedeelte van SA daarvoor afgesper en onderhandel voor gaan word. EERSTENS dink en nie die regering gaan dit toelaat dat sy grootste belastingbetalers op een plek gekonsentreerd is nie onthou hulle moet ander munisipaliteite en paaie ook in stand hou met ons belastinggeld. Tweedens sal hulle nie toelaat dat (veral witmense) soos tydens apartheid op een plek saamkoek nie. Hulle gaan dit gou uitdra na die buiteland as rassisme en apartheid en nou dat hulle beheer daaroor het gaan hulle seker maak wittes alleen gaan NERENS in vrede alleen mag leef nie .. hulle is pro integrasie, al haat hulle ons en wil ons elke dag doodmaak hulle wil TUSSEN ons leef, ons mag nie apart leef nie. My DERDE punt is as dit bv in die Kaap is, almal van die Vrystaat en Gauteng en KZN wat besighede het of hier werk het kan mos nie nou net oppak en hulle werk (en inkomste) los en in die Kaap gaan bly nie? Waar sal ons almal weer werk kry? Dit is net ‘n praktiese reeling en vrae wat ek vir almal vra oor SELFBESKIKKING .. ja dit gaan oor veiligheid en oorlewing maar sonder ‘n inkomste gaan ons ook nie lank oorleef nie . Dankie.

Coen ·

Eerstens die regering en ons is twee partye in onderhandelings, wat hulle WIL he is nie noodwendig wat hulle kan kry nie. Tweedens, Tweedens, entiese enclaves is algemeen regoor die wereld en ons kan dit ook kry. Derdens, binnekort gaan ons nie meer besighede en eiendom regoor die land he nie so ons het al minder om te verloor en selfbeskikking kan die antwoord wees om ten minste gedeeltelik te beredde.

Wilma ·

Is daar gekwalifiseerde elektrisiens of is dit weer aanstellings gemaak sonder opleiding

AJ ·

Bevry jouself van die onderdukking en uitbuiting deur die Staat wat ons “melk” a.g.v. hulle monopolie op elektrisiteit en water voorsiening (en brandstof!).

Installeer songeysers en soveel sonpanele as wat jy kan bekostig. Identifiseer boorgate naby en instaleer sonpompe en lê pype aan met krane op strategiese punte.

Raak selfvoorsienend want onstabiele tye lê voor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.