Dele van Pretoria sonder water

Foto: Argieffoto

Verskeie gebiede reg oor Pretoria moet die naweek sonder water klaarkom weens die lae watervlakke van die stad se reservoirs.

Volgens die Stad Tshwane is Atteridgeville, Laudium, Claudius, Erasmia, Waterkloof Heights, Erasmuskloof asook Constantiapark se krane opgedroog. Die stad het reeds verskeie watertenkwaens na die betrokke gebiede uitgestuur om water aan inwoners te verskaf.

Volgens ’n verklaring het Gautengse munisipaliteite vandeesweek ’n kennisgewing van Rand Water, die instelling wat grootmaatwater aan die stad verskaf, ontvang om hulle in kennis te stel dat watertoevoer beperk gaan word weens ’n watertekort in die Vaalrivierstelsel.

Dít tesame met die warm weerstoestande wat die provinsie die afgelope ruk beleef het, het daartoe bygedra dat reservoirs onder groot druk verkeer en watervlakke in die stadium onder 20% lê.

Die Stad Tshwane doen ’n beroep op inwoners om water spaarsamig te gebruik.

Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, sal na verwagting eerskomende Maandag gedurende ’n mediakonferensie noodmaatreëls deurgee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Die Waarheid ·

Welkom in Suid-Afrika – Dit is voorwaar ‘n wereld uitsondering waar ‘n land se Hoofstad so beproef word .

bokkie ·

Regtig? Sydney in Aus het onlangs nog waterbeperkings gehad en Queensland het al sedert 2001 waterbeperkings. In sommige gedeeltes van Queensland is die gemiddelde daaglikse gebruik slegs 162 liter.

Maurice ·

Ek sien bokkie sê dat Queensland water beperkinge het. Wel ek bly in Queensland – hier is nie water beperkinge nie.

PaulV ·

Ek sien Bokkie dink, in lig van ‘Die Waarheid’ se kommentaar, dat Sydney Australië se hoofstad is wat dit natuurlik nie is nie.

Gert van Wierdapark ·

Nou ja Toe! Daar skrik Tshwane en sy inwoners hopelik wakker oor die min water! Om bloot n beroep op verbruikers en vermorsers te doen om minder water te gebruik, IS NIE GOED GENOEG NIE! (dit hou nie water nie) Neem ASB ook AKSIE waar pype lek en bars, en dit soms/dikwels ure en dae neem om dit reg te maak, soos ander M/Media lesers gister geskryf het. Daarr MOET “dedicated” opgeleide spanne wees om ONMIDDELLIK aandag aan sulke water-lekkasies te gee!!! Tyd vir WATER TRAP, is verby!!!

Net ek ·

Ek verneem n pyp het in Barbara straat, Tileba, Pretoria Noord gebars. Water bloei kubike meters die straat af. Nou nog nie reggemaak en inwoners het ook geen water

Annamaria Flanegan ·

Gert van Wierdapark. Ek dink van julle probleme kom van die Lesotho Highlands se kant af. Hulle is glo besig om die pompstasie naby Clarens te hersien en daar sal dus geen water na Gauten gepomp word nie.

Dolf ·

Die metro het sy maksimum bevolkingslimiet bereik. Van nou af moet migrante weggewys word.

Piet ·

Die probleem is daar word niks gedoen om dit te verhoed nie
More is damme vol dan is alles weer vergete

Maurice ·

Ek sien bokkie sê dat Queensland water beperkinge het. Wel ek bly in Queensland – hier is nie water beperkinge nie.

Willie ·

Wat verwag hulle dan, geen onderhoud, geen opgraderings nie, geen behoorlike stadsbeplanning tov nuwe uitbreidings nie en ja ons het mos die enigste damme wat gebou was te groot gebou om vol te raak!

K P ·

Wil hierdie treurige da nie maar saam met moesie loop. Hulle is niks beter as die patetiese anc

Francois ·

Hier is iets anders aan die gaan. Die Hoogland water skema is gebou om die Vaalrivier stelsel aan te vul. Hoekom word daar nie water uit Katsi en Mohale uit gelaat om die stelsel aan te vul nie?

HPV ·

Alles is stukkend by julle, hier in Bankrot Mangaung, letterlik die hele Suid Afrika. Ja 25 jaar later is alles stukkend! Die tragiek is alles het nie sommer vanself gebreek nie, dit is gebreek. Plaas dat hiedie regime gaan kers opsteek by Botswana en Ghana, maar nee hulle volg Zim se pad.

Harry ·

Dis presies die plan – verwoes alles en raak ontslae van die wittes.

Attie. ·

Ek dink die Katse dam in Lesotho was gebou om gesmelte sneeu af te voer deur die berg by Clarence na die Ashrivier maar dit het nie gesneeu nie agv aardsverwarming. Nou sal die regering die Katse damwal moet verhoog maar die kundigheid daarvoor is reeds landuit. Ons regering het gedink dat hul grootste kundigheid gaan wentel om naamsveranderings en papiernote druk en dit is al wat hulle kan doen

ursula ·

kyk na al die afvoer pype en strome kanale verstop en stukkend
water wat vir dae afloop in AIRPOORT RD, BREEDT STR DOORNPOORT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.