Dele van Pretoria tot dán sonder krag

Die brandende substasie: Foto: Facebook via City of Tshwane | Official (Page).

Inwoners van talle buurte in Pretoria-Oos sal na verwagting die naweek tot Sondag sonder elektrisiteit gelaat word ná ’n substasie Dinsdag deur ’n brand verwoes is.

Lindelo Mashiga, direkteur van mediaskakeling vir die Stad Tshwane, het gesê daar is nog meer herstelwerk wat aan die substasie gedoen moet word voor dit weer operasioneel kan wees.

“Die span het aanvanklik die omvang van die skade onderskat en gesê die herstel sal twee tot drie dae neem. Ons het sedertdien hersiening gedoen en het nou die beraamde hersteltyd tot op Sondag 15 Julie gestel.”

Mashiga het gesê die verskillende tegniese spanne werk hard daaraan om die substasie tydelik te herstruktureer.

“Wanneer nuwe substasies in die toekoms gebou word, sal hulle op so ’n manier ontwerp word dat daar drie aparte kompartemente is wat met mure geskei word om te verseker dat die vuur in een kamer van die gebou gehou kan word, en nie die ander dele van die gebou affekteer nie,” het Mashiga gesê.

Maroela Media het vroeër berig die brand by die substasie het Dinsdag omstreeks 10:00 ontstaan. Brandbestryders is onmiddellik na die toneel ontbied en die vlamme is net ná 12:00 geblus. Die Stad Tshwane het egter Dinsdagmiddag laat bevestig dat die substasie heeltemal in die brand verwoes is.

Volgens Mashiga word daar verdere ondersoeke gedoen om die presiese oorsaak van die brand te bepaal.

“Ons vra groot om verskoning vir ons kliënte vir die ongerief wat hulle ervaar.”

Gebiede wat tans in donker gehul is, sluit in Wapadrand, Faerie Glen, Silver Lakes, Lombardy, Zwavelpoort, Tierpoort, Olympus en dele van Equestria.

Inwoners wat geaffekteer is, word gevra om kragonderbrekings per SMS aan te meld. SMS die woord “power” en jou rekeningnommer na 082 612 0333 of 44676.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Selfbeskikking ·

Enigste hoop om die vernietiging van ons infrastruktuur en lewens te keer is om vir selfbeskikking te onderhandel. Ons het baie om op te staan, ons genereer winkomste en ons is talentvol, en ons het nog grond.

Katerina ·

Ek glo nie die regering sal ons Ooit dit toelaat nie. Dis “pie in the sky” in my opinie. Hulle weet n groot groep witmense op een plek saam gekonsentreer is minder kwesbaar, moeiliker om uit te moor. Die ANC regering sal selfbeskikking nimmer as te nooit toelaat nie. Kan jy jou voorstel hoe ons as rassiste en “white supremacists” uitgekryt sal word as n ernstige selfbeskikking voorstel aan die ANC regering ter tafel gele word? Hulle sal ons net uitlag en beledig.

Landsverraaier ·

Die tyd van onderhandeling is verby my maat! Daai ANC sal ons nooit laat gaan nie! Hulle het ons mooi waar hulle ons wil he. Die ANC het geen rede om te onderhandel nie – besides, helfde van Afrikaners stem in elk geval vir die DA en het geen behoefte aan selfbeskiking nie. So lank hulle so bietjie lewenstyl handhaaf voel hulle mos nie veel vir ander nie. Nee wat, die Afrikaner gaan blykbaar eers ALLES moet verloor. So be it. Maar ek stap nie daai padjie saam met julle nie. Sorry.

RM ·

Ons het nog grond… wie weet of dit nog sal waar wees in 6 maande? Mense ons sal moet na mekaar kyk want ons is op ons eie. Meeste mense is siek en sat om die sondebokke en melkkoeie te wees vir mense wat niks waardeer nie. Selfbeskikking asseblief.

Rynhardt ·

Selfbeskikking,kom ek spel iets vir jou en talle afrikaners wat bly in ontkenning leef.Julle kan soveel petisies onderteken as wat jul wil,julle gaan geen selfbeskikking kry nie.Die Anc/SAKP het al die mag in SA en hulle gaan nie agteroor buig vir julle nie.

Chris du preez ·

Ramaphosa sal sy vinger moet uit trek en sy dept van staatsekuriteit en inteligensie moet skoon kry van die Zumaliete. In die 80s sou hierdie mense wat verantwoordelik is vir die die oproer en skade lankal geinvil treer gewees het en opgesluit. So mnr President maak skoon jou dept van Nasionale inteligensie.

nico k ·

Ek stem saam met Chris. Hierdie opstande word deur iemand gereël. Dis te toevallig dat daar nou skielik so baie is. Zuma ondersteuners?

Willie ·

CR is presies wat Malema hom genome het, ruggraatloos… hy beteken niks nie…

Lizelda ·

Ek bly in Faerie Glen en dis werklik n gesukkel, maar ons kry baie boodskappe en foto’s v Raadslid Ernst Botha om te se hoe vorder die mense en hoe hard hulle deur die koue nagte werk om die substasie klaar te kry. So darem weet n mens hulle werk regtig hard.

benaYaHU ·

@Lizelda
Self in Wapadrand.. en ontvang ook die “updates”..
Beslis iets positiefs & ons waardeer hul harde werk!
Dankie raadslid Ernst Botha, ons dank & waardering aan die Span & hul baanbrekers werk. Shalom!

Neil ·

Selfbeskikking voor ons ons grond en alles verloor! Die hele land gaan verval in opstande en anargie, spaar ons dit deur selfbeskikking.

Faerie Glenner ·

Ek bly ook in Faery Glen, en Lizelda is doodreg, dit is regtig ‘n groot gesukkel, ek het 2 ou mense wat by my bly, diep in hulle 70’s en nie baie gesond nie. Ek kan nie dink wat arme mamma’s met baba’s doen nie. Ons land is in ‘n gemors, en dit gaan nie beter gaan nie, die ander substasies word ook nie onderhou nie, blykbaar is Faerie Glen se elektriese onderhoud’s plan met 2 jaar agter…….. darm een voordeel…. ek en manlief het jare laas kerslig etes gehad, nou is dit sommer elke aand…… gelukkige ek…..

Griet ·

Miskien is ek dom, maar ek verstaan die laaste sin van die berig glad nie.

ONS WEET wat die oorsaak is van die krag onderbreking, waarom die mense by COT se oorlaaide kliënte diens aanmeld? Wat gaan die inwoners bereik deur die kragonderbreking WEER aan te meld?

Ons kry oon gereeld opdaterings van ons raadslid, Me. Jacqui Uys. ‘m Ongelooflike dame, met die wêreld se geduld vir dom vrae. . . . Die mense op daardie terein (“site”) werk van Dinsdag af elke nag dwarsdeur, in skofte om alles herstel te kry. Wat tans daar gebeur is ‘n wonderwerk in die kleine. Die hoeveelheid werk wat sedert Dinsdag tot vanoggend verrig is, neem onder normale omstandighede tot 10 – 14 dae. Die ingeneurs op die terein sal volgens berige môremiddag begin met toetse en teen Sondag sal alles min of meer normaal wees.

Verder moet ek ook noem die gemeenskap is ongelooflik. Daar word elke dag (en nag) kos, sop, broodjies, koffie, tee aangedra deur almal in die omgewing.

Ja, dit is ongerieflik en ons mis die gerief van elektrisiteit met die druk van ‘n knoppie, maar ons as gesin maak saans kos en sit saans en gesels om die etenstafel vir hoe lank, geen TV, rekenaars en ander tegnologie wat aandag aflei nie. Dit is amper lekker…… :-)

George ·

Die wat in die geaffekteerde gemeenskap(pe) bly gaan met die “FEEL GOOD” storie moet hardloop. “Bad news sells”, maar hier is ‘n ontsaglike storie wat besig is om uit te speel in Pretoria. Daar was in minder as 24 uur na die brand reeds kragstasie toerusting afgelaai en Tshwane het onmiddelik aan die werk gegaan toe die brandweer die area veilig verklaar het. Sedert Dinsdag, het die munisipaliteit deur sy Ingeneurs, beplanner, eletrisiens, ambagmanne, swaar voertuigdrywers, die manne wat gate en kanale grou tot die kabel leêrs, om die klok begin werk. Daar is meegedeel dat so ‘n herkonstruksie het geen gelyke in ons stad of selfs on land nie. Almal spring in, selfs die gemeenskappe wat die werkers ondersteun. Dit is regtig mooi om te sien hoe goedhartigheid, geduld en samehorigheid daar heers. Of dit nou die man is wat die pizzas aanbring, die oue-te-huis wat vetkoeke en warm-drankies voorsien of die veel ander wat dur die dag en nag versnapperinge vir die Tshwane werkers bring, dit is wat ons land kan doen as ons saam staan en saam werk. MOOI MOOI MOOI! Dankie Tshwane, dankie gemeenskap(pe)!

Groenie ·

Met ‘n vooraad kos in ‘n vrieskas kan jy dit nie ook verloor nie en met ‘n middelmatige kragopwekkertjie kos dit jou ±R50.00/uur om die ding aan die gang te hou. Petrol vir kragopwekking behoort nie belas te word en padongelukke vonds heffing op te hê nie.

AJ ·

Verminder jou afhanklikheid van die regering!

Wek jou eie elektrisiteit op, voorsien jou eie water in samewerking met jou bure.

BEVRY JOU van uitbuiting deur selfvoorsiening. En voorkom ontwrigting deur diens onderbrekings agv regeringsonbevoegdheid!

Raak selfvoorsienend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.