Dele van Randburg sonder elektrisiteit ná brand

Argieffoto (Pixabay)

City Power spook Saterdag om kragtoevoer na buurte in Randburg te herstel ná ʼn brand minstens twee transformators verwoes het.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die brand het ontstaan weens ʼn ontploffing omstreeks 01:00. “Die brandweer is ontbied en die brand is teen 08:00 Saterdagoggend geblus. Die twee transformators wat verwoes is, het ʼn kragonderbreking veroorsaak na gebiede insluitend Robertville, Wibsey Dip, Putcoton, Stormill en ander.”

Tshifularo Mashava, waarnemende uitvoerende hoof, is saam met die spanne op die toneel. “ʼn Ondersoek na die oorsaak van die brand, die omvang van die skade en koste van die herstelwerk word gedoen,” het Mangena bygevoeg.

Opruimingswerk sal ook begin sodra die substasie voldoende afgekoel het en dit veilig is om voort te gaan met die werk.

“Ons kan ongelukkig nie bevestig hoe laat die werk afgehandel sal wees nie. Ons ondersoek tans alternatiewe om kragtoevoer so vinnig as moontlik na die betrokke gebiede te herstel. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.