Dele van Rica-wet glo ongrondwetlik

Regsverteenwoordigers by die Pretoriase hooggeregshof tydens ʼn aansoek deur amaBhungane teen Rica se onderskeppingswetgewing (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag beslis dat grootmaat waarnemingsaktiwiteite onder die Wet op die Onderskepping van Inligting en die Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting (Rica) onwettig en ongeldig is.

Die uitspraak spruit uit ʼn aansoek deur die mediagroep amaBhungane wat die grondwetlikheid van die wet gedaag het ná hy uitgevind het een van sy ondersoekende joernaliste, Sam Sole, was die teiken van waarneming onder Rica, terwyl hy die besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag, om korrupsieaanklagte teen voormalige pres. Jacob Zuma te laat vaar, ondersoek het.

amaBhungane het aangevoer Rica het nie die nodige veiligheidsmaatreëls om die publiek se reg tot privaatheid te beskerm nie en meen dit is nodig dat sommige dele van die wet onwettig verklaar moet word. Die mediagroep het aan die hof gesê indien ʼn persoon se kommunikasie onderskep word, moet daardie persoon in kennis gestel word sodra die ondersoek afgehandel is, om die beginsel van deursigtige geregtigheid te beskerm.

Regter Roland Sutherland het Maandag in sy uitspraak gesê die wet versuim om voldoende die prosedure te beskryf om ʼn persoon, wie se inligting onderskep word, in kennis te stel. Die wet verduidelik ook nie die behoorlike prosedure wat gevolg moet word indien staatsdiensamptenare data, wat deur onderskepping bekom is, ondersoek, kopieer, deel of sorteer nie, het Sutherland bevind.

Hy het bygevoeg die wet is ook nie duidelik in situasies waar die betrokke persoon ʼn praktiserende prokureur of ʼn verslaggewer is nie.

Die ongeldigheid van die wet word vir twee jaar opgeskort om die parlement die kans te bied om die wetgewing in lyn te bring met die Grondwet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Spook op thaba ·

Hoogtyd. Ek het verskeie kere al by n sekere politieke party gekla dat die program nie mense beskerm nie maar aan prokureurs en opsporingagentskappe verkoop word. Ek weet . En ek kon my stelling staaf

Kaspaas ·

En kan dink dat dié wet ń steen des aanstoots kan wees, veral as prokureurs en opspoorders op jou spoor is.

Ook afgeluister ·

En ons wie se selfoonoproepe destyds deur die veiligheidspolisie onderskep is? Terugwerkende geregtigheid? Kan ons die lêers sien?

Julius ·

Ons inligting word ook aan tellebemarkers verskaf en ek kan dit bewys.

Maljan ·

Banke is ook groot sondebokke sovêr dit die telebemarkers betref. Gaan iets by jou bank en binne n uur bel die telebemarkers. Dit behoort ook oneties te wees.

Verushka ·

Ja ek stem, want vandat ek destyds “ge-rica” kry ek nog vandag konstant bemarkingsfoefies wat nooit so was nie….

Scalla ·

Rica, Fica ,pocca, fais, laat reg geskied soos ingestel deur wetgewing

Cherokee ·

Ek het enkele minute gelede epos ontvang, onderteken met ‘n Afrikaanse naam, met telefoonnommer en epos-adres die tuti, wat sò sê:

Hello,
Are you looking for more B2B leads for your company?
We are selling a database of more than 313 thousand companies in South Africa.
Over 215 Thousand emails, 106 Thousand cells, and 226 thousand phones.
I have attached a sample for your reference. It is categorized into 2084 different industries.

It shouldn’t cost an arm and a leg to land a new client. The entire database is R2000.

Let me know if you have any questions!
All data is POPI Compliant.

Have a lovely day!

Let me know if you have any questions.

Melanie ·

Ek het drie ou selfone en gebruik hulle nogsteeds. Almal is pay-as-you-go en ek het Vodacom my bewys van adres verskaf toe die nommers in my naam geregistreerd was. Ek het eendag by Vodacom ingestap om iets te vra en toe vind ek uit dat nie een van die selfoon nommers in my naam was nie en al die adresse was verkeerd.

Martin ·

Jy kan nog steeds a simkaart by n pakistanie koop sonder dat dit gerica is. Daardie wet dien geen doel nie.

Db ·

Dit is so goed soos ‘n chip wat hulle jou ingeplant het want die telebemarkers maak mens gek met die alewige verkoop praatjies. Wie gee hulle enigsins die reg om my besonderhede te verkoop aan mense wat ek nie in belangstel nie. Het lankal gewag dat iemand verkeerd opgevryf gaan word en hierdie aan die groot klok gehang gaan word. Gee hulle gas!

Maljan ·

Let gerus op hoe telebemarkers op jou toesak nadat jy noodgedwonge n draaitjie by die bank moes maak.

Marieta ·

Ek het n tablet gekoop by bekende selfoonmaatskapy, maar met ‘n simkaart wat ek gedink het is net myne (volgens wet ge-rica) toe behoort die simnommer aan iemand anders….
Hoe werk dit? Wat help dit om te Rica, maar die nommer wat toegeken word, is nie uniek nie?

Lood Kurkprop ·

.
.
Google, Facebook, WhatsApp, OneDrive, Skype, Gmail, Twitter, Dropbox, Android O/S, Juniper, VodaFone etc. is almal data-myners wat jou privaat inligting myn en jou aanlyn profiel opbou met n databasis kaart-uitleg van jou en jou familie, vriende en kenisse se fotos, asook GPS locations van alles, al jou elektroniese aankope,mediese data en wat jou politieke en geloofs-standpunte is…
.
.

Wonder ·

Ek sou voorstel dat die staat hierdie aangeleentheid na die konstitusionele hof verwys. Ek vertrou nie so lekker hierdie regter se oordeel nie. Dis goed en wel om te spring as verslaggewers die sweep klap, maar wat van die uitwerking op klandestiene misdaad ondersoek gemik teen georganiseerde misdaad? Die land is so ‘n misdaadnes, hulle behoort ‘n wapen soos Rica beskerm om misdadigers klandestien te kan ondersoek. Hulle moet baie mooi dink hieroor en nie misdaad bekamping in die wiele gaan ry om verslaggewers te plesier nie

koos ·

Dit was nog altyd moontlik om oproepe te onderskep en daarna te luister. ‘n Art. 205 lasbrief deur ‘n hof toegestaan gee die owerhede die toestemming om dit te doen. Waarmee ons hier te doen het is dat dit wet geword het om die inligting te verskaf deur die gebruiker en dit kan nie gestop word nie.
My vraag is net, wat van al die inligting reeds in die openbare domein is a.g.v. hierdie wet? As die wet ongrondwetlik verklaar word, hoe gaan dit ooit uitgewis word?

Hoekom ·

Ek het net een vraag. Toe ek my simkaart gekry het is hy gerica. Die afgelope week bly ek boodskappe kry van die foon maatskappy dat ek moet kom rica. Ek het n pay as you go opsie.

Veerpyltjie ·

Ek kry gereeld ongewenste oproepe van allerande instansies wat enigiets van selfone tot begrafnispolisse aan my wil verkoop. Hulle koop beslis my inligting aangesien ek nog niks met meeste van die instansies te doen gehad het nie. Gister was dit RCS en vandag African Bank wat lenings aan my wil afsmeer! Ek sal so bly wees as mens se privaatheid privaat gehou kan word en nie aan elke jan rap en sy maat gegee kan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.