Dele van Welkom sonder krag ná torings val

Foto: Eskom

Weens stormweer in die Goudveld het twee kragtorings ineengestort en is dele van Welkom in die Vrystaat sonder krag.

Volgens Eskom het twee 132 KV-kragtorings op die Everest-Welkom-lyn ineengestort wat daartoe gelei het dat groot dele van Welkom sedert 20:00 Sondag nie krag het nie.

“Weens die omvang van die skade word verwag dat die kragonderbreking vir ʼn verlengde tydperk sal voortduur.”

Eskom sal later vandag meer duidelikheid kan gee oor hoe lank dit na verwagting sal neem om die kragtoevoer te herstel.

Die kragvoorsiener het om verskoning gevra vir die ongerief en verbruikers gevra om geduldig te wees terwyl herstelwerk voortduur.

“Verbruikers moet alle elektriese installerings as gelaai en gevaarlik hanteer aangesien die elektrisiteit sonder kennisgewing aangeskakel kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacobus ·

Noem dit staal stroping! Mense van Eskom wat nie hulle werk doen nie.

Snowball ·

Die staal aan die onderkant van hierdie torings word inderdaad gestroop. Baie gaan nog ineenstort.

Veens ·

Wil my herhinner die meer korrekte benaming is ‘n spantoring?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.