Delft-‘verkragter’ se bogtogsaak vertraag weens dossier

hofhamertjieDie man wat glo ʼn negejarige meisie van Delft in Kaapstad verkrag voordat hy haar liggaam aan die brand gesteek het, se borgtogaansoek is Dinsdag vertraag omdat die dossier nie by die hof was nie.

Staatsaanklaer Clifford Moatlhodi het aan die Belville-streekshof gesê die ondersoekbeampte het aangedui die dossier is steeds by die direkteur van openbare vervolging se kantoor in Kaapstad. Die beampte moet glo eers die dossier gaan haal voordat die borgtogaansoek kon voortgaan.

Moatlhodi het aan landdros Cyril Krautz gesê die ondersoekbeampte is eers vroeg Dinsdag opdrag gegee om die dossier te gaan haal. Die saak is tot Dinsdagmiddag om 14:00 uitgestel.

Die 27-jarige man, wie se naam nie genoem mag word voordat hy gepleit het nie, het vroeër sy borgtogaansoek laat vaar. Hy is op 19 Januarie in hegtenis geneem en sy saak het reeds vier keer in die hof voorgekom.

Hy is aanvanklik aangekla van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord, maar dit is na ʼn aanklag van moord verander toe die slagoffer op 18 Maart in die Red Cross-kinderhospitaal aan haar brandwonde beswyk het.

Familielede van die slagoffer het haar in Januarie in die veld langs die R300-snelweg aangetref.

Die man word in afsondering by die Goodwood-gevangenis aangehou, aangesien hy beweer dat hy reeds in aanhouding aangerand is. – SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jeanie ·

Moet hom nie genadig wees nie, laat hy terugskuif na die ‘selmaats’, dalk maak hulle korte-mette met hom en hoef die belastingbetaler nie te onderhou nie.

AmY ·

Hoe siek moet iemand in sy vestand wees om so ‘n gruwelike daad te te pleeg met ‘n kind van slegs nege jaar oud?

Sluit hom toe en gooi die sleutels weg.

Of gaan hy ook ‘vir waarneming’ gestuur word?

Binnekort gaan die hospitale vol en die tronke leeg wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.