Delft-‘verkragter’ soek borgtog

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft in Kaapstad verkrag voordat hy haar liggaam aan die brand gesteek het, sal na verwagting Dinsdag in die Bellville-streekshof aansoek doen om borgtog.

Die 27-jarige man, wie se naam nie genoem mag word voordat hy gepleit het nie, het vroeër sy borgtogaansoek laat vaar. Hy is op 19 Januarie in hegtenis geneem en sy saak het reeds vier keer in die hof voorgekom.

Hy is aanvanklik aangekla van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord, maar dit is na ʼn aanklag van moord verander toe die slagoffer op 18 Maart in die Red Cross-kinderhospitaal aan haar brandwonde beswyk het.

Familielede van die slagoffer het haar in Januarie in die veld langs die R300-snelweg aangetref.

Die man word in afsondering by die Goodwood-gevangenis aangehou, aangesien hy beweer dat hy reeds in aanhouding aangerand is. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Mog die man deur die gemeenskap ook aangerand word, nie net in die tronk nie.

Marietjie ·

Ag foei tog, my simpatie dat jy in aanhouding aangerand is. Gee hom borg en kyk wat die gemeenskap met hom gaan doen. Jammer, die brandstapel is uit die mode uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.