Delft-‘verkragter’ voorlopig vry

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte voorheen verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte voorheen verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Inwoners van Delft in Kaapstad was Woensdag verslae oor die nuus dat aanklagte teen ʼn man, wat ʼn negejarige glo verkrag voor hy haar liggaam aan die brand gesteek het, voorlopig laat vaar is.

Staatsaanklaer Herculine Swart het aan die Belville-streekshof gesê die proses om al die forensiese bewyse teen die 27-jarige verdagte te analiseer, is tegnies, ingewikkeld en gaan ʼn onbepaalde tyd duur om af te handel.

Die direkteur van openbare vervolging het gevolglik besluit om voorlopig die aanklagte teen die verdagte terug te trek, hangende verdere ondersoek.

Neesha Salie, die verdagte se Legal Aid-prokureur, het gesê die saak teen haar kliënt het lank gesloer. “Indien die staat besluit om my kliënt weer aan te kla, moet hulle eers die ondersoek afhandel,” het sy gewaarsku.

Salie het Dinsdag tydens die man se borgtogaansoek die staat versoek om meer inligting oor die saak te verskaf, en het beweer die staat het haar vorige versoeke vir die inligting geweier. Sy wou weet hoe sterk die staat se saak teen die man is, veral omdat die staat beweer die man word deur DNS-bewyse aan die misdrywe verbind.

Die man is op 19 Januarie in hegtenis geneem nadat familielede van die slagoffer haar in die veld langs die R300-snelweg aangetref het.

Hy is aanvanklik aangekla van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord, maar dit is na ʼn aanklag van moord verander toe die slagoffer op 18 Maart in die Red Cross-kinderhospitaal aan haar brandwonde beswyk het.

Die man is in afsondering by die Goodwood-gevangenis aangehou, aangesien hy beweer dat hy reeds in aanhouding aangerand is. – SAPA

Lees ook:
Delft-‘verkragter’ se bogtogsaak vertraag weens dossier
Delft-‘verkragter’ soek borgtog
“Delft-verkragter” nou ook van moord aangekla
Negejarige verkragtingslagoffer sterf
Man in tronk aangerand wat glo 9-jarige verkrag, verbrand
Meisie steeds kritiek na sy verkrag, verbrand word
Man wat 9-jarige glo verkrag, verbrand bly in aanhouding
Negejarige verkrag, verbrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Meisie ·

Ag nee wat , kom ons kyk nou die waarheid reguit in die gesig……………… ons kinders is ““ voelvry“` verklaar vir elke verkragter daar buite!!!!!!!!! Dit is `n absolute sonde!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.