Delmas-pa voor kinders doodgeskiet

Jannie Van der Schyff en sy vrou, Lezel. Foto: Facebook

Jannie Van der Schyff en sy vrou, Lezel. Foto: Facebook

Jannie van der Schyff (46), die pa van Delmas wat koelbloedig voor sy huis doodgeskiet is, het in sy laaste oomblikke desperaat probeer om sy gesin te beskerm.

Jannie is Dinsdagmiddag dood nadat hy deur twee verdagtes in die maag en sy geskiet is. Jan van der Schyff, Jannie se pa, het aan Maroela Media gesê die twee verdagtes het Jannie vermoedelik agter die huis oorval en vasgebind. Jannie het glo gehoor toe sy vrou, Lezel, se motor die hek binnery en hy kon daarin slaag om homself los te wikkel en om die huis te hardloop om sy gesin te waarsku.

Volgens Van der Schyff het Jan aan Lezel en sy twee seuntjies, onderskeidelik agt en ses jaar oud, gesê om uit die erf te kom. Die verdagtes het egter om die huis gehardloop en Jannie op die grasperk doodgeskiet. Die verdagtes het in hul silwer VW Polo gevlug.

“Dit is verskriklik. Dit gryp jou tot in jou diepste wese,” het Van der Schyff gesê. “Lezel is baie sterk. Sy gee uiting aan haar emosies, maar sy is sterk. Die kinders besef nog nie die volle gevolge van wat gebeur het nie.”

Jannie, die jongste van drie seuns, is Van der Schyff se tweede seun wat oorlede is. Sy middelseun, Martin, is aan longkanker oorlede. Sy oudste seun, Willie, woon in Namibië terwyl sy enigste dogter in Potchefstroom woon. Volgens Van der Schyff was Jannie betrokke by ʼn uitgebreide boerdery in die Delmas-area, terwyl Lezel as ʼn apteker werk.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het bevestig ʼn saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

johan ·

ja, volksmoord, van kleins af saam skool op gobabis begin, eerste rugby wedstryd kaalvoet gespeel nou is sy stem stil. sterkte aan die van des Schyff familie.

Willie van der Schyff ·

Jannie, my neef, was ‘n mense mens. Geliefd waar hy ookal gegaan het. Baie begaafde sportman (rugby, krieket, tennis, golf, jukskei) wat later vir Luiperds ook rugby gespeel het. Sy ontydige en onnodige heengaan laat baie groot leemte, nie net in sy gesin nie, maar in baie gemeenskappe. Maar hoe gaan ons die sinnelose dade stop? Ek wens het antwoord gehad. Maar ek weet dat ons meer en meer moet saam staan in gemeenskappe en dat ons verseker paraat moet wees te alle tye. Mens weet nooit wanneer is dit jou beurt nie.

Dainty ·

Ek is so jammer vir julle. Mag God Self vir julle genesing bring. Ek hoop daar word ‘n toekenning aan sy vrou gegee vir sy braafheid. Die man het ‘n held gesterf!

Meriza ·

Baie sterkte aan die vd Schyff gesin, sy vrou en 2 seuns. Was saam met Jannie in Hoërskool Ventersdorp.

Paul ·

Dit kan waaragtig nie so aangaan nie. Iets moet gedoen word. Kom, staan saam sodat ons kan besluit oor ‘n plan van aksie. Dit raak mens se diepste wese en jy kan nie meer apaties staan nie.

Peet Schabort ·

Paul, die verrassingsaanval is aan hulle kant en die groot probleem. Al manier is om ALTYD paraat te wees. Ek glo jy weet wat ek bedoel.

Hesma Vermeulen ·

Ek voel ook so maar mense rondom my dink ek is simpel om so te worry, het gister Fortis gegoogle en dit lyk my hulle kan help om mens ten minste bewus te maak van wat rondom ons aangaan. Ek bly in die Kaap(Swellendam) maar ek weet dis oppad na ons toe.

Anel Viljoen ·

Daar is altyd ‘n veiliger plek in die wereld Deon, on het SA 7 jaar terug verlaat en New Zealand toe gekom – ons was nog nooit terug nie, en kyk ook nie een dag terug op ons besluit nie. Moenie wag dat hulle julle almal so uitmoor nie….trots is niks nie, jou lewe is als. Vlug eerder, niemand sal vir julle lag nie.

Paul ·

Mandela het gese bou n nasie,,,,,ek wil graag weet hoe bou jy n nasie onder sulke omstandighede,,,,Ek is bereid om geld te verwed dat dit nie wittes was was hom geskiet het nie??

Chrisnam ·

As ons almal fondse gehad het en ook die regte tipe werk sou almal seker weg gewees het. Hulle soek net sekere mense wat kwalifiseer vir sekere tipe werk. Plus daar word eers gekyk of daar nie ‘n New Zealander is wat kwalifiseer om daardie werk te doen voor jy aanvaar sal word

Nigel Horne ·

Die Afrikaner-volk; te Suid Afrika, word; huidiglik, uitgedryf! Wat het geword van; ‘Ons sal lewe; Ons sal sterwe; Ons vir jou Suid Afrika? Is al die Boere te slap-gat om saam te staan!?

Gina ·

Mag GOD ju dra in die toekoms wat voorle. Sterk wees. Die hele land bid vir vrede, net God sal weet wanneer is die regte tyd om in te tree. Vertrou net op hom, al is dit hoe moeilik.

Martin Venter ·

Jannie was a true gentleman. A true patriot. A faithful honest friend. To his family, please accept our sincere condolences, our prays are with you. Please do not hesitate to ask if there is anything we can help with.

It IS TIME that all GOOD South Africans STAND TOGETHER against evil and make this the great country that it CAN be. South Africa is a war zone. All South Africans Black and White are being murdered, robbed and raped on a daily basis. ITS TIME!!!!!

WE MUST:

Force the government to control our borders
Force the government to police crime and implement laws that eradicate crime!
Force the government to route out corruption
Force the government to treat all South Africans equally – the white voters voted for democracy ….REMEMBER! All races are part of this country.
Force the government to implement Madiba’s Legacy and Philosophy

We wanted democracy ………we got it! What are we doing with it? We cannot change history, but if we focus and stand TOGETHER we can shape and ensure a better future for ALL South Africans!
If MILLIONS of us stand together in small pockets all over SOUTH AFRICA we WILL change this country for the better!
Remember our President is only one bad apple…… who will only be part of our (bad) history very soon. It’s time for the leaders and the MEN to rise up TOGETHER to shape and protect the future! Not white, not black, ALL OF US!!!! All South Africans have a significant role to play in shaping our future.

Rest in peace my friend. I am very sad and very angry today.

Martin Venter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.