Samantha Gauche (35) wat van moord aangekla word nadat sy glo vir Leon Jansen van Rensburg doodgery het, het Maandag vlugtig in die streekhof in Delmas in Mpumalanga verskyn.
Gauche het die 50-jarige Jansen van Rensburg sowat twee weke gelede op sy kleinhoewe by Modder-Oos Boorde by Sundra glo doodgery.
Sy sou Maandag om borgtog aansoek doen, maar die aansoek word nou eers Donderdag aangehoor. Gauche bly intussen in aanhouding.
Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die borgtogaansoek uitgestel sodat Gauche se adres bevestig kan word.
Maroela Media het vroeër berig die polisie se ondersoek dui daarop dat Gauche na bewering verskeie kere oor Jansen van Rensburg se liggaam gery het.
Volgens inligting het Gauche en Van Rensburg by vriende gekuier toe die voorval plaasgevind het. Dit is in hierdie stadium egter nog onbekend wat tot die voorval aanleiding gegee het. Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied waar Jansen van Rensburg dood verklaar is.
Teen die tyd dat polisiebeamptes by die toneel opgedaag het, het Gauche glo reeds van die toneel weggejaag. Sy het egter sowat ʼn kilometer van die toneel vermoedelik beheer oor haar voertuig verloor en teen ʼn boom vasgejaag.
Sy het glo in die rigting van ʼn brug gehardloop, maar plaaswerkers het haar voorgekeer en na haar voertuig teruggeneem. Die polisie is in kennis gestel en Gauche is in hegtenis geneem op aanklag van moord.
As sy skuldig is moet sy tronk toe en sit. Tyd dat skuldige kriminele vas gevat word en verantwoordelikheid neem vir hul dade.
Ek sal graag wil weet wat hiertoe gelei het. Iets moes vooraf gebeur het, maar wat ook al dis nie rede vir moord nie.
Maak nie saak wat gebeur het nie. Moord bly moord.
Dit maak wel saak. Versagtende omstandighede word altyd deur die hof in ag geneem.
En ook verswarende omstandighede.
Elma is reg, moord bly moord. As die misdaad aan al die regsvereistes van moord voldoen, is dit moord tensy die beskuldigde ‘n regverdigingsgrond vir die daad het soos byvoorbeed noodweer (selfverdediging waar jou lewe in onmiddellik gevaar is byvoorbeeld). Versagtende omstandighede (soos byvoorbeeld dat die beskuldigde nie voorheen aan ‘n geweldsmisdaasd skuldig bevind is nie) is iets anders en kom net ter sprake by vonnisoplegging nadat die persoon reeds skuldig bevind is.
…mmmm…saak het 2 kante. Kom ons wag vir die finale report maar obviously moet sy haar straf DRA as sy skuldig is!
Maar sy het dan oor hom gery. Wat is die anderkant?
Die onderkant.
Hy moes haar baie kwaad gemaak het. Wonder wat hier gaan uitkam. Ek raai solank maar hou dit liewer vir myself
Mense kan net nie meer selfbeheersing toepas nie. Hulle raak so kwaad dat hulle nie omgee om iemand dood te maak nie. Ons het nou al van hoeveel gevalle gelees die afgelope tyd.
Ek sien dit baie om my dat mense buite beheer is en geen self beheersing oefen of eers probeer nie. Dan wil almal watse redes soos geloof, emosies, gesondheid en weet nie wat nog gebruik om dit te regverdig.
Het die vriende op sy kleinhoewe gebly/gehuur of moet die berig lees die vriende en me Gauch het by Mnr Jansen van Rensburg en sy vrou op Mnr Jansen van Rensburg se kleinhoewe gekuier.
Asb sy moet sit hoe sien jy nie n mens raak nie nee straf haar sy kort dit sy n lewe geneem ander hartseer agter gelaat nee kort harde straf
Maar sy het hom juis gesien! Dis hoekom sy oor hom gery het.
Kon daar dalk n liefdesdriehoek gewees het?
Maak nie saak wat hy gedoen het of wat gelei het tot die voorval nie, ‘n mens los nie probleme op met geweld en moord nie…