Delta-variant ál meer dominant in SA

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Die hoogs aansteeklike Delta-variant van die koronavirus word al hoe meer dominant in Gauteng.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die Delta-variant, wat aanvanklik in Indië opgemerk is, het 53% uitgemaak van die monsters wat in Junie in Gauteng geneem is. Die Beta-variant was in Mei nog oorheersend in Gauteng en het in 64% van monsters wat geneem is, voorgekom.

Data uit die Verenigde Koninkryk toon dat die Delta-variant 97% meer oordraagbaar is, maar dat Covid-19-entstowwe steeds baie doeltreffend is om ernstige siekte weens die Delta-variant te voorkom. Die Pfizer-BioNTech-entstof toon 96% doeltreffendheid ná twee dosisse.

“Dit is belangrik om daarop te let dat herinfeksie met die Delta-variant moontlik is ná ʼn Beta-infeksie weens die afname in immuniteit,” het prof. Adrian Puren, waarnemende uitvoerende direkteur van Nios, gesê. Daar is egter beperkte data beskikbaar oor die kwessie of daar verskillende simptome is weens Delta-infeksie, maar voorlopige gegewens uit die Verenigde Koninkryk dui daarop dat die Delta-variant moontlik ernstiger siekte kan veroorsaak.

Ander kommerwekkende variante, waaronder die Alfa- en Eta-variante, is ook in Mei opgespoor en het onderskeidelik 6% en 1% van die monsters behels. Geen Eta-variante is opgespoor in die monsters wat in Junie versamel is nie, terwyl die Alfa-variant vir 7% van die monsters verantwoordelik was.

Volgens Nios word dié en ander variante van die koronavirus wêreldwyd gemonitor weens kommer oor moontlik verhoogde oordraagbaarheid.

“Dit is nie verbasend dat nuwe variante in Suid-Afrika bespeur is nie,” het Puren gesê. “Ons wil mense verseker dat die instituut sy hulpbronne en navorsingspogings daarop fokus om die variante te verstaan.”

Om die verspreiding van die virus te verminder en die infeksiekurwe af te plat deur die nakoming van nie-farmaseutiese ingrypings, kan volgens Nios nie genoeg beklemtoon word nie. “Ons verstaan dat baie mense aan Covid-19-uitbranding ly en laks raak wanneer dit kom by voorkomende maatreëls. Maar ter wille van jouself en jou geliefdes moet jy jou hande was of reinig, jou masker dra en ʼn afstand van 1,5 m van ander af handhaaf. Vermy byeenkomste en kry die Covid-19-entstof sodra dit vir jou beskikbaar is.”

 

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Hoekom toets mense so gou…is julle nuuskierig of is dit om “covidvakansie” te kry?

Fedup

So many different names and strains. Really, people. South Africa, India and Brittain is the target countries for some reason or the other. Just move on and keep yourselves safe. How damn hard can that be? I get it, flu even freak me out as I hate it. Now just move on. We have lives to live. Down vote please.

Kompas

Dis omdat daar toegelaat word dat almal maar ons land kan binnekom, sonder dat hul ingeënt is en sonder dat hul 10-14 dae in isolasie moet wees dat die Delta virus nou sy kop ook hier uitgesteek het. Meeste lande oorsee het skerp maatreëls teen mense wat hul grense oorsteek.

Renier johannes

Volgende is dit seker ego variant .

Dirk Mostert

‘n Versoek aan die Redakteur, Maroela Media: Dit gebeur telkemale dat ek nie aan meningsopnames kan deelneem nie, omdat geen van die keuses vir my van toepassing is nie. Wat van ‘n addisionele keuse, “geen van bogenoemde nie”? Sal interessant wees om te sien vir hoeveel ander lesers die keuses nie van toepassing is nie. Dankie byvoorbaat!