Demawusa, Metrobus kom nie tot ooreenkoms

Argieffoto

Die Democratic Municipal and Allied Workers Union of South Africa (Demawusa) het Dinsdag die hulp van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ingeroep nadat hy nie tot ʼn ooreenkoms met Metrobus Johannesburg kon kom nie.

Metrobus het Dinsdag sy dienste in die Goudstad opgeskort nadat werknemers sedert Maandag staak op aandrang van vergoeding ter bevordering asook kantore en hulpbronne by drie busdepots in die stad.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vergadering is gedurende die tweede dag van die staking byeengeroep in ʼn poging om tot ʼn ooreenkoms te kom.

Dion Makhura, woordvoerder van Demawusa, het gesê Metrobus het egter nie aandag aan die eise gegee nie, maar eerder voorwaardes gestel.

“Ons is Metrobus toe en hulle wou nie met ons praat nie. In plaas daarvan het hulle net gesê ons kan 500 meter van hul kantoor af staan. Ons het besluit om na die KBVA te gaan en dit wil voorkom asof hulle ons sal bystaan,” het Makhura gesê.

Volgens Goodwill Shiburi, woordvoerder van Metrobus, het die busdiens, wat aan die Stad Johannesburg behoort, wel met die vakbond vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hansie Slim ·

Hulle is seker bang as hulle nader as 500met kom, stroop hulle die kantore!

Gerhard ·

Raak ontslae van al wat ‘n Unie is. Hulle leiers verryk hulle self maar net deur lede gelde en sorg vir betogings en bevorder misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.