Demi-Leigh as Mej. Heelal gekroon

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Instagram)

Suid-Afrika se Demi-Leigh Nel-Peters is pas as die volgende Mej. Heelal gekroon tydens ʼn glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas in die VSA.

Die Mej. Heelal-kompetisie het die aankondiging op hul amptelike Twitter-blad bevestig. Nel-Peters is die tweede Suid-Afrikaner om met dié gesogte titel weg te stap ná Margaret Gardiner in 1978.

Toe die aankondiging gemaak is, het Nel-Peters (22) haar hande verstom voor haar gesig saamgeslaan en onder luide toejuiging haar kroon ontvang. Laura Gonzalez van Colombië is as eerste prinses aangewys gevolg deur Davina Bennett van Jamaika.

Maroela Media het vroeër berig Nel-Peters het haar kostuums onthul voordat sy in Oktober na Las Vegas vertrek het. Sy het gesê sy is gereed om dié kompetisie aan te pak.

“Ek het reeds met voorbereidings begin toe ek as Mej. SA gekroon is. Ek verstaan die verantwoordelikheid verbonde daaraan om as Mej. Heelal gekroon te word, nes die verantwoordelikheid wat ek as Mej. SA het. Dit het ʼn invloed op miljoene lewens,” het sy tydens die bekendmaking laat hoor.

Die skoonheid se nasionale kostuum, wat ontwerp is deur Malikah Hajee en Lloyd Kandlin van The Costume Department, is geïnspireer deur Suid-Afrika se flora en fauna met ʼn spesifieke fokus op die protea. Haar aandrok is ontwerp deur Anel Botha met die doel om “gesofistikeerdheid en glans” uit te beeld.

Nel-Peters volg in die voetspore van Rolene Strauss deur ook ‘n internasionale skoonheidstitel te wen nadat Strauss tydens haar jaar as Mej. Suid-Afrika ook as Mej. Wêreld aangewys is. Adé van Heerden (25) het Suid-Afrika vanjaar by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en onder die tien mooistes geëindig. Manushi Chhillar, Mej. Indië, het met die kroon weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

76 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nico

Asemrowend! Geluk Suidkaap meisie.

Riette

Ek kon nog nooit die doel van skoonheidskompetisies verstaan nie. Almal staan daar en se hulle soek wereld vrede en en en. Dan nà dié kroning sien en hoor mens skaars van hulle. Hier en daar ‘n foto by ‘n plakkerskamp of winkelkompleks opening. Dié wat gelukkig genoeg is word tv aanbieders……. Demi is nou mej heelal……..gaan sy ons stem wees om plaasmoorde verder onder almal se aandag te vestig? Gaan sy korrupsie ens ens nie net in ons land maar die hele afrika en ander lande aanspreek? Seker nie, dis mos die politikuste se werk……só wat is die doel… Lees meer »

Maggie

Wonderlik!!

Susan

Baie geluk. Jy is pragtig en ons is super trots op jou!!

Susan

Baie geluk. Jy is pragtig en ons is super trots op jou!!