Demi-Leigh as Mej. Heelal gekroon

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Instagram)

Suid-Afrika se Demi-Leigh Nel-Peters is pas as die volgende Mej. Heelal gekroon tydens ʼn glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas in die VSA.

Die Mej. Heelal-kompetisie het die aankondiging op hul amptelike Twitter-blad bevestig. Nel-Peters is die tweede Suid-Afrikaner om met dié gesogte titel weg te stap ná Margaret Gardiner in 1978.

Toe die aankondiging gemaak is, het Nel-Peters (22) haar hande verstom voor haar gesig saamgeslaan en onder luide toejuiging haar kroon ontvang. Laura Gonzalez van Colombië is as eerste prinses aangewys gevolg deur Davina Bennett van Jamaika.

Maroela Media het vroeër berig Nel-Peters het haar kostuums onthul voordat sy in Oktober na Las Vegas vertrek het. Sy het gesê sy is gereed om dié kompetisie aan te pak.

“Ek het reeds met voorbereidings begin toe ek as Mej. SA gekroon is. Ek verstaan die verantwoordelikheid verbonde daaraan om as Mej. Heelal gekroon te word, nes die verantwoordelikheid wat ek as Mej. SA het. Dit het ʼn invloed op miljoene lewens,” het sy tydens die bekendmaking laat hoor.

Die skoonheid se nasionale kostuum, wat ontwerp is deur Malikah Hajee en Lloyd Kandlin van The Costume Department, is geïnspireer deur Suid-Afrika se flora en fauna met ʼn spesifieke fokus op die protea. Haar aandrok is ontwerp deur Anel Botha met die doel om “gesofistikeerdheid en glans” uit te beeld.

Nel-Peters volg in die voetspore van Rolene Strauss deur ook ‘n internasionale skoonheidstitel te wen nadat Strauss tydens haar jaar as Mej. Suid-Afrika ook as Mej. Wêreld aangewys is. Adé van Heerden (25) het Suid-Afrika vanjaar by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en onder die tien mooistes geëindig. Manushi Chhillar, Mej. Indië, het met die kroon weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Conniec ·

Sedgefield in die Suid-Kaap wat deel is van die Wes-Kaap. Baie geluk meisiekind. Ons is trots op jou hier in die Suid-Kaap. Ons wag vir jou.

Riette ·

Ek kon nog nooit die doel van skoonheidskompetisies verstaan nie. Almal staan daar en se hulle soek wereld vrede en en en. Dan nà dié kroning sien en hoor mens skaars van hulle. Hier en daar ‘n foto by ‘n plakkerskamp of winkelkompleks opening. Dié wat gelukkig genoeg is word tv aanbieders……. Demi is nou mej heelal……..gaan sy ons stem wees om plaasmoorde verder onder almal se aandag te vestig? Gaan sy korrupsie ens ens nie net in ons land maar die hele afrika en ander lande aanspreek? Seker nie, dis mos die politikuste se werk……só wat is die doel van hierdie geleenthede waar miljoene spandeer word wat kos en medisyne vir arm mense oor die heelal kon gekoop het?

Hoekom ·

Riette hoekom is daar altyd mense soos jy wat lelik in alles soek, dit is n mooi geleentheid wat goeie beeld uitstraal wat jy weer net lelik in sien, baie hartseer

Coa ·

Ouch, nie geweet Miss Universe, moet die Regering se werk oorneem nie. Stem Annie…

Kamelia ·

Wel vir daai 20 kinders in die plakkers kamp het sy hul wêreld verander. Hoekom alles aan n groot klok hang…dis pokitikuste se manier!

Roy Sutherland ·

Yes I think it is fantastic that she won she deserves it. It seems we are living in a culture of negativity where people complain about everything, yes our country is in a mess but let us celebrate the nice things and start by being positive when something good happens. She is not a politician and can’t change things on her own but merely make suggestions . people complain about everything but are never willing to actually do sinething . But I also know that there is not much we can do so let’s enjoy the few nice things that do come our qay . Congrats our beautiful South African miss Universe, u are stunning!

Valerie ·

Riette, ek stem gedeeltelik saam dat dit ‘n sinnelose kompetisie is. Dit dien geen doel nie. Maar wat erger is, is die manier hoe die meisies geparadeer word…soos diere op ‘n veiling. Vir wat? Skoonheidskompetisies is onbeskaafd en behoort nie eers plaas te vind nie.

Etienne ·

Ag ASB, hou op so negatief wees. en Riette, wat is die doel van Rugby? dan is dit mos nou ook ‘n sinnelose sport as jy so wil redeneer…. Jy laat my dink aan die tannie wat vanoggend voor my indraai van verkeerde baan en dan vir my hoot.

Stem saam ·

Stem saam girl jy is beter, jy het egter ‘n punt beet, maar kritiseer liewer Politiek parties en knoeiery en dan die ondersoek span deur die kriminele aangestel om dit te ondersoek terwyl hul in 5ster hotelle bly en die volle budget opvreet. Fancy voertuie, charades en oorsese reise, hul werk nooit, maar verdien sakke vol geld om vakansie te hou ent e eet en ja wel in die funksies bietjie uit te rus deur ‘n slapie te vang. Die skoonheidskompetisies is opbouend, en hul maak beslis ‘n verskil, gaan kyk maar die girls se dagboeke en vereistes en ken ‘n Mev Universal. Verder moet hul self fondse skep, vir die politiek betaal die belastingbetaler en staatswerkers werk vir ‘n appel en ‘n eie om dit in te samel en te kanaliseer na die Hele Politieke soustrein.

Alwyna ·

Stem nogal saam met jou. Nogtans lekker om na te kyk. Ons almal wil mos n prinses wees

Mandy ·

The Miss Universe Organization places priority on the importance of getting involved and giving back by providing a dedicated international platform of charitable partnerships. As leaders and role models within their communities, our contestants and titleholders work to affect positive change through volunteering, fundraising and advocacy. During their reign, our winners are given the tools to personally and professionally enrich others by dedicating themselves to raising awareness and much needed funds for philanthropic endeavors.

Steven ·

Vir Riette: effe bitter so vroeg op ‘n Maandag…..Google bietjie wat het die vorige Ms SA’s bereik in hul lewe. Meer as net ‘tv aanbieder’. Wees eerder bly saam Demi-Leigh Nel Peters om uit 92 dames gekies te word as Ms Universe

Wilma ·

Baie baie geluk! Jy is ‘n pragtige jong vrou. Hou Suid-Afrika se naam Hoog!

Noëline ·

Fantasties Sy is pragtig netsoos ons land Suid Afrika ♡

DS ·

Sal eerder sê sy volg in die voetspore van Margaret Gardiner, die enigste ander Mej SA wat as Mej HEELAL gekroon is. Baie geluk jy is voorwaar ‘n pragtige verteenwoordiger van hierdie pragtige land van ons wat deur lelike dade en slegte mense lelik gemaak word.

Annapatat ·

Ek dink dit is ‘n groot eer om gekies te word as Mej Heelal. Ons gewone mense is geneig om glanspersoonlikhede op sosiale media te kritiseer- haar tande is geel, haar rok is lelik, sy doen te min ens- Ek haal my hoed af vir hulle, sangers, die hele toetie. Om ons te vermaak en wel, al is dit net by een plakerskamp ‘n verskil te maak. Want wat doen ons Riette?

FM ·

Baie geluk Demi. Almal is só trots op jou!! Sy is so mooi, mooier as n mens! EN sy het so n pragtige persoonlikheid. n Ware stêr wat skyn.

Berdine ·

Baie geluk ons is almal trots op jou.. Hou SA se naam hoog. ❤️

Gerrit ·

Wow, dit is werklik n goeie prestasie. Veels geluk, maak Suid Afrika trots!!

Elvira Nel ·

Baie geluk Demi. Jy het bitter hard gewerk om ‘n kans te he. Mag die ywer die res van jou lewe suksesse bring. Jou persoonlikheid moes verseker deurslag gegee het. Trots op jou.

Henneli ·

Pragtig!!
Ek het uitsending gemis. Word dit weer uit geslaai op TV?

hein ·

Wonderlik! Baie geluk Demi. Ons is voorwaar trots vanoggend as n land. Sulke nuus is net wat ons nodig het om ons vir n paar oomblikke van al die negatiwiteit en chaos te laat vergeet.

Carmen ·

Altyd verblydend om iets positiefs te hoor. Veels geluk. Mag jy geseend wees in elke projek wat jy aanpak.

Bianca ·

ek verstaan nie so lekker ni julle se sy is die 2de suid-afrikaner om die titel te wen in die eerste deel van die berig dan weer later sy volg in die spore van roeline strauss wat oom tydens haar jaar mej wereld was? maw sy is dan mos die 3de een?

Mariné Lourens ·

Dagsê Bianca

Dankie vir jou navraag. Demi-Leigh Nel-Peters volg in Rolene Strauss se voetspore deur ook ‘n internasionale skoonheidstitel te wen. Nel-Peters is egter die tweede Suid-Afrikaner om Mej. Heelal te wen. Strauss is voorheen as Mej. Wêreld gekroon. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Ada ·

Baie geluk an jou en jou ouers! Pragtige pragtige mensie! Goeie nuus in S A is skaars daarom is dit vir my nog meer spesiaal!!!

Pieter ·

Baie, baie geluk, omdat ek glo dat sy nie net gekies is oor haar uiterlike skoonheid nie, maar oor haar innerlike karakter. Mag sy ‘n verskil maak in die lewe van baie.
Haar skoonheid word nog baie meer geaksentueer omdat sy sit op die rommelstaat ashoop wat S.A. tans is en waar die rotte hulleself dikvreet.

Hannelie ·

BAIE GELUK !! Sy is regtig pragtig. Ons is trots op jou.

A ·

Twee verskillende kompetisies. Mej Heelal & Mej Wêreld……klink dieselfde as mens vinnig lees….Rolene ander een gewen Margaret en Demi dieselfde een gewen….

bollie ·

Penny Coelen, Anneline Kriel en Roeleen Strauss het mej, wereld gewen. Kriel was eintlik tweede maar is gekroon omdat die eintlike wenner of gediskwalifiseer was of afstand daarvan gedoen het, kan nie mooi onthou nie.

LB ·

Baie geluk aan Demi!! Margaret Gardiner het die land trots gemaak en is steeds iemand wat ons land se naam hoog hou, ek vertrou Demi gaan in haar voetspore volg.
wat Riëtte se opinie aan betref, ek verstaan wat jy sê en hoop ook dat sy ‘n spreekbuis sal wees vir elke Suid-Afrikaner en nie net polities korrek sal moet optree nie en dat sy haar titel sal gebruik om vuur te maak onder die regering om op te tree teen misdaad in die algemeen. Maar aan die anderkant, gee hulle (die regering) werklik om wat die buiteland dink? Julle wat Riette aanvat omdat sy ‘n opinie het…laat elkeen sy /haar mening lug, dit is tog waarom ons almal hier deelneem en ek dink nie sy is bitter nie, ek dink sy voel die druk van soveel ellende en is bekommerd oor die land soos ons almal behoort te wees en het ‘n punt beet.

E.K. die eerste ·

Enigeen wat dink die dames hoef ne tmooi te lyk moet probeer in hul skoene stap. Hul title maak dat mense makliker gee vir watter welsynsprojek hul ookal aanpak. Hul moet ook ure staan en glimlag en sekerlik na klomp kafpraatjeis luister en probeer geintresseerd lyk en dalk druk die skone of knyp die kroon maar glimlag moet hul glimlag. Hulle moet hope etes en dinees bywoon alles om mense met baie geld te oorreed om geld te skenk vir projekte en dan moet hul maar effentjies eet want hul word met arendsoë dopgehou en mag nie ‘n gram gewig bykry nie. Dis regtig “beauty with a purpose” en ek dink dis fantasties as jy jou skoonheid kan gebruik om ander so te help. Laat die ou afgunstige suur mense maar hul opinies lug, mens hoef mens gelukkig nie daaraan te steur nie. Ek doen baie welsynwerk myself en ek weet hoe deksels moeilik dit is om emnse te vra om hul beursies oop te maak, as ek darem ‘n pragmeisie was sou dit net makliker kon wees! Trots op jou!

E.K. die eerste ·

En verskoon tog al my vingerfoute so op die Maandag..sjoe!! Haastigheid!

Ashley ·

Pas hierdie besonderse kroning bygewoon. Op pad terug na LA. Moet se, het n traan weg gevee. Sy was stunning, almal was stunning.

Laetitia ·

Jy het dit of jy het dit nie! Veels Geluk Demi!! Baie trots op jou.
!

AP ·

Prinsessie, blaas al die negatiewe kommenteer oor jou pragtige skouertjies weg, ons is trots op jou, jy verdien dit, na al die lelike aanmerkings oor jou uitrusting nog voordat jy vertrek het, dit sou my negatief ingestel het, maar nou sien ek hoe ‘n sterk persoonlikheid jy het, en ek weet in my hart gaan jy ‘n goeie ambassadeur vir die land wees, jy is nie daar om ons swak regering se verkeerde besluite te moet herstel nie, baie geluk ons is ontsettend trots op jou!!

christa ·

Baie Geluk dis wonderlik IETS POSITIEF VIR SUID AFRIKA JY IS PRAGTIG IS ek reg ek weet nie het laas in 1978 Mej Heel al gewen Margert Gardner

Karien van Rensburg ·

Veels geluk Demi!!! Jy is ‘n toonbeeld van hoe pragtig al die Suid Afrikaanse meisies is! Jy maak ons mooi land baie trots!!! Geluk ook aan Demi se pragtige ouers en familie !!!

Bridget ·

Baie baie geluk jy is ‘n pragtige mens kyk daai glimlag dit se mos baie – gelukkig is daar meer positiewe boodskappe as negatiewe boodskappe ons is trots op jou

Anoniem ·

Skuus vir my dom vraag: wat is die verskil tussen mejuffrou Wêreld en mejuffrou Heelal? Lees ek verkeerd dat dit twee verskillendekompetisies is?

Andrew ·

Mejuffrou Wereld en mejuffrou Heelal is twee verskillende kompetisies deur twee verskillende organisasies . Mejuffrou Wereld is effens ouer . Tradisioneel het Mejuffrou Suid Afrika aan altwee kompetisies deelgeneem . Hierdie jaar oorvleuel die kompetisies se datums . Die nuwe Mejuffrou Heelal het besluit om aan die Mejuffrou Heelal kompetisie deel the neem. Ade van Heerden gaan Suid Afrika in die Mejuffrou Wereld kompetisie verteenwoordig . Sy was die eerste prinses by die Mejuffrou Suid Afrika kompetisie .

Yeah yeah yeah ·

Ongelooflike goeie nuus en baie baie geluk Demi, ek het nooit getwyfel dat jy dit sou kon bereik nie, pragtige ongelooflike plat op die aarde mensie met jou natuurlike skoonheid en wêreldskennis. Mag hierdie jaar vir jou spesiaal wees en jy doelwitte bereik en die verskil kan maak. Ongelooflik trots op Demi-Leigh Nel Peters.

Eugene ·

Baie geluk, dit kon nie met n mooier meisie gebeur het nie!

Basson ·

Ek kan nie glo ons het nog in vandag se dae nog so tipe kompetisie, dis so 50j terug?
Dink vrouens verdien beter in 2017.

Poplap ·

Ek kan nie glo ons het nog boks wedstryde in hierdie tye nie. Dis tog so argaies. Mans verdien soveel beter?
Gaap tog te lekker oor hierdie stellings!
Wat dra boks en rugby by tot die samelewing behalwe boeppens mannetjies met ‘n bier in die hand.

J ·

Dankie LB wou ook maar net soiets sê.
Baie geluk Demi en STEKTE jy gaan hope nodig hê.

Lulu ·

Sjoei Baie geluk, SA wees trots asseblief, sy VERDIEN dit om te wen, sy is pragtig,
ongeag die kritiek wat uitgespreek word, sy het nognie eers haar kroon 24 uur nie, en sy word al klaar gekritiseer, regtig asseblief gee haar n regverdige kans.
Ten minste het SA die kroon terug vir n jaar.
Baie geluk aan haar ouers ook.

ursula ·

Baie geluk trots op jou en dankie aan al die mense wat jou gehelp het
jy is pragtig

Rita Parys ·

Ag, al die ou suurpruime. Die wêreld is oorlaai met ellende en hartseer. Wees tog bly oor iets positiefs en moois en waarop ons as Suid-Afrikaners kan trots wees. Hou asem op vir die geween en gekners van tanne oor Prins Harry se verlowing …

marita 510220 0082 088 nunes ·

wat ‘n pragtige, onopgesmukte meisiekind. het van die begin af gese dat sy vir my ‘n kombinasie van Cindy Nel Roberts en Roeline Strauss is. Hoera ons mooie meisiekind

Linda ·

Ons kort skoonheidskompetisies in n land soos ons sin met probleme. Dit gaan hier nie oor ras nie. Belinda Bam het probeer, maar gefaal. Toe kom Demi en wen. Sooooooo trots of jou !!!!!

Cacophony ·

Al die suurknol Sannies. Get a life! Sisters are doing it for themselves. Wees eerder trots dat die kind die land vir die 1ste keer in 39 jaar weer op die Mej Heelal map gesit het. Tannie Klakous wonder of het jy ook so gekla toe die skone Margaret gekroon is. Laat tog die son skyn oor iemand anders dit mag dalk ‘n nuwe ervaring vir julle wees. Viva Demi Viva!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.