Demi-Leigh deel hartseer nuus

Demi-Leigh Nel-Peters en haar halfsussie, Franje. (Foto: Instagram via Demi-Leigh Nel-Peters)

Demi-Leigh Nel-Peters en haar halfsussie, Franje. (Foto: Instagram via Demi-Leigh Nel-Peters)

Die Suid-Afrikaanse skoonheid Demi-Leigh Nel-Peters se 13-jarige halfsuster, Franje, is Saterdagmiddag oorlede. Nel-Peters het dié nuus op haar Instagram-rekening gedeel.

Franje is gebore met subtotale serebellêre agenese, ʼn seldsame toestand waar sy sonder die linkerkant van haar serebellum gebore is.

“My klein prinses, engel op aarde, grootste vreugde en babasussie, Franje, is vroeër vandag oorlede,”  het Nel-Peters (23), voormalige mej. Suid-Afrika wat in Desember 2017 as Mej. Heelal gekroon is, op Instagram geskryf.

“Ons harte is ongelooflik seer, maar ek is dankbaar vir die wete dat sy vir altyd verlos is van die pyn wat sy op aarde ervaar het. Sy lag, hardloop en speel in die hemel net soos wat ons altyd gehoop het sy sal op aarde. Sy is vry!”

Demi-Leigh en haar verloofde, Tim Tebow, saam met Franje. (Foto: Instagram via Demi-Leigh Nel-Peters)

Demi-Leigh en haar verloofde, Tim Tebow, saam met Franje. (Foto: Instagram via Demi-Leigh Nel-Peters)

Sy het ook almal bedank vir hul gebede, liefde en ondersteuning. “Lief vir jou altyd my Sussa en eendag sal ons weer bymekaar wees!” het Nel-Peters bygevoeg.

Nel-Peters het by haar ma grootgeword op Sedgefield in die Wes-Kaap en Franje in Klerksdorp, maar hulle het altyd ʼn baie hegte verhouding gehad en die skoonheid het gereeld vir Franje boodskappe op sosiale media geskryf.

“Dit is my klein prinses se 13de verjaarsdag,” het Nel-Peters op 27 Februarie op Instagram geskryf saam met ʼn foto van haar en Franje. “Franje, jy sit die lewe in perspektief vir soveel mense sonder dat jy dit eens weet. Jy is my grootste motivering in die lewe. Wanneer jy glimlag, glimlag ek. Lief vir jou my Sussa.”

Nel-Peters het onlangs ʼn geruime tyd in Suid-Afrika spandeer terwyl sy besig was met beplanning vir haar troue met die Amerikaanse sportster, Tim Tebow. Tebow is ʼn voormalige Amerikaanse voetbalspeler en speel tans professionele bofbal. Die paartjie het in Januarie vanjaar verloof geraak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Janet ·

Demi-Lee ons innigste simpatie met die afsterwe van jou sussa. Mag Abba Vader julle troos in hierdie tyd en ja sy baljaar op die strate van goud

Melanie ·

Innige meegevoel. Vandag is die mooie meisie saam met Jesus. Vir altyd!

Pensioenaris ·

Ai Demi-Lee, my woorde is min en my hart is so seer vir julle. Sterkte en innige simpatie.

Chareen Ellis ·

I met Franja when my daughter then aged 2 ( 2017) boldly walked in to her room at Medi clinic Potch. She was do angelic lying there. I greeted her mom exchanged a word or two. Franja reminded me so much of a porcelain doll. I had her in my thoughts during our stay. ( Due to my daughter’s ailments I couldn’t go greet again) it was only on our discharge I learnt that she is your sister. Rip Franja, my condolences to you and your family.

Linda ·

Ons gebede gaan uit na hierdie familie. Mag die Heer jul almal omvou met sy krag. Franja, ja jy is vry !!! nou kan jy die oulike prinses in die Hemel wees, nes jou sussie hier op aarde was !!!

hercu ·

?geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte?shalom?

Mariette Hammann ·

Baie sterkte aan julle almal. Dink aan julle gesin.

Magda ·

Innige simpatie met haar gesin. Dis ‘n groot hartseer maar sy is nou in Liewe Jesus se arms. Sterkte

Joe ·

@Magda, ek verstaan mense bedoel goed en troos met die sinnetjie na jou “maar” maar dit help absoluut niks, glad zilch niks nie. As jy eendag n kind verloor sal jy verstaan, dis glad nie n troos nie, net soos om te sê “sys op n beter plek nou” nee, glad nie troos nie.

Ros Potgieter ·

DEATH
leaves a heartache no one can Heal…
LOVE
leaves a memory no one can steal…

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die ouers en aan Demi-Lee jul het aan haar al die liefde gegee wat sy verdien… sy het aan jul soveel vreugde gebring, maar rus nou veilig en sag in Jesus se arms, waar sy nooit weer pyn sal ervaar maar net vreugde… Nou is sy God se Engel kind. Sterkte aan jul in die tyd van hartseer.

GM ·

Joe, almal is nie geseën met die vermoë om pragtige stukkies poësie te skryf as iemand tot sterwe kom nie. Baie mense sukkel om hul gevoelens uit te druk, maar wil graag dié wat agterbly bemoedig in plaas van net stilbly’, daarom die gebruik van ‘clichés’ – alhoewel elkeen seersekerlik besef dat geen woorde regtig troos sal kan bring nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.