Demi-Leigh groet as Mej.Heelal: ‘Dankie is nie genoeg nie’

Vandag is die laaste dag van Demi-Leigh Nel-Peters se termyn as Mej. Heelal (16 Desember 2018). Foto: Instagram

Vandag is die laaste dag van Demi-Leigh Nel-Peters, ʼn jong vrou van Sedgefield in die Wes-Kaap, se termyn as Mej. Heelal.

Nel-Peters sal binne ʼn paar uur die gesogte kroon aan haar opvolger oorhandig wanneer die kroningsgeleentheid in die Impact-arena in Bangkok, Thailand, plaasvind. Kaartjies vir dié geleentheid wissel van 2 500 Thai baht (sowat R1 000) tot 50 000 baht (ongeveer R22 000).

Nel-Peters (23) het vanoggend ʼn foto op Instagram geplaas van haar in ʼn geblomde japon met die woorde “Miss Universe” agterop. “Goeiemore heelal! Dit is my laaste dag as Mej. Heelal,” het sy onderaan geskryf.

Nel-Peters sê om “dankie” te sê is net nie genoeg om haar jaar as Mej. Heelal te beskryf nie. “Hierdie was so ʼn ongelooflike ervaring, ʼn unieke jaar en een wat ek weet ek nooit weer sal hê nie. Ek is so dankbaar teenoor elke enkele persoon wat hierdie jaar vir my die moeite werd gemaak het, wat saam met my op hierdie reis gekom het en hierdie die ongelooflikste jaar waarvoor ek ooit kon wens gemaak het.”

Die beeldskone Tamaryn Green (24) sal Suid-Afrika op vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig. Foto: Facebook

Nel-Peters stap nie net met ʼn skatkis vol herinneringe weg van haar jaar as inwoner van New York nie, maar ook met ʼn nuwe liefde aan haar sy. Sy het tydens haar jaar as Mej. Heelal ʼn verhouding aangeknoop met Tim Tebow (31), ʼn beroepsbofbalspeler en die liefde tussen die twee blom behoorlik.

Die beeldskone Tamaryn Green (24) sal Suid-Afrika op vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig en die Mej. Suid-Afrika-organisasie het gesê hy hoop vir ’n agtereenvolgende oorwinning by dié skoonheidskompetisie nadat Nel-Peters in 2017 die kroon gewen het. Slegs Venezuela kon dit nog ooit regkry om twee agtereenvolgende jare dié kompetisie te wen, toe die land in 2008 én 2009 gewen het.

Green het vanoggend ʼn foto van haarself as ʼn jong dogtertjie op haar Instagram-profiel gedeel met ʼn boodskap aan haar jonger self. “Jy sal deur moeilike tye gaan en jy sal talle kere misluk, maar jy sal altyd weer opstaan, want jou geloof is sterker en jou geloof in jouself sal een dag net so sterk wees,” het sy geskryf.

“Op 17 Desember 2018 sal jy jou naam trots voor miljoene mense sê wanneer jy die land wat jou grootgemaak het op daardie verhoog verteenwoordig. Hoe wonderlik! Maak nie saak wat gebeur nie, wees trots op die vrou wat jy geword het – die stem wat jy in die wêreld is en daardie goedheid is die waardevolste geldeenheid.”

Angela Ponce van Spanje is vanjaar die eerste transgender-finalis om ooit aan Mej. Heelal deel te neem. Foto: Facebook

Nog ʼn deelnemer wat vanjaar aandag trek by die kompetisie is Spanje se Angela Ponce (27), die eerste transgender-finalis om ooit aan Mej. Heelal deel te neem. Ponce het jare lank hormoonterapie ondergaan en haar geslagsverandering is uiteindelik in 2014 voltooi.

Of sy met die kroon wegstap of nie, Ponce is vasbeslote om ʼn verskil te maak as skoonheidsikoon. Sy het aan die Today-nuusagentskap gesê studies toon 30% van transgender tienermeisies het al probeer selfmoord pleeg en sy wil dié statistieke verander. Deur ʼn rolmodel vir jong mense te wees, wil sy aan hulle wys dit is moontlik om ʼn goeie lewe as ʼn transgender persoon te leef.

Die Mej. Heelal-kompetisie word Maandag om 02:00 op Vuzu (DStv kanaal 116) of DStv kanaal 103 regstreeks uitgesaai. ʼn Heruitsending sal Maandag om 20:33 ook op Vuzu uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ben ·

Wow….die Angela Ponce van Spanje is darem te pragtig. Sy het vir my klaar gewen!

Anton X ·

Ben, Ben, Ben
Lees die berig. Niks is deesdae soos dit voorkom nie. Oppas vir net prentjies kyk, en wil staan en verlief raak. Laat my dink aan ‘n atleet wat onlangs opgang gemaak het. Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.
Persoonlik voel ek ons moet seker in die toekoms ‘n kategorie skep vir mans wat lyk soos vrouens, mans wat aan vroue items deelneem, en dan sommer ook mans gebuk onder pantoffel regering.

Jo ·

@Anton X, dalk moet jy eers helemal verstaan wat transgender is, voor jy sulke oningeligte antwoorde gee.

Abe ·

Demi-Leigh Nel-Peters bly maar ‘n mooie mens. ‘So trots op haar!

LB ·

So julle stem vir iemand wat eers ‘n man was om mej Heelal te word? Dit voel nie vir my reg nie?

Ben ·

Ag, wat maak dit saak? ‘Hy’ is nou n pragtige vrou wat ook n kans mag maak om die kompetiesie te wen.

Mickey ·

Transgender vir n wen….nope nie vir my nie dankie.l!! As sy die grimering afhaal gaan sy manlik lyk.

Mariaan ·

Man…vrou…man…vrou? Mnr heelal van Spanje…hoe werk dit? Nee genade…die een vat dit darem net te ver….

Basjan ·

Mej Heelal.
Kan iemand vir my sê hoeveel hoeveel deelnemers daar van ander planete en sterrestelsels was (buiten planeet aarde)?

H.A. ·

Basjan. Ek kyk nog waar’s die meisie van Venus, seker nie daar nie.

Spike ·

Sjoe, ñ witmens is darem ñ mooi mens. Ek is verlief op hulle.

VanAfrika ·

Baie geluk Tameryn, jy is gekroon as eerste prinses, was so amper n wen gewees. Jy was die heel mooiste van hul almal al het jy die moeilike vrae gehad. Hoe antwoord jy n vraag oor immigrasie met die toestand waarin ons land verkeer en ons verstaan die verhoog waarop jy gestaan het was nie die platvorm om dit te bespreek. In my opinie, jy het eintlik verdien om daardie kroon te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.