Dendron-plaasaanval: Hof erken boere se waarde

Optog teen plaasaanvalle in Augustus 2020 ná die Dendron-plaasaanval (Foto: AfriForum)

TLU SA en die gemeenskap rondom Dendron in Limpopo is verheug dat die hof die waarde van landbouers in die ekonomie erken.

Landdros Charlene Govender het die borgtogaansoek van die drie beskuldigdes in die aanval op Chris en Leonise Joubert van Dendron, verwerp, en hulle bly in aanhouding tot die verhoor begin. ʼn Verhoordatum is nog nie vasgestel nie.

Maroela Media het vroeër berig die aanval het op 5 Augustus vanjaar plaasgevind en die beskuldigdes is in samewerking met die landelike veiligheidstrukture binne ses uur in hegtenis geneem.

Landdros Govender het in die Morebeng (voorheen Soekmekaar)-landdroshof melding gemaak van die geweldige ekonomiese inpak wat ʼn plaasaanval het, veral in Limpopo waar landbou die grootste direkte en indirekte werkgewer is.

Sy het verder verwys na die maatskaplike onrus wat plaasaanvalle op die gemeenskap in die algemeen het en politieke polarisasie wat dit meebring.

“Ons is oortuig dat die vreedsame optogte na die Soekmekaar-landdroshof en die optogte in Hartswater, Thabazimbi, en Naboomspruit deur die hof raakgesien is,” sê Drickus Botha, die streeksbestuurder van TLU SA se Noordstreek. “Ons is verheug dat hulle kennis neem van die pyn wat so ʼn aanval in ʼn gemeenskap veroorsaak. Ons wil elkeen wat ʼn optog bygewoon het bedank vir hulle steun. In Soekmekaar het dit werklik ʼn rol gespeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Bravo vir haar sy het teen die sisteem gegaan

Persheks Adri

Dankie aan die landdros besef dit en gee erkenning aan ons boere! Ek is seker sy besef waar die kos vandaan kom!

Annette

Baie dankie aan die Landdros.

Yvonne

Sy het meer breinselle…wonder ek ….ek sal nie verder daaroor uitwei nie

Nic

dankie landros wens almal was so eerlik om dinge raak te sien sterkte