Denel beëindig vervaardiging van vliegtuigonderdele

Die Suid-Afrikaanse staatswapenvervaardiger Denel gaan een van sy afdelings wat vliegtuigonderdele vervaardig, sluit. Denel Aerostructures se kontrakte word nou aan ander verskaffers oorgedra.

Luidens ’n verklaring het Denel en sy kliënte ooreengekom om die vervaardiging van vliegtuigonderdele aan alternatiewe verskaffers oor te dra, aangesien Denel Aerostructures nie meer vir Denel volhoubaar was nie.

Dit is nie duidelik hoeveel mense hul werk sal verloor nie. “Ons het regtig hard gewerk om werkverliese tot ʼn minimum te beperk en sommige van die werknemers sal na ander poste in die Denel-groep oorgeplaas word. Skeidingspakkette word ook vrywillig aangebied,” sê Mike Kgobe, afdelingshoof van Denel Aerostructures.

Luidens die verklaring sal die sluiting van Denel Aerostructures hoegenaamd geen invloed op die bedryf van Denel Aeronautics, ’n aparte afdeling, hê nie.

Danie du Toit, die uitvoerende hoof van die Denel-groep, sê die besluit om weg te doen met een van sy afdelings strook met die breër langtermynstrategie om Denel te herposisioneer om voortaan meer winsgewend te wees.

Die regering het in Augustus 2019 ’n reddingsboei van R1,9 miljard aan Denel uitbetaal om te voorkom dat die sukkelende maatskappy heeltemal ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ElizeK ·

Ek staar telkemale verstom en verslae na die BEDRAE wat al aangewend is om bankkrot staatsinstellings aan die gang te probeer hou. Ek was nog nooit so negatief oor ons toekoms in SA soos nou nie. Ek wonder hoeveel kan n mens vat voor jy “crack”

Niné ·

Nog n ou Suid Afrika ster wat al dowwer skyn! Dis hartseer om te sien hoe al hierdie instellings onder gaan en mense deur korrupsie, wanbetesteding en bestuur hulle werk verloor.

marius ·

Van ‘n held tot ‘n jellie vis…nes die res van die instellings van die land .

Stefan ·

Denel te herposisioneer om voortaan meer winsgewend te wees.
Dit impliseer dat hulle reeds winsgewend is, hoekom ‘n miljarde reddingsboei?
Of word die inkomste nou as wins gesien???

Jacobus ·

Defnitief, deel van ‘n eenmaal tegnologiese reus deur huidige kabaal ontman. Skande!
Hoop CR spog daarmee by besoekende me Merkel.

Nie Verbaas ·

Denel Aerospace in 1964 gestig en was al die jare winsgewend gewees met talle suksesvolle projekte. Weereens, welgedaan aan die 30%ers!!

Pieter J ·

Dit is wat transformasie aan ń instelling doen. Die bestuur is heeltemal onbevoeg.

Leon ·

So gaan Suid Afrika stadig onder en verdwyn hy in die modder van onbevoegde regering en korrupsie.

Marinliza ·

In my tyd by Aerostructures is ek al deur 7 Section 189’S……eergister se briewe uitdeel was die slegste gewees – almal is plat geslaan want diep binne in jou het jy nog bly hoop vir ‘n wonderwerk.
ek het hierdie company op sy hoogste gesien en ook nou saam deur sy slegste gegaan – en dis ongelooflik hartseer dat hierdie entiteit in besonder sy deure moet sluit. hier is talle rooivalke, Gripens, Boeings, Airbusse, G150’s ens by hierdie deure uit.

Hekwag ·

Die DOMSTE besluit ooit! Deur Aerostructures te sluit gaan nie Denel uit die moeilikheid haal nie. Dis een groot bedrogspul!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.