Denel betaal toe nie R90 miljoen vir salarisse

Die wapenvervaardiger Denel het versuim om miljoene rande aan Solidariteit oor te betaal. (Foto: Denel SOC/Facebook)

Denel is weer in die sop nadat hy versuim het om ʼn hofbevel na te kom waarin hy byna R90 miljoen aan Solidariteit moes oorbetaal om die agterstallige salarisse van sy lede te betaal.

Die wapenvervaardiger moes dié reusebedrag teen 8 Maart betaal het.

Solidariteit het egter nou ʼn lasbrief van eksekusie by die balju ingedien in ʼn poging om die uitstaande salarisse uit Denel te dwing.

“Dit is ʼn skreiende skande dat ons die howe deurlopend moet nader om Denel te dwing om die regte ding so spoedig moontlik te doen,” sê Derek Mans, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit.

“Indien ons dit nie doen nie, word ons lede se toekoms bedreig.”

Die arbeidshof het Denel verlede maand beveel om binne tien dae die uitstaande bedrag aan Solidariteit oor te betaal. Die vakbond het toe al gedreig dat hy die balju opdrag sal gee om beslag op Denel se bates te lê indien hy versuim om gehoor aan die hofbevel te gee.

Solidariteit voer aan dat Denel nie keer op keer kan terugval op die verweer dat daar nie enige geld beskikbaar is om sy pligte na te kom nie.

“Dit wat Denel tans doen, kom deur die bank neer op ʼn totale versuim van pligte: besluitneming is stadig en swak; implementering vind bykans nooit plaas nie en waar besluite geneem word en mense dit wil implementeer, word die nodige fondse nie gemobiliseer nie.”

Sommige van Denel se werknemers moes al vir meer as twee jaar met gedeeltelike of geen salarisuitbetalings klaarkom nie.

Dít nadat die wapenvervaardiger eens die hoeksteen van Suid-Afrika se plaaslike verdedigingsbedryf was. Denel was in 2015 nog ʼn winsgewende en groeiende staatsbeheerde instelling, met R1,9 miljard in die bank en R35 miljard in bestellings op sy boeke.

“Dit is onaanvaarbaar dat gewone werkers met hul lewensbestaan moet inboet bloot as gevolg van die onbeholpenheid en onbevoegdheid van hierdie maatskappy se topbestuur. Dit is ondraaglik en moet teëgestaan word,” sê Mans.

“As Denel nie wil betaal nie, dan lê ons beslag op sy bates. Denel het immers reeds hopeloos te veel van ons lede weggeneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Wat verwag mens van ons ANC besighede wat verval het tot stof met hulle rasisties BEE aanstellings en bevordering? Ek het bitter min simpatie met BEE werkers wat nie salaris kry nie.

Hulle het tog nie gewerk vir dit nie.

Hendrik ·

Ek ken wittes wat daar werk en nog steeds baie hard werk om te probeer om die plek te red wat ook steeds nie betaal word nie of klein gedeelte kry. Van hulle het ook ventilators gebou vir covid in hul vrye tyd sonder om enige vergoeding te kry.

Witbaard ·

Hulle sal nie betaal nie, want hulle kannie. Die geld is OP.

casper ·

As jy nog vir daardie spul werk het jy ernstige breinskade !!!

SwartBees ·

Gaan soek jy as wit man werk en kom vertel ons van jou ervaring.

Lindi ·

Waarheen moet die mense gaan? Daar is nie ‘n “opposisie maatskappy” in SA waar jy kan gaan werk nie. Aan die begin van 2000 toe hulle LIW toegemaak het, was daar ten minste 20 selfmoorde (wat ek persoonlik van weet) want daar was GEEN ander plek om hulle opgeleide kennis te gebruik nie. Dit was ‘n ambag en dis waarin die mense opgelei was. Waarheen?

Andries ·

Indien ek nie eskom betaal ni word my krag afgesny en rente op di uitstaande bedrag gehef.

Indien ek ni my (LBS) belasting betaal ni word boetes gehef en kan dit selfs lei tot tronkstraf.

Onlangs sien ons veldtogte om agterstallige dienste rekeninge betaal te kry. Indien dit ni betaal ni word ni word hierdie dienste afgesny.

Dan is daar ook nog di liewe e-tol stelsel waarmee ons (eintlik) gedreig word – maar di staat kan en mag maar betaal soos en wanneer dit ‘gepas’ is. Wat n skande!

Swerwer ·

Waarom die groot bohaai, kyk maar net wie is in beheer van Denel . Die ANC is nie by magte om enigeiets in stand te hou of hul verpligtinge na te kom nie. Elkeen sit soos ‘n miskruier op sy hopie mis en gee nie ‘n duit om oor wat verder gebeur nie.

Pannies ·

Dit is wat gebeur wanneer onbevoegde politieke aanstellings gedoen word om n mega besigheid te bestuur. So hoes die arme belastingbetaler weer en die ekonomie word vernietig. Daarmee saam die lewensaar van indiwidue. Winsgewende besighede word verwoes, want die ANC regering glo nog in Kommunisme.

T ·

“Indien ons dit nie doen nie,word ons lede se toekoms bedreig”
Seker daarvan julle gaan ook klomp lede verloor wat julle gatsakke gaan raak.
Weereens grootbêk in die media,maar niks konkreet op die tafel nie,of hoe Solidariteit?

Nico ·

Dit wat met Danel gebeur het toe die mags behepte, selfsugtige ANC oorgevat het. Menseis aangestel wat geen kennis van so’n gesigheid het regstellende aksie, so Eskom,Prasa en baie ander eens magtige besighede was. Die salarisse het in die verkeerde hande beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.