Denel bevestig salarisse is in die weegskaal

Solidariteit het vandag formeel van Denel verneem dat salarisbetalings vanaf Oktober 2018 weens ʼn kontanttekort in die weegskaal is. Dit volg nadat Denel, wat in ʼn finansiële verknorsing is weens ʼn geskiedenis van wanbestuur, verlede maand nie betyds salarisse aan senior personeel betaal het nie.

Denel het ook opsies aan vakbonde voorgelê vir korttyd, salarisbesnoeiings en die beskikbaarstelling van vrywillige skeidingspakette (VSP’s) vir kommentaar, aangesien dié opsies uitkoms kan bied wat die korttermynbeskikbaarheid van kontant betref.

Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het bestuur vakbonde versoek om die voorstelle te oorweeg, kommentaar daarop te lewer en/of teenvoorstelle in te dien. “Sowel die voorstelle as die moontlikheid van salariswanbetaling is uiters kommerwekkend, veral aangesien ons steeds wag op terugvoer van die maatskappy oor die vordering wat met forensiese ondersoeke gemaak word, die moontlike stappe wat daaruit moet voortvloei en die uitstaande finansiële ouditverslae. Dit is betreurenswaardig dat nóg Denel nóg sy raad antwoorde op vakbonde se vrae oor hierdie kwessies kan bied,” het Botha gesê.

Solidariteit het intussen bekendgemaak dat hy ʼn petisie van stapel gestuur het waardeur Denel-werknemers ook hul stem kan laat hoor om die besware wat hulle met die maatskappy en die Denel-raad het, te lug en om beswaar te maak teen die afwesigheid van ander remedies buiten voorstelle wat onskuldige werknemers raak. Solidariteit sal hierdie petisie eersdaags tydens ʼn beplande dag van vreedsame protes aan die raad oorhandig.

Solidariteit sal graag met Denel wil saamwerk om moontlike oplossings te vind om die maatskappy weer winsgewend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Dit was nooit so in die vorige bedeling nie. Dan moet nog meer bestuursposte vir ons mede lands burgers gegee word.
Wat ‘n sirkus. Pateties verby.

HvR ·

Ja dit was, Denel was van die begin af ‘n groot gemors, begin 90’s jaar an Denel gestig is het ook 100’e afgedank en salarisse gesnoei. Gebeur as jy skelm politici in bestuur poste druk ongeag van watter bedelling dit is,

LouE ·

Ek is keer op keer geskok. Ek word net nooit gewoond daaraan nie. Dis tyd dat iemand voor ‘n spieel gaan staan en sê: “Ok – ons kry dit nie reg nie”.

Thai Dlamini ·

Thanks, now we can stop making weapons of mass destruction and rather use the money for education

Estelle ·

Thai Dlamini, there is more than enough money to fix the education system. 2 things to remember though.
First: Money disappearing into the pockets of those in government, hence no “available funds”.
Secondly: No one is going to give you the education you need to overthrow them.

Snowball ·

@Thai Dlamini, thanks for a good laugh this morning! Ignorance is bliss I guess. LMAO.

Deneller ·

Om te dink so onlangs soos 5 jaar gelede het ons ‘n e-pos gekry met die gelukwensing dat Denel die SOE was met die laagste voorkoms van onreelmatighede. Dieselfde jaar was ons gereken as een van die top 5 wapen vervaardigers in die wêreld. Het nog beide e-posse. Hoe vêr het ons nie geval nie…

Mrs H ·

Oh Dlamini, perhaps they can take the Denel land and plant “weapon trees”?! As long as BE is in place, God will punish you. You have no right to play god with ANY nation. Nothing you touch, will work for you and “your” people. Laws of nature and the creation.

Konsultant ·

Ek het so bietjie ervaring van hoe dit in hierdie instellings en veral staatsdepartemente gaan. Daar word bv so omtrent 11:00 se kant ingesluip, verdwyn net daarna lank vir middagete en dan vroeg huis toe.
Werk is ‘n bysaak en as dit (die absolute minimum op sub-standard vlak) gedoen word, word dit duidelik gemaak dat dit as ‘n ‘guns’ gedoen word.

Eri ·

Konsultant, ek kan sien jy het slegs ‘n bietjie ervaring aangesien jy aanneem dat dit orals die norm is.

Deneller ·

Soos Eri sê, jy het net ‘n bietjie ervaring. Kom kyk gerus of dit die norm is by enige Denel filiaal en kry meer ervaring.

Henk ·

Slaan my stom en gee my krag! Eri en Deneller, nou vat julle vir Konsultant aan, terwyl julle goed weet dat wat hy sê absolut waar is. Hy praat nie van julle nie en julle weet hy praat nie van julle nie. So op dees aarde, waaroor vat julle hom nou aan?

Ek verstaan dat julle bitter kwaad is en dat julle erg lus is om met iemand te baklei omdat soveel dinge verkeerd is,maar nou kies julle om te baklei met iemand wat in julle kamp staan. Spaar julle energie vir julle werklike teenstanders.

Dit gesê, ek haal my hoed af vir die mense wat nog ,werk, by instansies soos Denel. Dat sulke plekke enigsins nog oop is,tenspyte van die asemrowende wanbestuur en meestel blatante misdaad, is ń masiewe getuigskrif vir julle almal se hardewerk.Dat julle die sinkende skip bo water hou, bloot met jule wilskrag!

Eri en Denneler, ons hou vir julle duimvas en het groot respek vir julle vermoeë en werks etiek.

Konsultant ·

Baie danie Henk. Mooi saamgevat.

(Ek kry die mense met goeie werksetiek jammer in die org’s, want hulle het baie frustrasies.) Ek het inderdaad hoofsaaklik verwys na Snr bestuursvlak ens.)

Die feit (soos gestel in die artikel, asook volgens ander inligting in die publieke domain), is dat dit sleg gaan agv van wanbestuur. Die tegnologiese vaardighede (bv opties, A-Darter ens) is puik en innoverend (baie geluk!), maar bestuur strem voouitgang. Soos ek se, dis bewys.

willie ·

Organisasies soos Eskom, Denel, gaan ten gronde terwyl ons mense die ligte aan die brand moet hou! Dit is simbolies soos om ñ operasie teater te sterilisseer met rioolwater om bestuur te word met hul direksielede en seniorbestuur! Hulle stel net belang in selfverreiking en het nie ñ saak met die doelwitte van die organisasie nie! Tragies verby!

tamboti ·

Ek wonder net as die instellings so ten gronde gaan, of die hogere beamptes genoeg ge-oes het om lank en gelukkig af te tree, of moet hul noodgedwonge weer ń joppie kry om nog te oes. Indien so, raak hul nie bang dat die oorblewende joppies dalk te min raak vir almal nie? Om sulke poste te kry moet hul mos slim wees, kan hul dan nie verstaan van jy moet die hoender wat die eier lê nie net oppas nie, jy moet hom kos en water ôk gee! Eish!

Bul ·

Dlamini: jou regering spandeer hoeveel biljoene aan onderwys maar SA bly die swakste presteerder in basiese taal en wiskunde geletterdheid in die ekonomiese sterkste 70 lande. Nie te praat van wiskunde en wetenskap nie. Se dit nie vir jou iets nie……. indien nie verstaan ek eers.

John ·

Die Guptas se swami’s het byeenkomste in die millitere-museum gehou waar Zuma afgeneem is by sy aankoms. Die familie was hoogs betrokke by die wapenvvaardiger. Die ondergang van Denell en die SAL is doelbewus bewerk sodat hulle die beheer kan oorneem. Was die fluitjieblasers te bekoor deur die nuwe euforiese doepa in die teepotte en word hulle nou eers wakker? Al die inligting van die wapenvervaardiger le nou in die hande van ‘n ander moontheid. Denell kan maar sy deure sluit… of oop los want al wat nou daar geboks sal word is donshael en windbuksies. Sasol sal die rubberkoeels help druk vir ingeval hulle wit werkers weer hul monde durf oopmaak oor ongeregtighede soos dat net anderskleuriges glo vir overtime vergoed word die witvolk moet suffer… hul onverdiende loon verdien… SAL sal maar aanploeg deur die lug totdat sy doppie ook geklink word… en sy liewe heksie sit en sente tel in Bloem langs die troebel watertjies wat afdrubbel langs die vervalle eens teerpaaie terwyl die staatsamptenary heerlik in die nuwe malls die lentekleertjies bekyk… en towncoffee proe-proe…

Jaaa swaer ·

As die klomp wat hulleself die tesourie noem, nou bietjie die koffie begin ruik en die SAL likwideer en probeer om v sy bates te verkoop, kan hulle die vermorste biljoene wat hulle daar inpomp (om geen logiese rede nie), mos nou vermors op denel. Wat is nou eintlik die doel v denel? Om wins te maak? Wat hulle duidelik nie doen nie. Om wapens te maak? Vir watter oorlog? Om korrupte amptenare vet te voer? Jaaaa swaer

m.d.r. ·

As daar dan nie genoeg fondse in die bank is om die werkers te betaal nie, is die antwoord mos voor die hand liggend—-Die bestuur wat daarvoor verantwoordelik is moet EERSTE waai, sonder enige “goue handdrukke”…..!
Watter fondse dan oor is kan eerder onder die werkers verdeel word…!

Denelwerker ·

wat kan mens sê, ek werk al 30 jaar vir denel wat n ervaring!!!!!!! hehe! al wat ek sê is as iemand n sirkus wil sien is dit denel, hulle is erger as die weervoorspelling!!

TANNIE ·

ja nee een groot sirkus. My man werk al 28 jaar daar en wat ‘n groot teleurstelling. jare se diens en lojaliteit en kyk nou !!! Beslis ‘n sirkus – Die makste hond byt altyd die seerste

Dom Wonder Bosvark ·

Het Suid-Afrika nog enigsins strategies, moreel en andersins ‘n Denel nodig? Mens kan mos wapentuig wêreldwyd aankoop. Waarom wapentuig buitelands verkoop wat gebruik gaan word om mense te dood? Om ‘n inkomste vir SA te bekom ten koste van menselewens?
Hoe kan ons nog ‘n Sasol en SAL in vandag se kompeterende wêreldorde regverdig?

Deneller ·

@DWB – Miskien is Denel nie nou strategies regverdigbaar nie, maar as ‘n tegnologie ontwikkelings hub is hy on-ontbeerlik. Van die mees innoverende tegnologie in die wêreld word daar ontwikkel. Die meeste van Denel se geld kom in elk geval in weens buitelandse verkope. Dis waar dat jy wapentuig wêreldwyd kan aankoop; ons is een van die lande waar jy kon wapens koop. Jy kan nie so ‘n tipe maatskappy tot niet laat gaan nie. Dis kundigheid wat jy nie kan terug”koop” nie. Die buitelandse wapen vervaardigers werf ons kundiges by die dosyne. Indien daar nie ‘n daadwerklike poging aangewend gaan word om Denel te red nie gaan ons ook met heimweë praat van die goeie ou dae. Miskien is dit tyd om Denel te privatiseer.

Jerry ·

Vakbonde het nou die geleentheid om daarop aan te dring dat bestuur wat deur kaderontplooiing aangestel was, die eerstes moet wees om skeidingspakkette te kry en hulle te vervang met bevoegde en gekwalifiseerde Suid Afrikaners.

Bees ·

Like that’s ever gonna happen. Hulle sal eerder die huidige kadawers suspend met vol betaling elke maand plus alle voordele.

muis ·

Ek het 32 jaar en 5 maande vir Denel gewerk en het net n oop brief in die hand gestop gekry met retrenchement na al die goeie werk en gertroue diens was soos n warm klap, en die packet na 32 jaar was werklik belaglik, maar die Heer sorg en ek is dankbaar ek het die geleentheid gehad om deel van die goeie ou Denel te kon wees ek is weg in 2016.

SKAPE ·

En vir wie stem ons intiligente deursnit stemgeregtigde Suid Afrikaner volgende jaar…….???
Die ANC. Ongelooflik.

Skande ·

Nog ‘n staatsbeheerde organisasie wat hulle in die GROND in bestuur het .. EN net omdat hulle WEIER om enige raad te aanvaar .. en omdat korrupsie en bedrog hoogty vier.

Nog 'n Deneller ·

Konsultant jou ervaring is inderdaad min, my direkte hoof is een van die senior bestuur, sy salaris is tekort betaal einde September. Hy is soggens al 6:30 op kantoor, ry laat en probeer ons almal nog steeds positief hou. En Henk natuurlik het Konsultant van Denel ook gepraat, Thai you have to jump on the bandwagon but know even less, Denel have more that one division and weapons are only part of it.

Konsultant ·

Nog-‘n-Deneller, ek aanvaar dit so, baie dankie.
Daar is uitsonderlike gevalle en ek salueer hulle almal. Ek het NIE van sodaniges gepraat, maar julle le woorde in my mond.
Seen en voorspoed.

Denelwerker ·

ja jong wat kan n mens sê as alles goed ujtwerk gaan ek einde volgende maand (nov) af, want mens koet nou nog jou eie toiletpapier saamvat!!! hehe

tamboti ·

Het ons Denel nodig?
Dan moet jy ook vra het ons motorfabrieke nodig wat jaarliks hoeveel dood, beserings en skade veroorsaak?
Het ons tabak boere, fabrieke en sigarette nodig – nee maar dit genereer BAIE belasting inkokmste?
Het ons myne nodig want dit vernietig die natuur en besoedel rivier?
Het ons nog hoenderplase en voerkrale nodig want dit is onnatuurlik en immoreel?
Het ons ‘n filmbedryf nodig want hul verrot die waardes van ons kinders?
Waarheen is ek oppad Thai?
Ons het alles nodig wat werk verskaf en ons deel van die wereld, ekonomies en sosiaal maak en groei en sekuriteit bewerkstellig.
Ons het nie afbrekers en diewe nodig nie!(ook finansieel gesproke)
Aan al die harde werkers van Denel, julle besef dat daar twee klasse werknemers in die staatsorganisasies is: Die wat salarisse trek, en die wat werk………

nog 'n Deneller ·

dis maklik om te sê maak Denel toe, daar gaan duisende mense met hulle gesinne op straat sit. Wat hartseer is is dat (ek wil amper sê 85%) van die werkerskorps toegewyd is en wil werk. dis ‘n ongelooflike groot frustrasie as jy sien hoe die company vir wie jy werk net meer en meer klei trap soveel so dat ons salarisse nou in gedrang is. Nou maak kersfees en verjaarsdae nie meer saak nie, jy verduidelik maar vir jou kinders jou belofte van ‘n partytjie is nou nie meer haalbaar nie want nou is ons in “survivor mode” vir oorlewing, (huis, petrol en kos.)
Denel is ‘n wonderlike company en ek sal bitter hartseer wees as ek hier moet weggaan.
maar NIKS is onmoontlik nie en ek bid elke dag vir ‘n wonderwerk vir ons almal.

nog 'n Deneller ·

Dis vir my hartseer dat sommige kommentators so maklik kan sê maak Denel toe…..dit gaan beteken dat duisende op straat gaan sit met hulle families. Hoe kyk jy jou kind in die oë en se jammer kersfees en verjaarsdae gaan nie hierdie jaar saak maak nie want ons is nou in “survival mode” om oorlewing. in plaas van doemprofete te wees of onsinighede kwyt te raak, bid eerder vir ons land en companies soos DENEL.

Koevoet ·

My leke oponinie is dat die meeste van Denel se probleme begin het toe al die verskillende entiteite se inkomste skielik beheer is deur die slimmes by Denel hoofkantoor. Enige inkomste wat deur ‘n entiteit ontvang word, moet oorgeplaas word na hoofkantoor waar geld wanbestuur word. Elke entiteit moet nou smeek vir ‘n paar rand wat hy eintlik alreeds in sy bankrekening het maar nie mag gebruik nie….. Hoe werk dit?

Almal Weet ·

Ja, almal weet waarom dinge só gaan, maar niemand mag sê nie. Daarom sê ons maar niks.

Sarel ·

Dan maak die ANC of hulle kwansuis so bekommerd oor werkloosheid. Hulle het dit dan veroorsaak.
CR voorsien 275000 werkgeleendhede per jaar maar se niks van die duisende wat hul werk verloor nie. Sekerlik meer dan genoemde getal.
Is enige logika moontlik?

Sarel ·

Hi Thai Dlamini,
I am please that you are partaking in this matter. The fact that you are misinformed must not be n hurdel but a meance to expaned you knowledge. you are welcome to give your oppinion but please gain knowledge and also inform other people left in the dark by our goverment for them to also have better understanding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.