Denel dok op vir premierskind se vlieglesse

Die vakbond Solidariteit het oor die naweek onthul dat die staatsbeheerde maatskappy, Denel, in 2017 R1,1 miljoen aan ʼn beurs vir die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, se seun bestee het.

Hierdie beurs is aangewend om vir Supra Oarabile Mahumapelo se private vlieglesse te betaal. Hierdie onthulling volg slegs ʼn paar dae nadat die vakbond aangekondig het dat hy gaan poog om die swak bestuurde nasionale lugredery, die SAL, onder besigheidsredding te laat plaas.

Denel, wat aan die einde van verlede jaar finansieel in die knyp was en moes spook om salarisse aan sy werknemers te betaal, het ʼn kontrak met Mahumapelo jr. gesluit waarin die entiteit homself daartoe verbind het om vir Mahumapelo jr. se vlieglesse, verblyf, kos en wasgoed te betaal.

Volgens Deon Reyneke, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris vir verdediging en lugvaart, is hierdie ooreenkoms omstrede weens die feit dat Denel se beursprogram in die verlede slegs vir studies in IT, ingenieurswese, finansies en sakebestuur gegeld het.

“Die uitbetaling van hierdie beurs is maar net nog ʼn bewys van die hoëvlakkorrupsie wat in talle van Suid-Afrika se openbare ondernemings heers waar kaders dié ondernemings as hul eie persoonlike spaarvarkie gebruik. Gerugte doen voorts geruime tyd lank reeds die ronde dat Mahumapelo sr. verbintenisse met die Gupta-familie en groter staatskaping het,” het Reyneke gesê.

Reyneke het voorts gesê dat die vakbond reeds aan die nuutaangestelde voorsitter van die Denel-raad, Monhla Hlahla, ʼn brief gestuur het waarin Solidariteit die onthullings oor die beurs aan Mahumapelo jr. blootgelê en ʼn indringende ondersoek na die omstrede beurs geëis het. Die vakbond het onder meer ook die vraag aan Hlahla gestel of daar teen Zwelakhe Ntshepe, Denel se uitvoerende hoof, wat die beurs in sy persoonlike hoedanigheid goedgekeur het, opgetree gaan word en indien wel, tot watter mate?

“Solidariteit sal nie skroom om op te tree teen alle openbare ondernemings wat belastinggeld van Suid-Afrikaanse burgers mors nie,” het Reyneke afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Eish ·

Hierdie adjunk Indunas se stropery ken geen perke nie. Wanneer gaan die massas armes se oë oopgaan om te sien dat die meerderheidsregering net daar is om hul sakke te vul?
Maar nou ja, solank jy n stem kan ruil vir n T-hemp of n kospakkie, sal dit voortduur. Skandalig! Alles wat hul aanraak verrot. Kankerbestuur!

Haibo ·

Neewat die massas bring GLAD nie die twee bymekaar uit nie. Solank dit net ‘n comrade is wat geld mors is hulle happy. Hulle dink nie hoeveel arm studente daardie R1.1 miljoen kon laat leer of hoeveel huise gebou kon word nie .. fokus op die boere se grond en verder sien hulle nie hoe word die land leeg geplunder deur die mense waarvoor hulle gestem het nie . want hulle beweer mos die NP het dit ook gedoen so hoekom mag hulle comrades dit nie ook doen nie. Die begrip van VERMORSING van staatsgeld bring hulle glad nie uit by die GEBREK aan dienslewering aan hulle kant nie . daai som moet iemand nog vir hulle maak …

Deneller ·

Kyk mooi, of soos hulle in Ingels se,”Merk my woorde”. Hier gaan niks van kom nie. Solank as wat kaders bly ontplooi word gaan niks verander nie. Die woorde van die podiums af gaan reg klink, maar niks gaan verander nie.

zoom zoom ·

Sekerlik sy deel van die guptas se weal en deal wat gebruik word as ‘n beurs. Hoe onderskryf denel die beurs as hulle kort kort moet staatshulp om lone te betaal. Hierdie ding stink.

Elvira Bothma ·

En so sal die gemelkery aangaan tot in ewigheid. Denel kan julle asb vir my vriendin se seun R100 000.00 gee. Dis AL wat hy nog nodig het om sy lisensie te kry. Hyt pampoene en waatlemoene en groente geplant en verkoop om vir SY lesse te betaal.

Elsabe ·

As ek sulke nuus lees word ek opslag van vooraf verby kwaad. Bonusse wat werknemers self voor spaar en salarisse waarvoor hulle gewerk het was in die weegskaal verlede jaar. Nou kry ‘n oenskynlik finansieele wel-af premier (glo nie hy verdien R5000 per maand nie) se seun nog ‘n R1.1 miljoen beurs en en. Die hele beheer van SA is vrot !!! Nou is daar mense wat medeburgers veroordeel omdat hulle wil immigreer om ‘n beter toekoms vir hulle kinders te probeer kry. Nee wat hulle kan my ‘n verraaier noem en ‘n lafaard en papbroek. Ek gee nie om nie. Om hier te bly en aan te spartel is nie die moeite werd nie. Al moet ek alles opgee (materialisaties) dan is dit ook so. Op die ou einde is dit tog aardse goed.

Paul ·

Dankie Solidariteit dat julle hierdie aangeleentheid in die openbare oog geplaas het, dankie dat julle korrupsie veg, dankie vir jul ongelooflike groot aandeel daarin om mense wat dit nie wel met die land se sake het nie uit te wys. Sonder julle sou hierdie bes moontlik nooit bekend geraak het nie.

Wilma ·

Ons seun moes oorsee gan werk om vi sy vlieglesse te betaal. Ook vragmotors en busse bestuur in hierie misdaadgeteisterde land. Govt buddies kry dit mahala. SIES

Buffel ·

Hoekom betaal die premier nie vir sy maaksel se studies nie hy verkies sekerlik genoeg.?…..nou word die belastingbetaler weer gemelk.

jaco ·

In die apartheidsjare het PW Botha se jongste seun militêre diensplig gedoen in die vloot; iets wat nogal aan streng keuring onderworpe was. By die eerste parlementsopening na sy diensplig begin het, is hy in ‘n elite wageenheid van die vloot opgemerk. Dit was ‘n eenheid waarin net staande mag lede van die vloot kon dien. Kort DAARNA, tydens naweekpas, was PW se seun in ‘n motorongeluk in Milnerton betrokke. Hy was die skuldige party.
Maar al hierdie dinge is toegesmeer en daar het niks van gekom nie.
Hierdie bevoordeling van ‘n top politikus se seun het nou wel nie baie geld gekos nie, maar die beginsel is dieselfde as in die geval met Supra se seun.
Die ANC het klomp goed by “ons” geleer. Hulle pas dit net op ‘n baie groter skaal toe. Kaderontplooiing het hulle ook afgekyk by die praktyk van lekker jobs vir wat vir Broederbonders in die ou SA gegee is.

Wim ·

Jaco hoe jy n ongeluk nou vergelyk met n R1.1 miljoen rands se beurs uit die belasting betalers se sak en n ongeluk waar hy uit sy eie versekering sy voertuig moes vervang verstaan ek nou nie heeltemal so lekker nie ten minste het hy diensplig gedoen ek is nie seker nie,maar ek dink dit was Pik Botha se seun.

Ai nee Jaco ·

Jy se dan self dit het nou nie die belastingbetaler GELD gekos nie so waar val jy nou uit met PW se seun en die ongeluk wat toegesmeer is? Dit is mos meer ‘n saak vir die polisie en staatsaanklaers en het absoluut NIKS te doen met premiers wat die STAATSKAS plunder ten koste van ander studente en werknemers nie . Jy wou nou maar net iets slegs van die NP se, jy het dit nou gese maar dit het GEEN betrekking op hierdie artikel nie. Probeer weer.

snoefie ·

jaco wou bewys lewer dat hy darem “iets” weet van die np. geluk jaco. lyk of ou pik se fam wemel van die badboys. was sy kleinseuns nie ook betrokke by tuks koshuis se poppekas skandaal nie?

Ansa ·

Jaco – Ag foeitog. My bek hang oop! Hoe op aarde regverdig die een saak die ander een? En dit terwyl Denel nie eers sy werkers kon betaal nie. Jy praat snert man.

Michael ·

Elvira kan jy nie sien nie die lesse kosR100000 die miljoen gaan na die premier toe. Zuma het hulle goeg geleer.

Tokkie ·

Zuma het free education belowe – daar die miljoen kon tot 10 studente dra vir ten minste 1 jaar – daar was gese dat slegs huisgoudings met inkomste van 30k en minder kwalifiseer en Supra verdien defnitief meer as dit !!!!!!!!!!!!

Jenny Thom ·

Ja, dit is mos hoe dit gaan in hierdie pragtige RSA- ons arme drommels betaal vir die premier se seun se studies, ons met die standaarde, beginsels en integriteit!! Ai, hulle is geleer deur proffesionele!!! Hierdie koeie met die goue spene betaal sê Wet van Transvaal, en ons doen dai ding!!!!

ONTSTOKE ·

Ek is ‘n enkel ouer en my jongste dogter het verlede jaar klaar gemaak met haar studies, maar omdat ek nie die fooie van R100 000 kan betaal nie, kan sy nie haar graad kry nie! Hoe ironies is dit, dat mense wat het, net nog meer kry!! Dit maak my siek tot in my siel in!

ag asb ·

watter R100 000 praat jy van? as jy n kind op universiteit gehad het, sou jy regte bedrag geken het.

Colleen ·

LOL en het hy nou al sy vlieglisensie gekry? Seker nie en dit na maar as R1miljoen. Sjoe dink net hoe baie huise kon hulle bou met daardie geld of hoeveel hospitaal beddens kon aangekoop word met daardie enorme bedrag.

Eish ·

Wonder of hy nie vir die Gupta’s en Dudu landuit gevlieg het nie.

Joke ·

KOM ONS RAAI .. na die ondersoek gaan alles net stilword en die kamstige premier gaan die gelde moet terugbetaal wat hy nooit gaan doen nie en die seun het verniet gestudeer vir ‘n vlieenier en die premier het al die pad bank toe gelag, ek het nog nie van EEN van die makker gehoor wat die geld terugbetaal het nie . alhoewel daar al VELE hofbevele was dat hulle dit moes terugbetaal HET HULLE NIE .. Het Hlaudi sy geld terugbetaal? Zuma? Malema? Ouch hoe lyk dit vir my soos ‘n grap?

GES ·

Dit is baie interessant. Denel sukkel om sy werknemers te betaal maar maar wanneer dit kom by politieke gunsies is daar geen te kort aan geld.

Werknemer van denep ·

Ai daar gaan my aftrede geld al weer!!!! nou is dit alweer langer werk!!!! Aitog? Dis so lekker om vir denel te werk permanent sirkus

Jordaan ·

Daar is blykbaar nog 3 sulke beurse – sal graag verneem aan wie hulle toegestaan is?

Werknemer van denel ·

ek hoop een is vir my
vir my pensioen graad!!! hehe wag al laaaaank

Andrea ·

Ekt baie vrae… Maar een is: het die kind die kursus geslaag, en sy vlieglisensie gekry? Of betaal Denel aamhoudend tót hy dit kry? My een kollega se seun het 10 jaar gevat syne te kry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.