Denel het R290 miljoen-lening aan Jhb terugbetaal

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg (Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA))

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Dinsdag bevestig dat hy ʼn kennisgewing ontvang het dat die lening van R290 miljoen, wat die wapenvervaardiger Denel die stad geskuld het, terugbetaal is kragtens die terugbetalingsdatum van 10 Desember.

Dit volg ná die omstrede fondsbestuursmaatskappy Regiment Capital die geld via ʼn ongesekureerde lening uit die stad se beursie aan Denel gegee het. Regiments het die stad se R18 miljard bestuur, wat bekom is uit eiendomsbelasting van inwoners, toe Denel die R290 miljoen ontvang het.

ʼn Onlangse verslag deur AmaBhungane het lig gewerp op die beweerde samewerking tussen Regiments-fondsbestuurders, die voormalige burgemeester van Johannesburg Parks Tau, en voormalige burgemeesterskomiteelid van finansies Geoff Makhubo, en hoe die ANC-leiers in Johannesburg na bewering die weg gebaan het dat Regiments Capital die R290 miljoen aan Denel kon oorbetaal.

Regiments het na bewering ook homself verryk deur ʼn fooi van R3,42 miljoen om die lening vir Denel te verseker.

Mashaba het intussen strafregtelike aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary aanhangig gemaak teen Makhubo en Tau. Hy het gesê die lening is aan Denel moontlik gemaak deur die staatskapingprojek.

“Die Stad verwelkom die terugbetaling van die lening, maar dit is jammer dat dié terugbetaling moontlik gemaak is deur ʼn reddingspakket wat gefinansier is deur geld van hardwerkende belastingbetalers. Die reddingsboei was in die vorm van ʼn waarborg van R3,43 miljard aan Denel, wat gewikkel is in bewerings van staatskaping deur die omstrede Gupta-familie,” het hy gesê.

Mashaba het gesê die Stad is tans in ʼn gevorderde stadium met sy eie forensiese ondersoek. “Sodra die ondersoek afgehandel is, en gegewe die ernstige aard van dié oortreding, het ek genl. Shadrack Sibiya, hoof van Johannesburg se forensiese en ondersoek-eenheid, opdrag gegee om ʼn vergadering te belê met die topleierskap van die Valke om seker te maak dat alles moontlik gedoen moet word om toe te sien dat dié oortredings vervolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karolis ·

Sien is glo sy Edele H.M.
Deesdae moet jy bewyse toon van alles wat die regering en/of hulle trawante beweer.

Pop ·

Welgedaan Mnr Mashaba. Dis hoe n mens n stad bestuur. Meer stede en dorpe benodig n Mnr Mashaba

Johan H. ·

As die skuldiges nie die binnekant van daaie tralie hok sien nie, mors julle jul tyd, en natuurlik permanente verblyfreg het,

Natascha ·

Stem, waar is die bewyse?? En dis Desember, die raad sal nou seker daai geld ook uitgee.
Gaan hul, hul agterstallige rekeninge betaal en die geld spandeer waar nodig?

Dabo ·

Was hierdie guns ‘n rentevrye lening ? Teen 7% rente moes die rentebedrag op die lening meer as 17 miljoen per jaar beloop. Gaan dit ook gevorder word ? Ek lig my hoed vir mnr.l Mashaba.

JA SWAER ·

Laat Mashaba bietjie Shadrack Sibiya se salaris bekend maak. En wat Sibyia nou eintlik daar doen. Forensiese afdeling my alie man, as daar ‘n kriminele klag is moet die stadsraad n sook gaan open by n polisiestasie soos enige ander klaer, hkm moet Sibyia ten duurste maak of hy enige iets te doen het met die ondersoek? Dis die SAPD se by-wet-opgelegde plig om die ondersoek te doen. Poste soos die v Sibyia is onverbloemde geld in die drein afgooi

Richard Bold ·

H.M is in oposisie tot die ANC en verrig wonders om die finansiele en administratiewe probleme wat die vorige korrupte administrasie agter gelaat het uit te sorteer.

Wees positief en ondersteun sy poging hy is n rare verskynsel in n omgewing van onbekwame politici en hul mee lopers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.