Denel hof toe oor Khayelitsha-grondbesetting

Die polisie het die besetters se onwettige strukture op Denel se grond in Khayelitsha afgebreek Foto: Thomas Holder, EWN

Die polisie het die besetters se onwettige strukture op Denel se grond in Khayelitsha afgebreek Foto: Thomas Holder, EWN

Denel het Vrydag die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om ʼn uitsettingsbevel te bekom teen persone wat grond in Khayelitsha, wat aan die wapenvervaardigingsmaatskappy behoort, beset het.

Denel het die grondbesetting deur die Ekonomiese Vryheidsvegters veroordeel. “Sulke optrede speel met die emosies van arm mense omdat die persone wat die besetting lei, hulle nie waarsku dat hulle die wet oortree en dat hul hoop aan skerwe sal lê sodra die wet sy gang gaan nie,” het Denel in ʼn verklaring gesê.

“Onwettig besette grond val nie binne die munisipale of provinsiale regering se planne om basiese dienste te lewer nie. Enige onwettige besetting skep dus ʼn groter probleem vir gemeenskappe.”

Nazier Paulsen, die EFF se leier in die Wes-Kaap, het Maandag ʼn groep mense gelei om grond langs die Nolungile-treinstasie in Khayelitsha te beset. Die polisie het die onwettige strukture afgebreek en bewaak steeds die gebied.

Denel het Dinsdagaand ʼn interdik bekom wat verhoed dat enige verdere strukture opgerig mag word.

Lees alle vorige berigte oor Khayelitsha op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Hoekom bou Mal-ema nie vir hulle huise nie. Hy het sy huis wat nie eers klaar gebou was nie vir MILJOENE verkoop!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.