Denel kanselleer beurs vir premier se seun

Talib Sadik van Denel lig die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings toe. Foto: ANA

Denel het Dinsdag aan LP’s bevestig hy het die beursooreenkoms van R1,1 miljoen met Supra Mahumapelo jr., seun van die voormalige premier van Noordwes, beëindig.

Terwyl die voorsitter van Denel se raadsouditkomitee, Talib Sadik, die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings toegespreek het, het hy gesê ʼn ondersoek na die toekenning van die beurs het talle bevindings opgelewer.

Dit het onder meer aan die lig gekom dat die skool waar Mahumapelo opgelei word om ʼn vlieënier te word, nie ʼn instelling is wat deur Denel goedgekeur word nie, asook dat die beurse vir vlieëniers nie geadverteer is ingevolge Denel se beursbeleid nie en die beurs sonder die behoorlike keuringsproses toegestaan is.

“Daarom het ons die beurs gekanselleer,” het Sadik gesê. Hy het bygevoeg Denel behou hom die reg voor om enige gelde terug te eis wat reeds vir Mahumapelo se studie betaal is.

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, het in Mei bedank, kort nadat pres. Cyril Ramaphosa die provinsiale regering in Noordwes onder administrasie geplaas het.

Betogers het weke lank aan gewelddadige protesoptredes deelgeneem om te eis dat Mahumapelo sy tasse pak. Inwoners beskuldig die premier van korrupsie wat hulle meen die rede is vir die swak toestand waarin die provinsie verkeer.

Die Valke het in Maart ʼn klopjag uitgevoer op Mahumapelo se kantoor en die departemente van finansies, ekonomie en ondernemingsontwikkeling. Die Valke in Noordwes het in daardie stadium gesê dit volg ná bewerings van wanadministrasie, bedrog en korrupsie ter waarde van ongeveer R160 miljoen.

Daar is ook destyds kort voor Mahumapelo se bedanking beweer dat hy grootliks meegehelp het dat beeste ter waarde van meer as R1 miljoen wat vir opkomende boere in Noordwes bedoel was, aan oudpres. Jacob Zuma geskenk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit gaan my verstand te bowe om te sien dat staats instansies wat vir spesifieke funksies daar gestel is se tyd en geld vir heeltemal ander doelwitte aangewend word. Denel…. beeste vir Zuma….

Alki ·

Hierdie baantjies vir boeties moet nou end kry, meer as die seekoei se oortjies wys nou

liz ·

Verblydende nuus, gee dit vir ‘n jongmens wat dit werklik op meriete gebasseer verdien, nie omdat sy pa, se oom se wat ookal iets is nie.

LouE ·

En wat word van die persoon wat die beurs in die eerste plek goedgekeur het? Hy moet ook die trekpas kry.

Annelize ·

Die persoon wat die beurs toegeken het is ek 100% oortuig daarvan het ‘n lekker vet “kick back” gekry. R1.1miljoen se beurs? Goeie hel, waar wou die mannetjie leer vlieg? Ek sal my kop op ‘n blok sit meer as die helfte van daardie geld is as “kick backs” onderverdeel onder die kaders. Hopenlik vlieg hy nou in sy kanon in.

B ·

En die persoon wie dit regverdiglik moes kry ? (Alhoewel ‘regverdig(lik)’ nie meer bestaan in SAt nie)

zoom zoom ·

As ek reg onthou het Supra gesê dat as die beurs vir sy seun verkeerd is sal hy die geld uit sy sak terug betaal. Kan MM die stellimg deur sy edele Supra opneem en kyk of hy gestand doen aam wat hy gesê het

Magda ·

Mooi so Denel!! Gee eerder beurse aan kinders wat dit eerlik en opreg verdien. Kinders wat hard werk van gr 1 af om puik matriekuitslae te kry omdat hulle wit is en nie sommer in aanmerking kom vir beurse nie

Henry ·

Wat is so danig ‘mooi’ van Denel se optredes!
Om ‘n beurs van R1,1 miljoen aan die siel toe te ken en wat ongemerk sou voortgegaan het indien sy pa – Mahumapelo – nie in onguns verval het nie???
Hoeveel skelmstreke is daar nog by Denel wat waarskynlik nooit die daglig gaan sien nie.

Annelize ·

Is darem maar lekker as pappie toutjies kan trek sodat die kinders met hulle gatte in die botter kan le.

Niks in hierdie land word meer uit verdienste ontvang of toegeken nie, dis wie jy ken, en wie jy omkoop.

SjN ·

Vervolg almal betrokke by die ongemagtigde lening en Supra met sy bees skelmstreke, dit beteken nie as hy bedank het hy is nou nie meer verantwoordelik nie.

Amelia ·

Iets se vir my Denel probeer iets toesmeer. Ewe skielik geloofwaardig maar juis moes dit nou uitkom met die staatskaping stories en sake? Wil Denel nie net vir ons n doek voor die oe hou om te se hul is eerlik nie?

Johan ·

Die goeie aankondigings van departemente en SOE laat my dink aan die verhoging/verlaging van petrolprys.Verhoog met R5 dan maak n groot aankondiging oor 50c verlaging.Dankie Mnr Sadik maar waarin ek meer Belang stel terwyl jy op die podium is,hoe en wie het dit reg gekry om n wapen vervaardiger van wereld gehalte,met van die beste ingeneurs in die wereld,af te gradeer na n patroonvervaardiger wat nie salarisse kan betaal nie?!Wat doen julle daar?!Die G5/6 is in die laat 70’s,vroee 80’s ontwerp!!So ook die Rooivalk!Die Ratel,Kasper,Blesbok,Injala,ens!!!!!Het julle van ’94 enegeiets nuut ontwerp of gebou.?!Noem net een wapen al is dit n knopkierrie!Salk liewers jou kop in skaamte en vertel ons n grappie…..

ne ·

Stem saam Johan! Zuma sou he-he-he gelag het as die vraag on die parlement gevra was.

Adri ·

Johan, nou is jy onredelik. Hulle het al die mense met die kennis en vaardighede huistoe gestuur met ‘n troostjekkie. Wie moet nou hulle goeie werk voortsit? Die wat nou daar is, wag net elke maand vir hulle onverdiende salaristjek; niks anders is van belang nie.

jaco ·

hier in die apartheidsjare het president PW Botha sy militere diensplig in die SA Vloot gedoen. bitter min ouens is gekeur om diensplig daar te doen. Dit was ook nie lank nie, toe word PW se seun deel van ‘n spesiale wageenheid van die Vloot – ‘n wageenheid wat eintlik net vir staande mag lede was.
Terwyl PW se seun sy militere diensplig gedoen het, was hy tydens naweekpas in ‘n motorongeluk in Milnerton betrokke. Die details van daardie ongeluk is netjies toegesmeer.
Ek gee toe hierdie voorregte vir President PW Botha se seun is seker 100 maal minder as die voorregte vir Supra Mahumapelo se seun, MAAR die beginsel van voorregte kry omdat jou pa ‘n VIP is, is maar dieselfde.
EN dit het maar in die ou SA ook gebeur.
‘n ander ding was lekker jobs vir Broederbonders in die staatsdiens, onderwys, SANLAM en Volkskas. Dis mos maar dieselfde as “kaderontplooiing” en BEE…
Kortom, Ramaphoza se “our people” het hierdie dinge by “ons” geleer. hulle toepassing is net baie meer tot die nadeel van die land.

Al ·

Net omdat jul uitgevang was, anders was meneertjie al klaar geleer en graad gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.