Denel nou ook by OB verkla oor salarisse

Die vakbond Uasa het die sukkelende Denel nou ook by die Openbare Beskermer (OB) verkla oor die betaling van uitstaande salarisse aan sy lede.

Uasa het die arbeidshof nou al verskeie kere genader om in te gryp by die wapenvervaardiger en sy bestuur te dwing om werkers se salarisse te betaal. Dit word egter steeds nie gedoen nie.

Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond, sê Uasa het verskeie voorleggings aan die Denel-forum gemaak, wat bloot verontagsaam is. Dieselfde is gedoen met die hofbevele wat Denel dwing om uitstaande salarisse te betaal.

Uasa sê hy het geen ander keuse gehad as om die OB te nader nie.

“Wat die teleurstellendste is, is dat die regering as alleenaandeelhouer van Denel nie bereid is om die geraakte werkers te help nie. Die R2,9 miljard-reddingsboei vir Denel is slegs vir skuld en nie vir die betaling van salarisse nie,” sê Moyo.

Uasa vra die OB nou om enige vorm van wanbesteding te ondersoek en ʼn aanbeveling te doen oor hoe om die algehele ineenstorting van Denel en sy afdelings af te weer.

Moyo sê verskeie van die vakbond se lede gebruik deesdae antidepressante weens die druk wat die wanbetaling van salarisse veroorsaak, terwyl ander dringend sielkundige hulp moes kry om te keer dat hulle selfmoord pleeg weens die verknorsing waarin hulle gedompel is.

“Nietemin toon die instelling steeds geen belangstelling in die welstand van sy werkers nie. Miskien is dit omdat hulle nie die lyding van ons lede voel of hulle as die waardevolste bate beskou nie.”

Uasa sê hy hoop die saak word met dringendheid ondersoek en dat werkers die salarisse ontvang wat hulle toekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

casper ·

Die meeste wat talent het is klaar weg by die firma al jare gelede — Patetiese swart bestuur en kaders het hierde reus vernietig !!!

jzjz05 ·

Viva ,ANC :_DIE beste wat julle kan doen is raak onsiae van die kaders,en stel mense wat bekwam is aan. Verseker is dit teveel gevrae vir die ANC regering of bewys my verkeert .

Sanette ·

Wat ‘n grap is hierdie nie! Die OB is self die grootste grap in SA en nou moet sy Denel en die regering dwing? om salarisse te betaal. Word wakker UASA…die hoogste hof kan Denel en sy aandeelhouer – die REGERING – nie eers dwing om salarisse te betaal nie, wat gaan hierdie nar regkry?

Willem ·

So die “Staat” kan nalaat om mense se salarisse te betaal en hofbrvele bloot ignoreer. Kan enigeen aan my verduidelik waarom ek my aan die “Staat” moet steur? Ons is volgens ons befaamde grondwet mos almal gelyk nie waar nie!?

Elize ·

So hoekom het Uasa nie iets gedoen terwyl die kaders besig was om die plek leeg te dra nie…..

Willem ·

As ek dit nie mis het nie vorm uitstaande salarisse ook deel van “skuld”. Alle gelde wat deur een onderneming aan n ander onderrneming oorbetaal moet word vir dienste of produkte gelewer en aan die einde van n boekmaand of boekjaar steeds uitstaande is vorm deel van ” skuld”.

Roedolf Johannes ·

Dit WAS een vd beste firmas om voor te werk tot en met 1994 .Gelulkig weet almal HOEKOM dit so was.

Nie Verbaas ·

Met die hoeveelheid klappe wat ANC op n gereelde basis in die gesig kry is dit verstommend hoe arrogant hulle is om nog steeds die land te wil regeer. Volgens hulle 30% gedrewe standaard vaar hulle seker bogemiddeld.

Nico ·

Die eens magtige DENEL af in die riool pype, weereens onkundigheid.

annie ·

Die Gupta’s moet die rekening kry. Stuur dit via die waarnemende president glo ene Zuma. Hy mag dalk al van hulle gehoor het.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Likwideer DENEL.

Die ANC se kommunistiese Mzansi National Democratic Society Corrupt & Useless Animal Farm is nie ‘n DENEL waardig nie. Die kommunistiese lande kan Mzansi eAfrica van wapentuig voorsien.

KB ·

Daar bestaan nie iets soos Mzansi nie. Waar kom julle aan die woord?

Moedeloos ·

Waar is die EFF nou hoekom toi-toi hul nie voor Danel nie. Is dit omdat dit die Regering is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.