Denel ontvang aanmaning oor geldkrisis

Anton van der Bijl. Foto: Reint Dykema

Solidariteit het Vrydag ʼn aanmaning ingevolge artikel 165 van die Maatskappywet op Denel beteken om regstappe te doen teen individue wat verantwoordelik was vir die maatskappy se finansiële verknorsing, of wat daartoe bygedra het.

Dit volg nadat Denel vroeër vandeesweek in ʼn boodskap aan werknemers gesê het dat hulle net 85% van hul salaris vir Junie sal ontvang weens die instansie se voortgesette likiditeitsuitdagings. Pravin Gordhan, minister van openbare werke, het ʼn dag later gesê werknemers se salarisse sal wel ten volle betaal word nadat ʼn lener intussen tot Denel se redding gekom het.

Solidariteit het Vrydag daarop gewys dat verskeie onreëlmatighede aan Denel uitgewys is in die vakbond se Denel-dossier wat in April verlede jaar aan Denel verskaf is. Dit het tot verskeie afdankings by die instelling gelei.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Regsdienste, kan Solidariteit kragtens dié artikel Denel aanmaan om onreëlmatighede te ondersoek en om binne 60 dae nadat die aanmaning op hulle beteken is, regstappe in te stel.

“Hierdie saak is enig in sy soort in dié sin dat staatsamptenare verbonde aan staatsondernemings van nou af aan moontlik direk aanspreeklik gehou sal kan word vir wandade wat by dié maatskappye gepleeg word,” verduidelik Van der Bijl.

“Indien die beweerde onreëlmatighede nie ondersoek word nie, en/of indien daar nie regstappe ingestel word weens die bewese onreëlmatighede nie, kan ons voortgaan om in Denel se plek die verantwoordelike persone te dagvaar. Dit is tyd dat persone verantwoordelik gehou word vir hul wandade en aan die pen ry.”

Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het die onlangse salariskwessies by Denel en die daaropvolgende verwysing deur Danie du Toit, asook deur Gordhan, na die invloed van staatskaping op Denel, dit nou duidelik gemaak dat daar wel grondige rede is om hierdie aksie in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

aj ·

Hou werknemers aanspreeklik vir verliese proposioneel tot hulle voordele uit Denel.

Sodat elke wernemer mede aanspreekilkheid dra vir die lewensvatbaarheid van die maatskappy.

Sonder mede aanspreeklikheid van elke werknemer word Denel net NOG ‘n melkkoeie van die staat wat ALMAL probeer leegmelk.

Jerry ·

Sterkte vir n moeilike taak. Om Denel werklik te red beteken dat daar geen kader meer van middelvlak tot die mees senior vlak moet wees nie, wat indruis teen regeringsbeleid van regstellende aksie. Die kaders wat geimpliseerde kaders dus sal vervang, sal dieselfde pad stap. Jy gaan die slang se kop afkap net om agter te kom dat die volgende kop ook aan dieselfde slang behoort!

Ai. ·

Baie goeie punt Jerry…so kom ons raai wat is die eind resultaat vir Denel…

lewies ·

Dis weer wit pretbederwers wat nie poeding wegneem. Wat gaan die uiteinde van hierdie sake wees. “Die slang se kop wat afgekap word” . Jerry dis presies waarmee ons tekampe het, maar as ons byle skerp genoeg is, behoort die prosesse pynloos en onophoudelik plaas te vind.

piet piet ·

Daar is nou geen meer twyfel oor die onbevoegdheid van die staat nie ,dit blyk hulle is nie meer bevoeg om n spaza winkel te bestuur nie die staats departemente val nou een vir een nog n rede om die vervalste diskriminerende wette teen wit mense te skrap sodat hulle kan help om die ekonomie om te draai.

Waarheid ·

Sterkte Solidariteit!
Ek glo in julle.
Hoog tyd dat hierdie parasiete uitgeroei word.

Arie ·

Niks van die staat werk reg nie maar hulle weier privatisering, as mens dom is is jy dom daar kan niks aan gedoen word nie kyk na ons regering!!! Hulle klou vas aan komunisisme en dit sal nooit verander nie????

ne ·

@Arie – stem saam met jou. 1000% reg gestel.
Die belasting betaler sal maar weer moet opdok vir die LAAAAANG vingers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.