Werknemers van Denel is gewaarsku dat hulle moontlik nie betyds hul salarisse vir Julie gaan ontvang nie.
Danie du Toit, uitvoerende groepshoof, het Maandag in ʼn skrywe aan die werknemers gesê gesprekke met banke om oorbruggingsfinansiering te bekom om die maatskappy te ondersteun, verloop vlot. “Ons sal binnekort die uitslag van dié onderhandelings bekend maak. Die realiteit is ongelukkig dat daar ʼn kans bestaan dat ons nie in ʼn posisie sal wees om aan die einde van Julie die salarisverpligtinge van ons werknemers betyds kan nakom nie.”
Du Toit het gesê Denel bly vol vertroue oor die regering se voortgesette ondersteuning aan die maatskappy. “Ons sal na verwagting die noodsaaklike herkapitalisering teen die einde van September 2019 ontvang.”
Volgens hom het Denel reeds met die proses begin om dringend van nie-kernbates ontslae te raak en strategiese gelykheidsvennootskappe in die verskillende afdelings van Denel te vestig.
“Die volgende paar maande gaan baie moeilik wees. Ons doen ʼn beroep op elkeen van ons personeellede om geduldig te bly tydens hierdie uitdagings. Kom ons ondersteun mekaar tot die beste van ons vermoë en bly verenig om die beste belange van Denel te beskerm. Ons werk onverpoosd om die onmiddellike krisis op te los,” het Du Toit bygevoeg.
Die maatskappy verwag ʼn inspuiting van meer as R30 miljard oor die volgende 24 maande.
Denel het verlede maand aanvanklik nie genoeg gehad om sy personeel te betaal nie en kon net sy verpligtinge nakom nadat ʼn lener tot sy redding gekom het. Dit was egter steeds nie moontlik om pensioenbydraes vir die maand te betaal nie. Denel het verlede jaar ʼn verlies van R1,7 miljard gely.
Solidariteit het intussen gesê hy is ontstoke oor nuus dat Denel-personeel se Julie-salarisse dalk nie betyds betaal sal kan word nie. “Dit is totaal onaanvaarbaar as salarisse nie betyds betaal word nie en ons veroordeel dit. Dit hou enorme en verreikende gevolge in en Solidariteit is gereed om Denel die stryd aan te sê,” het Helgard Cronjé, Solidariteit se koördineerder vir die verdedigings- en lugvaartsektor, gesê.
“Die gedagte dat Denel nie die betaling van die Julie-salarisse kan waarborg nie is, om die minste te sê, totaal onaanvaarbaar. Herkapitalisering sal op sy eie nie Denel se finansiële krisis oplos nie. Dit is hoogstens ʼn korttermynoplossing,” het Cronjé gesê.
Indien salarisse weer nie ten volle betaal word nie het Solidariteit geen ander keuse as om dringend voort te gaan met regstappe teen Denel nie. “Bestuur se kommunikasie met werknemers is meer deursigtig en die vakbonde waardeer die bestuur se pogings, maar die werklikhede wat ons lede in die gesig staar, bly steeds staan en as ʼn vakbond moet ons doen wat ons te doen staan om ons lede se regte te beskerm,” het Cronjé gewaarsku.
Solidariteit het in April 2018 die sogenaamde Denel-dossier onthul. Daarin word talle aanklagte van wanbestuur, en selfs moontlike korrupsie deur lede van die vorige bestuur wat tot Denel se finansiële verknorsing gelei het, gedokumenteer.
ʼn Forensiese ondersoek is ook gedoen. Denel het in 2019 bevestig dat stappe teen die betrokkenes beoog word. Solidariteit het egter geen bevestiging van enige stappe ontvang nie en die skuldiges wat aan die pen moet ry, word steeds nie daarvoor aanspreeklik gehou nie.
Tito Mboweni, minister van finansies, het vroeër aangekondig hy gaan befondsing uit die gebeurlikheidsreserwes toewys aan Denel, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en die SAUK. Mboweni het nie die bedrae wat aan die staatsinstellings gegee sal word bekend gemaak nie.
Is dit net Solidariteit wat reageer? Wat van die ander unies?
Klink asof Denel dink hul werkers is oorgewig.
Sal graag van Menere Gordan en Ramaposa wil hoor of hulle vir ons van hulle geld wil afstaan om ons skuld en blyplek te betaal
Die werk wat Denel veronderstel is om te doen, regverdig dit die talle kapitale inspuitings vanaf die regering, (belastinggeld)? Dit lyk asof mense meer op salarisse konsentreer as uitsette. Watter uitsette het Denel in die laaste paar jaar in terme van geld gelewer as mens dit met die geld vergelyk wat Denel tot sover ontvang het? Regverdig die finansiering van Denel die tasbare uitkomste / produkte waarvoor finansiering toegestaan is? Vra maar net…
Alles wat vooruit strewend was is in hulle verstand in afgebreek deur hierdie onbevoegde regering. Daar is nie een staat onderneming wat nie finansieel in die moeilikheid is nie. Alles weg geswendel
Wat van ‘n paar maande staking, dit sal hulle leer en jul joppies veilig stel!
Ons blankes staak dit sal nooit gebeur nie want ons kannie saam staan nie kla ja en baie praat dit kan ons baie goed doen
Ek hoop jy maak ‘n grap. Niemand wen ooit met ‘n staking nie. Nie die staker nie en ook nie die werkgewer nie. Dit klink baie romanties om te staak, maar gaan maak jou somme. Dit neem maande om net weer gelyk te breek met waar jy was voor die staking. Ek was in twee 8 weke stakings. mense het ook gedink hulle het die maatskappy aan die korthare beet. Baie goedere is teruggeneem, motors, TVs, yskaste, meubels en selfs huise. Na die staking het jy jou 10% of wat ookal gekry, maar in die proses jou eie naam beswadder. Hoe kyk jy jou familie in die oë en regverdig dit?
Nee wat,Denel is net soos die res,Eskom,SAL,Poskantoor,Gesondheidsdienste ens wondelik in sy dinges in getransformeer ANC -style. VIVA kerels,VIVA!
Dis omdat amper al die geld gestroop is deur die comrades dat dit gebeur het ,
Die land het sy gat gesien dit is ons blankes wat loop en slaap
Soos die SAUK,Eskom,SAL en al die ander SOE’s is hy bankrot “ge-transformeer” danksy kader ontplooing,korrupsie,onbevoegdheid,nepotisme en so kan mens aangaan. Nog ‘n voorbeeld van die patetiese ANC se onbevoegdheid om enige iets behoorlik te bestuur. So sal hulle aangaan tot daar niks meer oor is om te vernietig nie.
Ek kan my nie eers probeer indink wat hierdie werknemers elke maand moet deurmaak en wat hul onnodige uitgawes beloop a.g.v. laat-betaling nie.
Dit wil voorkom dat Denel nie ń winsgewende maatskappy is nie hoekom word hy nie bankrot verklaar dan is dit nie meer die staat se verantwoordelikheid nie.
Dit is weer n bekommernis vir ons as werknemers, maar Danie probeer sy beste om die problem uit te sorter. Denel was jare goed vir baie van ons, maar gevolge van die vorige bestuur het hom in die panarie gedruk en nou moet hy probeer om die kaiings uit die vuur te krap om te red wat daar te redde is. Ek dink nie dit is maklik nie. Ek weet nie of hy slaap snags nie. Ek glo nie een van ons wil in sy skoene staan om die gemors wat aangejaag was, weer op te tel nie. Aanvanklik is daar groter bedrog as wat ons gedink het en ons kan Danie nie blameer vir die huidige probleem nie. ja, dit gee ons groot bekommernisse, slaaplose nagte, negatiewe gevoelens, maar nog het ons n verpligting om ons werk te doen. die vorige bestuur was 100% glad nie bevoeg om die plek staande te bly nie. Hoe het ons altyd gesê, die Bestuur aan bewind kry die koek , maar ons moet tevrede wees met die krummels. Kan net vir Danie sê, hoop daar is n liggie in die donker tonnel vorentoe, want dit kan nie so aangaan nie. Sterkte Danie en laat ons net Bid en Vertrou dat die probleem, betreffende ons salarisse betyds uitgesorteer word.
Sterkte Kraai en jou kollegas.
Dankie Wilma, dit is net die ongerief om dt en aftrek orders by die banke te gaan uitsorteer, want die betaaldatums is nog nie bevestig nie. Dit kan tussen die 25ste tot die 7de Augustus wees. Dit is ons slaaplose nagte.
Die hartseer realiteit is dat nie een van die maatskappye (Denel, SAUK, SAA) werklik meer bestaansreg het nie, maar die werknemers het ‘n maand se eerlike werk verrig en verdien om hulle salarisse te kry. Ek kan nie ‘n goeie uiteinde sien nie
Hou net moed, alles gaan regkom, gaan net tyd vat.
Danie het n groot taak op hande en hy gaan verseker n verskil maak.
Dit gaan nie oornag gebeur nie nie, maar dit gaan gebeur, bly net positief.
Sê mens dit nou vir die naasbestaandes van die briljante ingenieur wat van die toetstoring afgespring het ? Ek hoop jy het die oorledene se broer se brief in dié verband gelees.
Hoe kan jy vir mense se om geduldig te bly en mekaar ondersteun as jy n familie/s moet onderhou, huis om te betaal, motor, kos koop ens. Dis n belaglike en onmenslike ding om te se. Gaan DENEL die skuldeisers van daardie mense se deur afhou? Hierdie kan op n baie lelike ding afloop mense stres ly aand depressie en dan doen hulle dom dinge.
Julle is ongevoelig gaan haal die miljoene by die wat hulle hande in die “cookie Jar” gesteek het.
As dit moontlik is vir die werkers moet almal sommer bedank of op pensioen gaan laat hulle voort sukkel! Ek raak sommer benoud vir die mense se part my hart gaan uit na hulle. Ek het n vriendin wie se man vir DENEL werk is dit baie stresvol vir hulle.
As ek ‘n Denel werknemer was het ek maar my CV opdateer op hierdie stadium.
Die skrif is al baie lank aan die muur.
Daar is nie veel hoop vir Denel nie. Die vorige bestuur het die organisasie oor die afgrond gedruk. Enigste oplossing is om ‘n goeie koper te vind. Du Toit alleen sal Denel nie kan red nie.
Ai, Kraai & Deneller, julle klink vir my na baie lojale werknemers. Ek bid vir julle asook vir Danie en vertrou dat uitkoms naby is! Baie sterkte vir julle almal in hierdie uiters moeilike situasie. Ongelukkig is dit tans die werklikheid dat dit nie so maklik is om net ‘n CV op te dateer en te hoop op iets beter nie.
Suid-Afrika kan eenvoudig nie meer ‘n staats wapenvervaardiger bekostig nie. Dit is ‘n luukse. Krygkor kan deesae op die ope mark wapens aanskaf vir die SANW. Dis soos vir ‘n hoekkafee wat probeer meeding met ‘n kettingwinkel. Denel leef nog met die sanksie mentaliteit van die vorige bedeling. ‘Smell the coffee’!
TFM wat die Casspir vervaardig het, het gesien die skrif is aan die muur en lankal hulle sakeplan verander en is nie meer betrokke in die wapenbedryf nie. Suid-Afrika is nie in ‘n oorlog gewikkel nie en die verdedigingsbegroting krimp jaar na jaar. DiE SANW kan nie wapens koop nie want daar is eenvoudig nie geld nie. Denel het reeds ‘n reputasie dat hulle nie meer betroubaar is met die lewering van goedere volgens ‘n vasgestelde tyd aangesien hulle nie meer die geldelike vermoe het nie. Dis jammer maar dit is tyd dat die Denel werknemers begin uitkyk vir ander werk.
Tot en met die stroping het ons omtrent al ons produkte vir die buiteland gemaak. >70%
Ek stem saam met jou Kraai ek glo Danie ons kan red maar dit sal tyd vat. Verder Bid maar vir beter dae.
Dankie Morne, waardeer. Christo ek is ongelukkig op die ouderdomsvlak dat ek nie werk sal kry nie agv my ouderdom van amper 62 jaar. Ek het al so gewens ek kon iets doen vanaf die huis wat die moeite werd is om te bemark, maar ons moet elke jaar vorms teken dat ons nie buite Denel ander werk het nie. Dis maar moeilik hoor>>>>
Hallo Bert en Deneller, ons het ±2 jaar terug saam met die Unies voor Denel se hoofingang bymekaar gekom en vereis dat die bedrog – betrokkenis moet uit by Denel en dit was DIE MEES immisionele oomblik in my Denel lewe. ek het noooooit aan enige Unies behoort in al my jare diens, maar het vinnig van plan verander. ek het net besluit dat ek nou vinnig n plan moet maak, en toe sluit ek aan by Solidariteit. Nog nooit nodig gehad om te toi-toi nie of deel te neem aan n staking nie. Dit wys net weereens hoe dinge verander het. Die soustrein het nog nooit “halt” geroep nie. Dankie aan almal wat ons belange op die hart dra.
Christo en Frans, dit is geldige opmerkings wat julle maak. Ek het ook vir die staat gewerk en aangehou met die versekering van die bestuur dat daar hoogs opgeleide persone met die amalgamasie proses akkomodeer gaan word. Toe ek my oë uitvee is twee van die drie menere wat ons saligheid in die staatsopset kom bevestig het skoonveld. Ek is toe van die persone wat agv afskaling goedgunstiglik gedwing is om op die ouderdom van 38 ‘n pakket te aanvaar. In nabetragting moes ek vyf jaar vroeër pad gevat het. Ek kry die mense wat jare diens het en steeds daar werk jammer. Denel se dae is na 1994 getel. Ons wapentuig was en is seker nog steeds van hoogste gehalte maar tye het verander. Denel is soos baie ander soortgelyke organisasies tans die melkkoei of bankvarkie vir baie. Sterkte, hoop dinge kom reg vir julle.
Jonges wat die beroepsmag betree moet besef die dae van gelukkig werk en lojaliteit is verby. Doen jou werk, maar besef dat jou werkgewer min simpatie met jou het indien sake suidwaarts gaan. Indien daar probleme is, skakel oor na Plan B.
Ek sê maar net, maar Denel sukkel klaar om hulle mense te betaal. Solidariteit gaan dit beslis nie makliker maak om hulle hof toe te sleep en nog ‘n helse klom prokureurs kostes ook by die probleem te las nie.