Denel se nuwe baas bekendgemaak

Danie du Toit is tans besturende direkteur van Saab Medav Technologies in Nürnberg, Duitsland. Hy is ’n oudleerder van die Hoërskool Punt op Mosselbaai en het drie grade aan Unisa verwerf. Foto: Linkedin

Die departement van openbare ondernemings en Denel sê Daniël du Toit is aangewys as die nuwe uitvoerende hoof van dié staatsbeheerde wapenvervaardiger nadat die kabinet sy aanstelling goedgekeur het.

Dit kom nadat Zwelakhe Ntshepe in Mei vanjaar met onmiddellike inwerkingtrede bedank het ná 20 jaar by Denel weens wat hy persoonlike redes genoem het, en vervang is deur Michael Kgobe, hoof‑ uitvoerende beampte van die filiaal Denel Aeronautics, in ʼn waarnemende hoedanigheid.

Denel sê Du Toit is hoogs ervare in die verdediging- en vervaardigingsektor en het ʼn uitstekende loopbaangeskiedenis wat waarde tot die Denel-groep sal toevoeg. Hy sal na verwagting op 14 Januarie diens aanvaar.

Monhla Hlahla, die voorsitter van Denel se raad, sê Du Toit sal kan voortbou op die regrukstrategie wat vroeër vanjaar vir die sukkelende maatskappy goedgekeur is.

Vanjaar was die raad se eerste prioriteit om die maatskappy se bestuur te bestendig en ʼn nuwe groephoof aan te stel wat ervaring van die bedryf het.

“Ons sien daarna uit om saam met mnr. Du Toit te werk om rigting aan Denel en sy filiale te gee ingevolge die maatskappy se visie, kernwaardes en strategiese strewe,” het Hlahla gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anonieme Lafaard ·

“… en ‘n nuwe groephoof aan te stel wat ervaring van die bedryf het.” Na dekades en miljarde rande wat in die drein af is, besef hulle uiteindelik iets wat so voor-die-hand-liggend is, dat ‘n 12-jarige dit vir hulle sou kon sê.

lewies ·

Kom ons koester hierdie gebeure. Sukses in sy pos kan vir die land en sy mense vorentoe baie, baie teken.

Peter Holmes ·

Wonderlike nuus. Ja so val al die ontplooide kaders uit die bus. SARS Poskantoor. Hoop ESKOM,SABC en SAA kry ook bekwame leiers. Dit wil se as daar nog iets te redde is, na al die diestal korrupsie en plundering.

Hansie Slim ·

Dis nie die pelle wat jy ken wat van jou ‘n suksesvolle leier maak nie. Dis die ervaring, dryfkrag, kennis en etiese waardes wat jou ‘n leier maak.
The penny dropped!!!

Rooikop ·

Baie gelyk Mnr du Toit ……………..ons weet jy gaan n sukses van Denel maak…………uiteindelik
iemand wat geskik is vir die pos. Ons staan bankvas agter jou !!!

Natascha ·

Sterkte, ons glo en vertrou dat du Toit sy beste sal doen om Denel weer reg te ruk. Ons wens jou sterkte toe. Hy moet weer van voor af begin waar ander opgebogger het.

Minx ·

Klein bietjie hoop!!! Onthou net hy stap in en sal moet van vooraf opbou als is afgebreek maar ek het vertroue in hom hoop net nie hulle druk hom uit met beweerde korupsie of foute nie hy sal baie fyn moet trap en baie bid.

Herman P ·

As hierdie man nie ondersteuning vir sy besluite kry nie sien jy hoe bedank hy nog in dieselfde jaar. Kyk maar.

John ·

… dit se in watter knyp Denel werklik is. Du Toit is ‘n dapper man. En nou gaan die pensioenfonds die spulletjie finansieel onderskraag. Ons hoop nie die verwagtinge ontplof in die nuwe bestuur se gesig nie met handjie van die 3 stoute boeties wat wyd loop en al die planne en inligting reeds op ‘n ander moontheid se tafel. Selfs die museum is misbruik vir vreemde gode se funksies…

Johanna Botha ·

Jy erf n groot gemors …BAIE sterkte …..kyk nou wie moet die kole kom uitkrap noudat alles tot op die grond is en niks werk nie ….ja n divToit is nou weer goed genoeg….net tot dinge regkom …dan begin alles weer van voor ?

Joe ·

Hy was blykbaar n grootkop by SAAB. En SAAB het natuurlik niks uitewaai met die wapenskandaal nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.