Denel se hoof bedank

Zwelakhe Ntshepe, die uitvoerende hoof van Denel, het Dinsdag met onmiddellike inwerkingtreding bedank.

Vuyelwa Qinga, woordvoerder van Denel, het gesê die raad van direkteure het sy bedanking aanvaar. Volgens haar was Ntshepe 20 jaar by die maatskappy werksaam en is hy ses maande gelede in die pos van uitvoerende hoof aangestel ná hy twee jaar lank in dié posisie waargeneem het.

Ntshepe het in sy bedankingsbrief persoonlike redes aangevoer vir sy besluit om die maatskappy te verlaat.

Michael Kgobe, die hoof van Denel se lugvaartafdeling, is as die tussentydse groephoof aangestel.

Kgobe het ʼn agtergrond in lugvaartingenieurswese en was sedert Mei 2000 by die maatskappy werksaam. Volgens Qinga het die lugvaartafdeling onder sy toesig een van die afdelings met die beste prestasierekord binne die Denel-groep geword.

Kgobe het ʼn meestersgraad in lugvaartvervaardiging en -instandhouding van Toulouse in Frankryk en het ook Unisa se uitvoerende leierskapsprogram en die Henley-sakeskool se uitvoerende ontwikkelingsprogram suksesvol voltooi.

Monhla Hlahla, die voorsitter van die raad, het gesê die raad bedank Ntshepe vir sy bydrae tot die groep oor die jare.

“Hlahla wil voorts alle werknemers, verskaffers, kliënte en aandeelhouers verseker dat die raad fokus op ʼn ommeswaai-strategie wat sal afreken met die huidige likiditeit- en prestasiekwessies in die maatskappy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zoom zoom ·

Okay kan MM vir ons sê wat het geword van die beurs wat Denel so vrylik aan Supra se seun.verskaf het om ‘n pilot te word.

Bok ·

Kon nie volhou met vernietiging plan nie en bedank.
Nou ewe skiedelik ‘n omkeer stratigie.

Bert ·

Denel, dis nou ‘n nuttelose bodemlose put vir ons belasting geld.
Baie is nog “geheim” ook, dus onkontroleerbaar!

Impi ·

Nou hoop ek dat hy krimineel vervolg sal word, deur te bedank red hy egter sy eie gaai wat pensioen voordele betref en dit op die astronomiese nuwe salaris skaal wat hy homself toegeken het. So tipies van ‘n staats organisasie kan jy maar die maatskappy plunder en dan wanneer jy uitgevang word bedank jy net? Persoonlike redes? Ek dink dinge rondom hom het te warm vir hom begin word…Sterkte aan die nuwe bestuur, jul het een enorme taak voor julle maar seker weer ten koste van die belasting betaler?

SjN ·

Almal te sleg om verantwoordelikheid te aanvaar, altyd ander se skuld,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.