Denel sukkel om salarisse te betaal

Die kennisgewing wat aan werknemers gestuur is.

Denel kan weens sy voortgesette likiditeituitdagings nie werknemers se volle salarisse vir Junie betaal nie.

Die staatsbeheerde maatskappy het in ʼn boodskap aan werknemers gesê dat hulle net 85% van hul salaris vir Junie sal ontvang. “Wees asseblief verseker dat ons as bestuur onvermoeid werk om te verseker dat die uitstaande gedeelte van die salarisse so spoedig moontlik terugbetaal sal word,” lui die kennisgewing wat op 24 Junie aan werknemers gestuur is.

Daar is reeds in Maart vanjaar bekend gemaak dat Denel afdelings gaan sluit en werkers gaan aflê nadat daar in 2017-’18 ’n verlies van meer as R1,7 miljard gely is.

Die vakbond Solidariteit se lede het in Oktober verlede jaar ʼn amptelike protesaksie gehou nadat daar ook kommer was oor November se salarisse en 13de tjeks. Dié staatsmaatskappy het reeds toe  gespook om salarisse te betaal.

Die nuus dat Denel nie volle salarisse in Junie sal kan betaal nie kom enkele dae nadat Solidariteit ʼn memorandum wat uitvoerbare voorstelle bevat aan Denel se uitvoerende hoof, dr. Danie du Toit, oorhandig het as ʼn bydrae om lewensvatbare oplossings te vind vir die talle finansiële uitdagings wat Denel die hoof moet bied.

Solidariteit het ʼn omvattende opname onder sy lede by Denel gedoen oor die uitdagings wat die groep in die gesig staar, onder meer korrupsie, finansiële wanbestuur en kontantvloeiprobleme wat bykans verlammende afmetings aangeneem het.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het na aanleiding van die opname vyf oorhoofse kwessies wat ʼn bron van kommer is en met die groep se huidige krisisse verband hou, geïdentifiseer.

Volgens Johan Botha, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris, wentel die kwessie wat die meeste kommer bied om die aanstelling en bestuur van personeel en die strukturering van die organisasie se mensehulpbronne.

Danie du Toit van Denel.

Botha het daarop gewys dat besorgdheid wat verband hou met verskaffers en verkryging die naasgrootste kwessie is. “Lede meen verkrygingsprosesse word bepaal deur politiek eerder as die gehalte van die produkte of dienste wat verkry word. In talle gevalle kan produkte intern verskaf of andersins deur privaat maatskappye gelewer word,” het Botha gesê.

Nog ʼn gebied wat baie kommer wek, hou verband met die onderhoud en aanwending van tegnologie, toerusting en fasiliteite. “Daar bestaan daadwerklike kommer onder ons lede dat sekere bates teen groot koste behou word, al dra dit nie by tot die groep se omset nie,” het Botha gesê.

Lede het die hoë vlakke van rompslomp wat gepaardgaan met bestaande prosesse in die organisasie as nog ʼn groot bron van kommer uitgelig. “Lede meen dat rompslomp bestuurders se pogings om strategieë in te stel wat tot finansiële voordeel van die groep kan strek, in die wiele ry. Rompslomp verhoed ook dat hulle ‘gehoor’ word,” het Botha aangedui.

Volgens Botha het lede ook aangedui dat daar ʼn duidelike behoefte is om in alle vorme van sake nouer met die privaat sektor saam te werk en dit verdien ook aandag.

“Solidariteit se lede by Denel beskik oor onontbeerlike institusionele kennis, ondervinding en vaardigheid wat ongetwyfeld kan help om ʼn herlewing van die groep te bewerkstellig as dit reg aangewend word. Daarom het ons besluit om ʼn kennisbank te skep en werknemers aan te moedig om daardie kennis in te span om met voorstelle vorendag te kom wat Denel weer winsgewend kan maak,” het Botha gesê.

“Solidariteit glo vas hy kan ʼn rol speel om ʼn omkeer by Denel te bewerkstellig ten einde groei te verseker,” het Botha afgesluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Johanna Botha ·

Die geldjies is op mense ! Sauk saa …wat het nou eintlik verbeter oor 25 jaar moet mens vra ….noem asb 1 ding ? ?

Jaco ·

Dink net watse kragtige ekonomiese reus was Suid Afrika, as dit die ANC so lank as 25 jaar geneem het om als te moes plunder! Ek weet nie eens of die instansies in die VSA of Europa so lank sal kan bly staan onder n soortgelyke senario nie. Hierdie is inderdaad die val van n eens baie ryk en magtige land….sad ;-(

Frank ·

Denel was destyds een van ons land se top dinamiese vlagskepe, wereldklas.
Omdat hy ‘n wereldklas, dinamiese direksie gehad het. Politiek en politieke aanstellings het hom verpletter.

Karlahari ·

Fikile Mbalula het gesê “We will make South Africa great again”. So tot die ANC erken dat SA onder apartheid n vuurtoring in Afrika was…..

waarheid ·

Daar is niks…… alles is vernietig – en hulle is nog nie klaar nie.
Waaroor kan Ramapaddapot nou eintlik droom – dat dit gaan ophou? Gaan nie gebeur nie.

Rm ·

Alles, alles wat hierdie regering van 94 af oorgeneem het, is nou bankrot, soos die res van afrika, noem een land suid van die die sahara wat deur afrikane bestuur word, wat nie bankrot of korrup is nie, met die uitsondering van botswana.

John ·

Denel sal verkoop word… aan ‘n uitlandse groep om Eskom se skuldjies te help delg. Denel is deur die Guptas leeggesuig en tot nou toe, kraai geen haan. Die broers het swami’s in die museum fees laat vier en niemand het gekla nie. Ons waardevolle entiteit is daarmee heen. Waar was Du Toit?

marco polo ·

Onregverdig om vir Danie du Toit die skuld te gee, hy is maar ‘n paar maande in die pos.

Piet Snot ·

John, verduidelik gou vir ons hoe jy Du Toit aanspreeklik hou vir dinge wat gebeur het lank voor sy bewindsaanvaarding?

Elna ·

Dit kan jy weer se Hein. Ek weet van baie besighede wat toe gemaak het onder anderre myne ook agv die swak ekonomie en die resessie waarin SA nooit ooit weer sal uit kom nie danksy die ANC.

kraai ·

Dis n absolute skande, en dan moet ons deur korrupsie en diefstal gestraf word!!!! in my 34 jaar in diens van Denel is “this the worst”
Al wat ons kan doen is bid, bid en nogmaals BID

wilma ·

So maklik om ‘n kennisgewing uit te stuur, maar is daar vir ‘n oomblik gedink in watter finansiele situasie sommige werknemers dalk kan beland?

James ·

Daar het jy dit nou. 25 jaar geen bestuurs vermoë nie. Net vat en dan ooops wie blameer ons gou vir alles…. wit mense. Maar julle eie mense gaan nog die waarheid agter kom… dalk te laat.

Deneller ·

Die verkiesing het bewys hulle wìl in die gemors voortploeter. Hulle het reeds die waarheid gesien maar dit maak nie sin nie vir hulle nie. Verwys Dunning-Kruger effek.

Dries du Toit ·

SARS is volgende. Hulle skuld die belastingbetalers miljoene en hulle maak net beloftes. Niks word uitbetaal nie

JC ·

Ek het nou eers gewonder: “Shame, hoekom kan hulle nie hul werkers se salarisse volledig betaal nie?”
Toe lees ek “staatsbeheerde”… ????

Nou wat nou? ·

6 jaar gelede het 384 wit Denel werkers hulle poste verloor. Solidariteit kon nie eens die proses keer nie. Dubai het reeds ‘n groot aandeel in Denel. Verkoop die hele bankkrotspul aan hulle

Klipindiebos ·

Wanneer praat nie meer help nie, ‘n Moontlike tema vir ‘n nuwe boek.

Jepetto ·

Sjoe a paar maande gelede is daar in die media geskryf dat Denel vir opkomende vlieniers betaal om vlieniers te word

Anoniem ·

Alles waarin die Regering ‘n hand het, het alreeds of sal tot niet gaan, aanvaar dit. Daar is baie staatsamptenare wat alreeds vir maande op pensioen is, maar nog nie ‘n sent ontvang het nie, so waarop dui dit? Die staatskas is alreeds leeg geplunder en as dit nie vir die privaat sektor in die land was nie, was die land al lankal bankrot. ‘n Handjievol moet die massas dra.

anoniem ·

En wie gaan vir Absa en Std bank verduidelik jou huis is nie betaal nie, wie gaan die koste moet dra vir debietorders wat nie deurgaan nie.

piet pompies ·

Hier heers groot kommer vanoggend, mense is in n toestand hier.
Reeds een persoon hier selfmoord gepleeg op die Denel gronde, hoop net res hou kop.

Ai ·

Genade …jammer om te hoor.Dit is regtig harde nuus om te hoor.Mag die Here julle deur die tyd van beproewing deur vat..

bambi ·

Dis nie net staatsbeheerde instansies wat ondergaan nie; maar vele plekke!! lyk my meeste plekke waar afrikaners in beheer is gaan dit presies so! dalk volg hul dieselfde voorbeeld. Geen verhogings en geen jaarlikse bonusse. Alles val uitmekaar; die hele land.

SjN ·

Rommelstatus, wie sal belang stel om te bele in so n bodemlose put wat reeds leeg geplunder is.

Bekommerd ·

Maroela, ondersoek asseblief die selfmoord by Denel. Dit kan nie net onder die mat ingevee word nie.

lanie ·

So groet ons SA, soos Rhodisie gegroet is. Verander straat, dorpe en stede se name. Geld mors, maar waar dit regtig nodig is, is daar nie geld nie. Foeitog.

Jimmy ·

Indien jy só ‘n briefie van jou werkgewer ontvang moet jy besef dis tyd om te begin soek vir ander werk.

Werker ·

Ek is een van die werkers. Ek sit met griep by die huis. Gistermiddag laat ontvang ek die nuus van ons Unie af van die minder- en laat betaling. Ure later laat weet my lynbestuurder ons. Dit ruk mens, want aftrekorders gaan hop, boetes gaan gehef word wat EK moet uitsorteer, NIE Denel nie. Hulle is glo jammer oor die “inconvenience”. Hierdie is nie ñ Inconvenience nie, dis ñ groot bloody probleem vir baie van jou werkers en dit kos ons geld en slegte verhoudings by banke en ander instansies. ñ Nat broek is ñ inconvenience!!!! Laat ek eerder stop….

Hensopper ·

Ag nee, dit moet baie traumaties jul wees. Staan sterk.

Pietie ·

WNNR is nie ver agter nie. Verbaas hul het nog nie nuus gemaak nie.

Anoniem ·

Die WNNR se werknemers het darem nog hierdie maand volle salarisse ontvang. Maar ja, dit gaan beroerd met hul finansies ook. Sekere afdelings is onlangs deur ‘n “retrenchment” proses, vir andere wag dit later die jaar. Bekwame werknemers verlaat die maatskappy op strepe. En bestuur raak al hoe meer “top heavy” – meer bestuurders om minder mense te bestuur…

Ai ·

Wel as jy net heeltyd wil vat en niks kan geen nie wat verwag julle?? Maar intussen sit julle BEE’S in ne sdke Joe Heshus wat meer skade berokken as kets positiefs konstruktiefs bydrae en hulle suig en suig al te lekker maar ai, al die wat jul so te na kom sien en ontrek en die fondse raak op, maar soos alles in Suid Afrika veral die staats beheerde instansies…. Ja inderdaad betaal maar die kaders en comrades hulle groot vet paychecks vir absoluut niks doen nie maar die tyd sal julle wel inhaal….Net jammer die wat wel hul kant bring trek aan die kortste ent…Maar dit is reg die VSA hou ok dop met al jul drejgemente Anc om te ontrek en hul bellegings iewers anders te vat…Mooi anc mooi oor jul verander alles in Suid Afrika in…,jul weet wat!

Konsultant ·

Toe ek ‘n paar maande terug ‘n paar dinge geskryf het (en gewaarsku het) oor Denel was ek woes uitgehaal hier.

Ek sal volstaan deur te se, my hart gaan werklik uit na ons medemense wat hieronder ly :( Ek hoop van harte daar kom spoedig ‘n uitkoms.

Foxi ·

25 JAAR IN SY MAAI IN!! Geen vordering van opbou en saamwerk nie.

Henrico ·

Neem daardie Solidariteitslede en begin ons eie privaat onderneming………ONS sal weer n sukses maak…..begin fabriek ver weg van die naaste beskawing…..berge……waar toegang deur die regering nie maklik sal wees nie

waarheid ·

Stem saam Henrico – ons moet ons eie goed bou – ons het die kennis – en dan kan die lot wat alles vernietig het by ons kom aanklop om te koop

Wielspore ·

Distress call: Mayday, mayday, mayday, we are sinking, we are sinking……
Government response, what are you thinking about?

Elize ·

Gee alles vir “OUR PEOPLE” daar gaan nie hin akkedis oorbly in Suid Afrika nie

Piet Pompies in die VSA ·

In 2001 na die VSA verhuis. Is nou reeds 9 jaar ‘n burger. Geen manier wat ek terug gaan na SA nie. Beste besluit in my lewe.

Renier ·

Springmielies en ‘n koue bier is net die ding wat ek nodig het om die komedie te geniet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.