Denel verwag nie ‘positiewe’ 2018/19 finansiële jaar nie

Denel, die staatsonderneming wat wapens vervaardig, het Woensdag gesê hy voorspel nie ʼn “baie positiewe” finansiële jaar vir 2018/19 nie, aangesien die maatskappy steeds besig is om sy bestuur te verbeter.

“Ons voorspel nie ʼn baie positiewe jaar nie. Ons het steeds ʼn bestellingsboek en deel van die omkeerstrategie is om dié bestellingsboek uit te brei weens die geleenthede wat veral in die uitvoermark beskikbaar is,” het raadslid Zoli Kunene aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê.

Hy het LP’s op hoogte gebring oor prestasiedoelwitte vir 2018/19 en vordering wat gemaak is om uitdagings in die bestuur van Denel aan te spreek.

Die ouditeur-generaal is steeds besig met die oudit van die 2017/18 finansiële jaar.

“In meeste gevalle sien ons die impak van ʼn gebrek aan bestuur, en ons sien die impak van wanbestuur by die organisasie wat die prestasie van die maatskappy beïnvloed,” het hy bygevoeg.

Kunene het gesê verhoudings met sleutel-aandeelhouers is onder druk as gevolg van die huidige likiditeitskwessies wat die maatskappy ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marous ·

ketties en klippe en water kanonne se prys het seker deur die staatskaping geval …

Koos de Meyer. ·

Wat verwag hulle na al die korrupsie en staatskaping.

Hennie ·

Verbeel ek my of is dit n erkening van penosilgheid? Daar sal nie n dag kom dat SoE’s regkom nie. Dis die waterdraer nie beskore nie!

John ·

Die hele idee was om Denel te laat inplof sodat die Guptas dit as skroot kon optel en weer uitbou as wereldgehalte-wapenvervaardiger, wat dit eens was. Dieselfde plan is by SAL gevolg. Selfs ons uraanmyne het nie uitgebly nie. Die Guptas het groot planne en besit selfs glo aandele en familie in CNN wat die wereldpers se voorbok is.

Blits ·

Wel as hulle die klomp geld wat onregmatig na die zuptas toe gekanaliseer is terug kry dan sal hulle in n groot positief in gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.