Denel-werker vergruis

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse departement van arbeid ondersoek die dood van ʼn werker by Rheinmetall Denel Munition in Boksburg aan die Oos-Rand.

Volgens Mishack Magakwe, die departement se woordvoerder, het die ongeluk Dinsdag tydens werksure plaasgevind.

“Die man is vergruis terwyl hy ʼn waterlekkasie in ʼn masjien gesoek het,” het Magakwe gesê. “Voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn operateur die voorman ingelig het dat die masjien water lek. Hy het die masjien gestop en binne-in geklim om te kyk waar die water vandaan kom.” Die masjien het aangeskakel terwyl hy nog binne was.

Arbeidsinspekteurs het alle bedrywighede by die perseel gestaak.

“Die inspekteurs ondersoek die oorsaak van die sterfgeval en of die werkgewer tydens die ongeluk voldoen het aan die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid,” het Magakwe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

andries ·

Hoekom is die LOTO lock out tack out nie gedoen ????????????????

Ai ·

Die masjien net afgeskakel is mos nie goed genoeg nie!? Dit was uiters dom. Dalk was dit iemand wat nie kòn dink nie? Sal seker eers weet as die naam bekend gemaak word.

PURE BOER ·

Ja nee, sy friend het verby geloop, gesien daar gebeer niks werk nie, geen wete van sy vrien binne die masjien nie omrede daar geen Lock out was nie, en daar start hy die masjien…
Permit to work (PTW)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.