Denel-werkers begin met protesaksie 

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag bevestig sy lede by Denel SOC Bpk. begin Woensdag amptelik met protesaksie, terwyl dié vakbond ook ʼn memorandum sowel as ʼn petisie aan Denel se direksie sal oorhandig.

Dit volg nadat Denel vroeër aangekondig het dat dit in Oktober salarisse kan betaal, maar dat November se salarisse en 13de tjeks in die weegskaal is.  Dié staatsmaatskappy het reeds einde September gespook om salarisse aan die bestuur te betaal.

“Dis verregaande van ʼn maatskappy wat in die verlede al telkens van bedenklike finansiële optrede beskuldig is, om van sy werkers te verwag om goedsmoeds voort te gaan met hul werk terwyl hulle nie weet wanneer hulle volgende salaristjek inbetaal gaan word nie,” sê Johan Botha, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris.

Volgens Botha het etlike honderde Denel-werknemers hul stem in Solidariteit se aanlyn petisie laat hoor en die besware gelug wat hulle teen die maatskappy en die Denel-direksie het.  “Hierdie werkers wil nou ook deur middel van vreedsame protesaksie die maatskappy van hul misnoeë bewus maak,” het Botha gesê.

Solidariteit-lede sal saam met lede van Uasa, Numsa en Limusa aan die optrede by Denel Dynamics in Nellmapiusstraat, Irene, deelneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jerry ·

N mens weet regtig nie meer of jy moet lag en of jy moet huil nie! Die skrif is teen die muur, maar julle hou vreedsame optogte! Julle kan regtigwaar eerder maar n bring en braai reel as dit is hoe julle weerstand bied. Sorg tog net asseblief dat iemand julle beskerm sodat julle tog ook nou nie misdaadslagoffer statistiek raak nie!

Bob ·

You are so close to being jobless, but you want to protest. Hahaha it’s almost funny. Times are really changing. Just love the irony.

Siener van Melbourne ·

Ek het n paar jaar terug probeer besigheid doen met Denel en my Moses teegekom met korrupsie en nepotisme. Sterkte aan die onskuldiges. Vir die res, ek glimlag so in my stilligheid.

Adrian ·

Daar is dit, wat die toksiese ANC aan raak verander in diefstal en korrupsie. Saam met die ANC rotte en guptas is die eens vooruitstrewende maatskappy bankrot. Aan die werkers daar begin met n sloerstaking, die maatskappy is in elk geval op sy kniee

Anita ·

In hierdie land waar alles tot niet gaan, wil ek vir diegene wat geamuseerd is, vra: het jy /julle ander werk vir hierdie mense of werkbare alternatiewe?
Sommige sal nog jonk genoeg wees om elders tereg te kom, dalk oorsee.
Ander sal dalk suksesvol in ‘n ander of soortgelyke rigting kan inslaan.
Baie van hierdie werk in ‘n gespesialiseerde veld.
En ja, van hierdie mense werk al bykans ‘n leeftyd in die bedryf.
Ek stem saam dis tydmors om te protesteer.
Diegene wat nog ontken wat aangaan, het seker ook al aan uitkoms gedink
Maar om hieroor te lag!
Hierdie is ‘n gatslag vir die werknemers en hul gesinne.

Positief ·

Ek werk al 37 jaar vir Denel en ek moet herken dit het nog nooit met ons so sleg gegaan nie. MAAR ons moet glo en vertrou dat ons wel uit hierdie gemors ook sal opstaan. Ons het baie bestellings op boek en het net ‘n klein bedrag nodig om daadwerklik weer op ons voete te wees. Daar is wel vooruitsigte om op ons voete te kom, maar ons het die hupstoot nodig. Teen dit wat Eskom en SAL al gekry het en nie op hul voete gekom het nie, is die bedrag wat ons nodig het ‘n druppel in die emmer en dan SAL ons weer up and going kan wees. Ons stress al vir maande elke maand oor ons salarisse, so ja, bemoedig ons eerder as om net negatiewe kommentaar te lewer.

Bekommerd ·

Ek verstaan wat jy sê, maar waar gaan die regering die fondse kry om te help? Daar is sprake daarvan dat hulle by die staatswerkers se pensioenfonds wil leen….. Wat van die mense wat se pensioene nou in gedrang kom. Wie en wanneer gaan die fondse teruggeplaas word in die fonds. As een kant van die skaal verbeter is daar die anderkant wat moet boet…. en dit is onregverdig!!

Ben ·

Ek het vir so ‘n Maatskappy gewerk. Aan die einde van die maand geen salaris, geen geld is oor betaal aan die medies fonds ens. Die Blanke man het ons belowe daar gaan “investers” kom. n “Invester” het my sy rooi Ferari daar aangekom en voorgegee hy gaan “Invest”. Ons het geglo aan gehou werk. Ses maande nog steeds geen betalling en die maatskapy het valse belastings setifikate uitgeryk. M.A.W belasting einde van die jaar betaal op geld nie ontvang nie. Onvanger nie bereid om te luister nie. Het na CCM gegaan, geen hulp gekry behalwe dat ons nog moes betaal vir die dokumente wat na die Maatskapy gestuur was, wat die persoon nie gaan afhaal het nie. Hy was ‘n prokureur. Les wat hieruit geleer is. As die maatskapy vir wie jy werk jou tien minute laat betaal gaan werk vir iemand anderste. Dit is in jou eie belang.

Deneller ·

Ons protesteer nou hier by Denel hoofkantoor. Dit is baie vreedsaam en warm. Miskien die keer, luister hoofbestuur. Miskien die keer…

ester ·

positive thinking give positive outcome and the one and only thing that i bekieve and trust is that the most high God has never failled us thjing must seems zero to most ,but since we
stated with this problems at Denel we always had positive outcomes and our salaries was and is paid.it is because we also took God out of our company that why things is the way it is,but never the less God keeps his promise and open doors for Denel and other employees.Just trust and have faith in the Lord.

Jerry ·

Die werknemers van Denel sal weet of hulle op n sinkende skip staan of nie. As die skip nie besig is om te sink nie, moet nie staak en dit vererger nie. Werk en help waar julle kan om dit nie te laat sink nie. Indien die skip reeds besig is om te sink, moet nie staak nie, verlaat die skip.

ester ·

meeste van julle sit die pot mis oor Denel se staking ons staak nie vir wat nie ons will he
dat ons regering ons ook moet iuthelp soos hulle vir Eskom en SAL gehelp het want ons werkers dra ook by tot die regering se fondse en hoekom kan hulle nie Denel help as waar hulle die geld gebruik om straat name en plekke se name te verander.

Bekommerd ·

Die probleem is hulle het nie meer geld om uit te help nie! Hulle wil die Staatdiens waaronder die weermag tel se pensioenfond gebruik! Wat dan van die mense wat hulle lewe lank werk en sonder pensioen gaan sit? Wat almal moet onthou, Niemand kry iets sonder dat Iemand anders daarvoor betaal nie……

Deneller ·

Daar is tog hoop. Na gister se protesoptog het ons darem vanoggend die nuus gekry dat die sanitêre diesnste met onmiddelikke effek by Denel hervat is. Dit was een van die verleenthede waaroor ons nie eintlik gepraat het nie. Ons bid en vertrou die ander probleme sal ook so gou aangespreek word.
Ons gaan WEER opstaan en ons gaan WEER die wêreld wys hoe word dit gedoen. Ons was daar, ons gaan weer daar kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.