Denis Goldberg sterf

Denis Goldberg. (Foto: Tracey Adams /African News Agency)

Die bekende anti-apartheidaktivis en skrywer, Denis Goldberg, is Woensdag in die rype ouderdom van 87 jaar oorlede.

Volgens sy familie is hy net voor middernag, ná ʼn lang kankerstryd, oorlede.

Goldberg was een van dié wat saam met Nelson Mandela en ander anti-apartheidsaktiviste tydens die berugte Rivonia-hofsaak verhoor is. In 1964 is hy skuldig bevind aan hoogverraad en saam met agt ander aktiviste tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Goldberg is in 1933 in Kaapstad gebore en opgelei as ingenieur. Hy het later gedien as ʼn uitvoerende lid van die Congress of Democrats, ʼn organisasie wat sedert die middel 1950’s hande met die ANC gevat het.

Hy is vanaf Junie 1963 tot Oktober 1964 saam met Mandela, Govin Mbeki en Walter Sisulu verhoor vir hul pogings om die destydse apartheidsregering omver te werp. Goldberg was die enigste wit persoon wat verhoor is. Hy is skuldig bevind en lewenslank tronkstraf in Pretoria opgelê. Hy het 22 jaar in die tronk deurgebring en is in 1985 vrygelaat.

Goldberg het in 2002 teruggekeer na die politieke arena as spesiale raadgewer aan die destydse minister van watersake en bosbou, Ronnie Kasrils.

Hy is ook later in die 2020-film Escape from Pretoria uitgebeeld en het die vervaardigers gehelp om besonderhede rakende die ontsnapping te verfyn.

“Hy het sy lewe voluit geleef in die stryd vir Vryheid in Suid-Afrika. Ons gaan hom mis,” het Goldberg se familie Donderdagoggend in ‘n verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genis ·

Rus in vrede, ek wil net een ding kwytraak, daar was n goeie rede dat hulle in die tronk was…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.