Departement besig met plasings in Gauteng-skole

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die Gautengse departement het gesê ongeveer 80% van leerders is reeds in staatskole geplaas.

“Altesaam 123 548 graad 1-leerders en 104 502 graad 8-leerders se plasings in staatskole is teen 22 Oktober reeds afgehandel,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Dit verteenwoordig 80.63% van alle leerders.

Altesaam 54 773 leerders (25 913 graad 1-leerders en 28 860 graad 8-leerders) is nog nie geplaas nie. “Dit is kommerwekkend dat 34 109 leerders nie die vereiste dokumente ingedien het nie.”

Die departement het gesê hy werk onverpoosd om seker te maak dat alle leerders, wat tydens die betrokke periode aansoek gedoen het, teen 31 Oktober geplaas sal wees. “Ons doen ʼn beroep op alle ouers, wat nog nie die vereiste dokumente ingedien het nie, om dadelik hul naaste distrikskantoor te besoek. Versuim om dié dokumente in te dien, verhinder die proses.”

Leerders wat nie in skole geplaas is nie, sal plasing kry by skole wat genoeg kapasiteit het. “Dit kan ongelukkig moontlik nie die skool van hul keuse wees nie.”

Daar is 2 013 gewone skole wat graad 1 en graad 8 aanbied. “Meeste van dié skole het egter aansoeke ontvang wat meer is as die betrokke skool se kapasiteit. Meer as 440 skole het reeds hul kapasiteit bereik.”

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê die departement doen ʼn beroep op ouers om nie mismoedig te word nie. “Ons werk onverpoosd om seker te maak dat alle leerders geplaas word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johanna Botha ·

Al die onwettige mense se kinders word ook geplaas of wat gebeur ?

Gemaskerde Sopbeen ·

123 548 + 104502 + 54773 / 2013 skole = 140 leerders per skool?

John ·

55 000 nie geplaas nie… Hoeveel nuwe skole is die afgelope jaar gebou?… Hoeveel koeltebome is geplant, of eerder hoeveel groot bome het brandhout geword? Miskien is grasdakkies op pale (as daar hout oor is en die dekgras nie afgebrand het nie). En dit sal sekerlik op die sportvelde van Afrikaanse skole opgerig moet word, want die gras daar lyk al te veel meerwaardig-rassisties en grasgroen. En so kan versoening plaas-vind…

Dell ·

Ons bly in Gauteng en in ons area is die twee skole reeds tot die nate vol vir volgende jaar se graad 8’s. Tog is daar ongelooflik baie graad 7 kinders in ons area, wat nog nie geplaas is nie. Ek is gelukkig om ‘n ouer kind in die skool te he, so het plek gekry. Dit was twee jaar terug al ‘n groot probleem dat ons 5 laerskole in ons omgewing het en net 2 hoerskole. Dit gaan seker nooit insink dat die skole te min is nie. Dit is wat gebeur as iemand soos Lesufi, ‘n politikus, met ‘n politieke agenda in beheer is van skole. Dit gaan nie vir hom oor die kinders nie.

Landi ·

Ag asb! Hulle verhinder hul eie dom prosses. Daar was niks fout met die vorigge prosses.

alida ·

Na 25 jaar kon die ANC nog nie insien dat hulle klaaglik misluk het met ALLES wat hulle probeer verander het nie. Ai tog !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.