Departement bevestig brandstofskok vir motoriste

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die departement van energie het Saterdag amptelik die nuwe brandstofpryse vir April 2019 aangekondig.

Die prys van 95-oktaan sal van 3 April met R1.31 per liter in Gauteng verhoog en R1.26 per liter aan die kus.

Die prys van 93-oktaan sal met R1.34 per liter in Gauteng verhoog en R1.29 per liter aan die kus.

Die prys van diesel (0,05%-swaelinhoud) sal met 81,7 c/l in Gauteng verhoog en 76,3 c/l aan die kus. Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% sal met 82,7 c/l in Gauteng verhoog en 77,3 c/l aan die kus.

Die prys van paraffien sal met 63 c/l in Gauteng verhoog en 56,3 c/l aan die kus. Die prys van LPGas verhoog met R1.71 per kg, het die departement van energie bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ai.. ·

Hul moet Eksdom red..Waar dink jul gaan hul die geld vandaan kry?

Michael Bouwer ·

Weereens, so nice gewees as die prys van petrol na die verhooging ook gegee was.

Vanessa Visser ·

Dis skandelik….. Jan Alleman sukkel om die pot aan die kook te hou, die penning meesters help hulself mildelik en onregmatig………. en SA brand diesel vir elektrisiteit. Totaal onaanvaarbaar!

piper ·

bring diesel in vanaf botswana. dit gaan nou 9 rand /liter goedkoper wees

Jerry ·

En vir wie moet Suid Afrikaners bedank as ons nou eerlik wil wees met mekaar? Vir tannie joemat patterson, oompie zumpie en oom cyril en sommer al die selfverrykende kaders wie heimlik dit as n revolusionere sukses afmaak! Alle ander faktore wat n rol speel sou nie so n groot impak gehad het as dit nie vir julle briljante ideologie was nie. ANC kiesers is so trots op julle dat hulle beslis weer vir julle gaan stem. Na al hierdie en soortgelyke revolusionere suksesse wag die oorwinning waarvan die eerste prys n banana republic is! Welgedaan julle ou “masters of disasters”! Net dalk en dit is n groot DALK, is Trump reg met sy weergawe oor “african countries”!

fred ·

herinner julle nog vir tannie Joemat wat die strategiese brandstof voorraad verkwansel het….die land het der miljoene daaraan verloor…..en daarna NIKS meer hiervan gehoor nie….weer n paar BEE’ers wat miljoene aan hierdie tranaksie verdien het…

Gustav ·

Nee Jerry nee, ons moet net meer versoenend teenoor die ANC optree. Dan sal dinge regkom.

Herman ·

Bedank ook diegene wat in die vroeë negentigs vir die ANC die geleentheid gegee het om die land oor te vat.

Charlie ·

As ons dan nie TOLGELD wil betaal nie kom hulle ons by met verhoogde brandstofpryse – a la “die wet van Transvaal”

Speedguard ·

@ Charlie jy slaan die spyker so op die kop, waarom anders is Tito dan nou so ontstoke !!
selfde met die POF dit is niks anders as ‘n “slush” fund nie ,maak nie saak wat die heffing is nie maar hul bly Altyd in die Rooi !

Johan ·

N week voor verkiesing sak petrol met R2 .dis hoe politiek werk

Johanna Botha ·

En as Moody’s ons rommel verklaar val die Rand meer en dan verhoog alles weer ….intussen skep die anc geen werk omdat daar geen krag is nie …maar anc sal ons bly stem ….hoe onnosel !

Manie ·

Op die prys van petrol betaal jy die helfte van die prys aan belasting. Dit nadat jy reeds seker persentasie van jou salaris betaal het aan belasting. Dit werk uit elkeen betaal minimum vyftig persent belasting tot met tagtig persent as jy salaris aan petrol spandeer

Koos Ubuntu ·

Brandstof was nie eers so duur toe die olie prys meer as R100 per “barrel” was nie

barend ·

SASOL SECUNDA vervaardig dan brandstof uit steenkool ?hoekom was Sasol gebou?
wie lieg vir wie .

Planmaaktyd ·

Begin biodiesel maak op groot skaal teen R9 per liter en skakel die klomp parasiete uit! Laat die slim ouens n plan maak, kan nie te moeilik wees nie, veral op plase.

Derf ·

Ons het net onsself om te blameer, werklik ek verstaan dit nie. Het ons nie 25 jaar gelede besluit om alles weg te gee en nou is ons dikbek om dat ander iets daarmee doen wat ons nie mee saamstem?

JL ·

ONS het nie die land weggegee!!! ONS is uitverkoop om n burger oorlog te ontduik, dalk was jy deel van daai deal, maar moet nie alle Boere Afrikaners onder daai kam skeer!!!

SHL ·

Maximum nog 5 jaar dan sal SA veel erger daaraantoe wees as Zimbabwe. Niks gaan hierdie trein kan laat koers verander nie.

Gert van Wierdapark ·

Onthou die Sous-Trein moet loop en sy instandhouding is nie goed-koop nie! Die swerkaters “Vat ons vir ‘n Ride” waarvoor ons self betaal, sonder om die rit mee te maak! Elke huis het sy kruis, en SA het die a en see! Eina!

C ·

Wens my salaris wil op gaan dan sal ek dalk die duurder brandstof pryse kan bekostig dink moet maar geld belê in ‘n donkie kar ?

Hennie ·

Kom nou mense, hou kop. As die krag van 1 Aapril op gaan met 20%, probeer jou uiters bes om 15% te spaar. Jy kán! Doen dieselfde met brandstof pryse. Ek het bv my kar verkoop. Ek bespaar tot R2000 p/m. Gebruik Uber/Bolt tot om inkopies te gaan doen. Sny, sny, sny… Wurg die swetterjoel!

Rina Burger ·

Derf, ek stem nie met jou saam nie, ek het nie 25 jr. gelede besluit om alles weg te gee nie, en ek glo ook nie die ander reg denkende mense het alles net weg gegee nie, ek was nooit n aanhanger van die Nationale Party nie, ook nie van ou de Klerk nie, het vir die mense met die breins gestem HNP, en ek glo ook baie ander het, maar de Klerk het ons verkoop, niemand was bewus van sy agterbaksheid nie, geld het die gemors laat doen wat hy gedoen het, wat het die pes gedink sal gebeur as die ANC inkom, hordes teen n handjie vol van ons blankes, dan is daar nog n klomp skape wat saamstem dat wat hy gedoen het reg is. En ek hoop de Klerk kry nagmerries wat hom sal ry tot in die hel. Die pragtige land net so weggegee vir die adders wat SA so opgeneuk het. So moenie altyd se ons het dit gedoen, die land aan hulle gegee nie, en ons moenie kla nie. Wat kon ons gedoen het wat HY besluit het hy en sy meelopers, party al dood, net so min as wat ons kan doen wat die ANC nou doen. Ons kan bollemakisie slaan hulle vee hulle af aan ons en gaan maar net aan om aan te jaag soos hulle wil.

John ·

Ja ons sorg vir die gang-‘n-lang-e-lang se lekkerlewe op die maat van die SABC se duur doef-doef. Die ergste is dat die regering alles aflag en bloot hul eie salarisse opskuif as die kostes opskuif of laat ‘n ‘polis loskom’ vir mammie se nuutste whim…no sweat…

Attie. ·

Trapfietse met elektriese motors gaan motoefietse vervang, so loop lig BMW en Harley, hier kom ‘n ding.

Helien ·

Hartseer ons sukkel al klaar om kop bo water te hou. Nou word die kos ook weer duurder
Skande wat hier aan gaan, en ons hande is af gekap ons kan niks aan die saak doen nie.

Lindtjies ·

As dit maar net ‘n April gekke grap is. Ek voel al soos ‘n leeg gesuigde lemoen. Hoeveel wil hulle nog van ons vat. Die prys van elektrisiteit gaan op maar ons is nie aldag seker van dat ons krag gaan aan wees nie. Nou gaan die brandstof weer op en al die kospryse ook. Maar sodra die brandtof pryse weer bietjie daal bring hulle nie die kospryse af nie. Ons gesin leef gesond en nou gaan koop ek die gesonde brood en betaal amper R20 per brood. Nee ons is nou moeg gesukkel. Ons kan nie meer nie.

GM ·

Haha, James, ongelukkig is die datum van die berig 31 Maart en nie 1 April nie.

VanAfrika ·

Hennie, Uber is nie so goedkoop nie, ek het hulle Vrydag gebruik want my kar se gasket het geblaas en in vir herstel. Ek het R113.00 betaal vir 12km rit. Ek gebruik daardie geld vir n week lank in my 1.8L kar.

Daan ·

As daar nou ‘n slimjan iewers kan wees wat seewater of suurstof op ‘n goedkoop manier in brandstof kan verander sal die regering dit kaap en prys opstoot. Hulle soek hulle pond vleis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.