Departement ‘diep ontsteld’ oor duisende onnies wat inentings weier

Panyaza Lesufi en sy departement is diep ontsteld dat meer as 9000 onderwysers in Gauteng geweier het om teen Covid-19 ingeënt te word. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse onderwysdepartement het Vrydag gesê hy is “diep ontsteld” dat 9 113 onderwysers en onderwyspersoneel – sommige met onderliggende siektetoestande – in dié  provinsie geweier het om teen Covid-19 ingeënt te word.

Dié inentings vorm deel van die regering se massa-inentingsprogram wat daarop gemik is om 582 000 mense in dié sektor landwyd te bereik.

“Ons is uiters bekommerd dat bykans 10 000 personeellede in die Gauteng-onderwyssektor om een of ander rede weier om teen hierdie dodelike virus ingeënt te word wat reeds groot ontwrigting in skole en gemeenskappe gesaai het en geliefdes van ons weggeneem het,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

Hoewel die inentings vrywillig is, sê die departement in sy verklaring dat die Wêreldgesondheidsorganisasie mense wat ’n verhoogde risiko loop om die virus op te doen en ernstig siek te word daarvan, aanbeveel om die inentings te kry.

Dit sluit onderwysers, gesondheid- en nooddienswerkers, ouer mense sowel as mense met onderliggende siektetoestande in.

“Deur ingeënt te word kan jy ook help om die mense rondom jou te beskerm aangesien jy beskerming teen die virus sal geniet en dus minder geneig sal wees om die virus te versprei.”

Luidens die verklaring is 53 154 onderwysers en ondersteuningspersoneel reeds by die 56 inentingstasies in Gauteng ingeënt. Dié syfer sal na verwagting volgende week styg.

Daar was glo enkele probleme met die verkryging van inligting by sommige skoolbeheerliggame wat intussen uitgeklaar is.

“Daar moet kennis geneem word dat die weiering om ingeënt te word die regering se pogings om skoolaktiwiteite te normaliseer, asook die akademiese jaar in geheel bedreig,” het Lesufi gesê.

“Onderwysers en ondersteuningspersoneel is in dié sektor geprioritiseer en daar word gevolglik verwag dat hulle van die geleentheid gebruik sal maak om verdere ontwrigting te voorkom.”

Maroela Media het vroeër berig dat al vyf erkende en amptelike onderwysvakbonde die inentingsprogram steun. Dit sluit Sadtu, Naptosa, Natu, PEU en SAOU in.

Duisende onderwysers is reeds landwyd met die Johnson & Johnson-entsof teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

melaney ·

Dit is enige persoon se volste reg om self ‘n besluit te maak.

Regtigegtig ·

Jy kry nog steets covid en jy steek nog steeds mense aan na jy die inenting gekry het, dit staan in die inligting wat jy teken voor jy inenting kry waar hulle se jy moet nog steeds n masker dra en waar jy ook ondersteekend dat as jy enige newe effekte kry jy hulle nie mag dagvaar nie. Onthou hierdie inenting is nog nie goed gekeer nie, jy wat die inenting neem is hul proefkonyn om nog te kyk of dit gaan werk.

piet ·

Hoe bedoel jy die inenting is nog nie goedgekeur nie, waarvan praat jy?

Johan ·

Hoe kan jy dit sê Johan. As jy die vax gevat het is jy mos nou beskerm. Of werk die wax nie?. Dit is jou keuse gewees om jou te laat spuit met n experimentele middel. Hoekom wil jy ander “verplig”…dis n siek uitgangspunt.

Leon ·

Maar NIEMAND het die reg om twakinligting te versprei waarop mense hulle besluite moet neem nie.

johann ·

Ja, en daardeur stel hy/sy ander in gevaar. Menseregte moet met insig benader word.

Persheks Adri ·

Bly elke persoon se keuse of hulle dit wil hê of nie punt.

Johan ·

Nie volgens die “dood dokters” nie. My Oupa het die 19lankterug se epidemie oorleef, en nou verstaan ek vir die eerste keer hoekom hy nooit dokter toe wou gaan nie, hy het hul nie vertrou nie.

piet ·

Oukei maar jy kan gevolge verwag as gevolg van jou besluit. Moenie huil as jy aan strenger maatreels in jou werksplek en in die openbaar moet voldoen as die laer risikogroep wat wel ingeent is nie. Jy het ook ‘n keuse om vinniger as 120km/h op die snelweg te ry………punt.

Johan ·

Piet verstaan jy dat dit nie gewone inenting is nie? Dit is ongetoetsde mRNA behandeling. Dit is soos om in jou kar te klim by die spoedgrens te bly maar nie te weet of die remme werk nie. Steeds jou keuse wel.

Anel ·

Dis jou reg om te weier!!! Hoekom is die regering so gretig om die mense te ent? Jy mag maar Vigs hê en niemand mag dit weet nie, so ook TB, maar o wee, solank jy nie corona het nie. En nou wil hulle die onderwysers laat skuldig voel!!!

Piet ·

En onderwysers wat Ivermectin gebruik,,,dit bly hulle eie keuse,,,,baie onderwysers weier nie, wel wat hulle sê is hulle is onseker van die bestandele,,,kom ons kyk na 3jaar

NEO ·

10 uit 10 vir hulle. Sal ook nie die vacuum neem met my onderligende siekte toestande nie. Ivermectin werk uitstekend.

Johan ·

As jy aan Ivermectin glo, dan glo jy sekerlik ook aan pixie dust.

Regtigegtig ·

Duidelik het jy nog nie covid gehad nie en ivermatien gebruik en vinnig better gevoel.nie want dan sal jy meer deurdinkte kommemtaar gelewer het.

Johan ·

Jy is verkeerd “Dr.” Johan. En jy waag baie met so stelling.

Tiptol ·

Ons gebruik ook invermektien en iemand wat ons ook maar sy het covid gekry en moes suurstof kry. Ek weet nie meer wat werk en wat nie.

Sê maar net ·

Net my opinie.
Ek is ‘n 63 jarige afgetrede onderwyseres (vanaf einde Junie weens covid uitbraak). Ek lei aan hoë bloeddruk en hoë cholesterol. Ek is allergies vir baie soorte medisyne. Ek weier om ‘n proefkonyn te wees vir inspuitings wat nog nie deur die proeftydperk is nie en baie maal negatiewe reaksies/ newe effekte veroorsaak. Tot die dood. Daar is gewoonlik baie goeie redes waarom mense hierdie inspuitings weier. ( Let wel. Dit is nie ‘n inenting nie. Inentings voorkóm siekte). Met hierdie inspuitings “raak mens blykbaar minder siek en dit spaar lewens”, volgens al die nuusberigte. Nogtans, ek het in Julie 2020 covid gekry en was vir 7 maande siek, met erge simptome. Wat mediese mense nou noem, long covid. So, alles in ag genome, is daar mense wat nou aandring: ” Kry die inspuiting”.
Aikona. Op hd stadium is dit nog elke mens se eie keuse. En as hulle dit gaan afdwing, sal jy hd tannie moet skiet om haar te vang. Ek sê maar net…..

Regtigegtig ·

Dankie vir die kommemtaar, waar woorde min mense se oe is so oop. Hoop u bly gesond.

Pandora ·

So as hulle dit nie verpligtend maak nie, sal hulle wel die wat weier uitstoot deur die vinger na hulle te wys as die “sondebokke”?

piet ·

Johan – Wat gaan jy maak as die gehoorsames wat wel die inenting ontvang het jou die koue skouer begin gee. Dis net menslik. Hoekom sou ek wil “nice” wees met iemand wat vere voel vir ander se gesondheid.

piet ·

Wat dink jy? As ek in ‘n plek werk en 30 is gehoorsaam en is ingeent en 3 wil nou nie, gaan die meerderheid baie vinnig GV raak van die halstarrige paartjies wat almal se risiko vehoog en dit ‘n minder veiliger werksplek maak. Die ongehoorsames moet maar vat wat na hul kant tot kom want dis onvermydelik.

Cherokee ·

Hy gaan jou nie antwoord nie Dirk, want hy weet nie wat om te sê nie.

Johan ·

Jy is verkeerd piet, kom uit jou vrees toestand. Was jy nie in die grensoorlog nie? Dan behoort jy te weet mens glo nie alles wat politici sê nie.

Francois ·

Hulle sal weier want as hulle ingeent word moet hulle gaan werk

Pieter ·

Wat maak Lesufi so ‘n mediese deskundige? Vertrou hom nie. Vergeet nooit vanwaar die virus kom nie en die doel daarvan. Wuhan se laboratorium is nie daar om Lego blokkies te vervaardig nie. Herstelkoers is ook hoog, dus die dodelikheid is laer. In Indië word dokters aangekla wat nie Ivermektien voorskryf nie, blykbaar is sterftes onder Ivermektien gebruikers laag tenoor nie-gebruikers.

Jinksie ·

Jammer, partykeer is dit die onderwys departement wat sukkel om 1000de ondereysers in te ent. Die hele privaatskool waar ek werk en die model C skool naby ons se beheeerraad aangestelde onderwysers is geweier deur die departement v onderwys om ingeënt te word.

marius ·

Korrek. Ondersteuning personeel ook. Daarvan word nie ‘n woord gerep nie.

annie ·

Lesoefie was nou al so baie kere so diep ontsteld gelaat deur alles en almal rondom hom dat hy of ‘n swart hoed moet begin dra of ‘n aftreeoord nader vir rustigheid in sy gemoed en veral nà hy soveel andere se gemoededere gereeld getroef/bedroef het sou Nkandla se binneplaas dalk die regte ligging hè as veilige aftree-hawe vir flinke denkers van sy kaliber.

Pio ·

Kommerwekkend! Daar is dus net 9114 onderwysers wat vir hulle self kan dink?

Regtigegtig ·

Dus nou goeie nuus, meer mense moet asb. die inenting weier. Hy voorkom nie dat jy covid kry nie of dat jy covid versprei nie, maar hy het tonne ander newe effekte ook. Hoop meer mense se oe gaan oop. Ek hoor elke dag van meer mense naby ons wat covid kry na inenting en wat doodgaan aan covid of self beroertes en hardaanvalle kry n dag na hul ingeent is.

Boerinmurgenbeen ·

Moenie bekommer oor die helder denkende onderwysers wat weier om deel van die proefspan te wees nie.
Maak net dood seker al die Politieke spanne is wel volledig ingeënt, asook die manne wat so lief is om met hulle rooi kepies, asook die met hulle groen en geel geraas te maak, paaie te versper en bande aan die brand te steek.
Spaar liewer die entstof vir hulle, ek is seker hulle het dit baie meer nodig as dié leerkragte.

Mariette ·

Ek het nou meer hoop vir die land. Ingeligte onderwysers wat weier om die inentings te neem wat deur ander lande verwerp is, het my volle steun. Die inentings is nie ten volle getoets nie en net geldmaak, ten koste van die mense se gesondheid. Ek het meer vertroue in Ivermectin.

Johan ·

Ons kort nou dapper mense. Genoeg gevlug (na ons huisies), gevries in afsondering, nou moet ons veg vir ons lewens en die reg om kos op die tafel te sit… Dis tog waaroor n siekte gaan, veg vir jou lewe. Mense gaan in n paniek as hul positief toets, onthou as jy daai uitslag kry dat dit nou tyd is om te veg. Wat ongetoetsde behandelings betref……

Jack ·

Daar het jy dit. Lesufi se dreigement is baie duidelik. As jy nie die entstof aanvaar nie is jy besig om teen die pogings van die departement om onderwys te normaliseer op te staan en jy sal die gevolge moet dra. Kom ons kyk hoe die toneel hom gaan uitspeel.

Buks ·

Hoekom moet die regering besluit hoe jy jou lewe mag lei met of sonder die jab? Ek is mooi groot ek kan self besluit dankie so vat jou jab en druk hom in jou eie…… Jy weet wat!

piet ·

Want jou ongehoorsaamheid verhoog die risiko en gaan die staat meer geld kos. Los die inenting en dra die gevolge wat na jou kant toe gaan kom. Kry vir jou.

Stof ·

Danksy díe nugterdenkende onderwysers, kan ons minstens die versekering hê dat die onderwysstelsel steeds oor twee jaar sal kan voortgaan, al sou dit met net minder as tienduisend oorblywende, maar lojale onderwysers wees.
My dank aan genoemde onderwysers.

Gerhardus ·

Eerstens bly dit elke persoon se reg om te besluit of hy/sy ingeënt wil word, of nie en tweedens is daar wél medikasie, buiten die inenting, wat effektief teen die “virus” ingespan is, wat beteken dat die inentings nie geregverdig is/kan word nie. Ek praat nie hier van samesweringstorië, of valse informasie nie, maar van neergelegde en gedokumenteerde bewyse.

Tanniepetoors ·

Jy verkondig halwe waarhede. Kry eers jou inenting, dan praat jy van bestaande medikasie wat werk.

Spookasem ·

Ever heard of Ivermectin? Read the reports by all the doctors and the latest one published in the English Medical Science Journal, which was peer reviewed? Read anything other than what Google shows you? If you want to know what is really going on the world then don’t use google. Use another browser that does not feed you nonsense and lies all day long. Do you know anything about Agenda 2021 & 2030? Until you do please refrain from insulting our intelligence.

Q ·

Ek, vir een, ondersteun hierdie onderwysers (mense) TEN VOLLE in hulle keuse (wat hulle die volste reg toe het!). Die onderwysdepartement KAN NIEMAND forseer om dit te neem nie! Dreigemente met afleggings ens. gaan net lei to voller howe en oneindigende hof-sake, wat die staat ten duurste sal kos. Ek weier ook. Ek wonder hoeveel polisiemanne/-vroue gaan ook weier? Ek sou!

Michael ·

Dis ‘n eksperimentele entstof. Julle kommuniste het in Februarie in ‘n kommunikasie brief dit duidelik gestel dat die entstof vir studiedoeleindes goedgekeur is in SA en dat dit aan frontline workers toegedien word as deel van ‘n navorsingsprojek. So vrywaar julle julle van enige aanspreekliheid indien mense enige van die onbekende en nou reeds bekende nadelige gevolge van die entstof kry. Julle kan nie mense dwing om proefkonyne te wees nie. Vir die wat belangstel gaak kyk gerus op VAERS se webblad waar die gevolge van inenting aangemeld moet word na die aaklige gevolge van die entstowwe. Dat mense nou nog nie insien dit gaan oor geld, mag en beheer nie is mindboggling

piet ·

Ek het VAERS se amptelike webblad baie aandagtig VOLLEDIG deurgelees. Daar is nog GEEN kousale verband gevind tussen inentings self en sterftes daarna nie.

Dirk Mostert ·

As die entstowwe so veilig is, waarom is daar onlangs in S.A. en ander lande wetgewing ingestel om vervaardigers van entstowwe te vrywaar van eise en vervolging?

Michael ·

Dirk dat hierdie feit mense nie laat weghardloop van die entstof nie, gaan mens se verstand te bowe-maar ek moet erken die vrees waarmee hulle mense dryf is natuurlik die antwoord. Terloops die entstof is natuurlik per definisie van wat ‘n entstof is natuurlik glad nie ‘n entstof nie

piet ·

Dit klink vir my na die normale ding om te doen en ek is seker dieselfde is in plek vir alle ander entstowwe en ander medisynes. Die punt is jy het mos nou die keuse om dit te neem of nie. Neem jy die entstof neem jy dit met enige moontlike risiko (soos enige ander medisyne). Dis soos om ‘n kar te koop by ‘n handelaar. Jy kan tog nie die handelaar blameer omdat jy die keuse gemaak het om motor te ry (met alle moontlike gevolge) nie. ALLE medisyne dra risiko’s maar dis so voordelig dat ons bereid is om enige moontlike risiko te loop. Weet in elk geval nie hoekom dit jou pla nie, jy gaan mos nie die shot vat nie.

Michael ·

Die groot verskil is dat die ander medisyne en entstowwe eers vir jare getoets is op diere en daarna is dit goedgekeur. Die wereldbevolking is nie as proefkonyne gebruik nie. Sterkte ou proefkonyn

Francois Le Cochon ·

Werknemers wat weier word “herontplooi” na ander posissies waar hulle nie ander kollegas kan aansteek nie. Indien daar nie ander posissies is nie word hulle aangekla van “incapacity”, en kan hulle regmatig afgedank word.

Blomme ·

Tog so jammer dat selfs hierdie inenting dit ook regkry om Suid Afrikaners te verdeel. Is ons nasie regtig so liggeraak!

Karen ·

Die Dept. moet wakker skrik! Party mense kan eenvoudig nie bekostig om hulle lewens in gevaar te stel deur die inenting te kry nie? Ander het die virus of het dit pas gehad of is in isolasie. Maar die belangrikste bly dat mense regte het! Hulle het die reg om nie ñ proef konyn te wees nie. Die reg tot hul geloof en die reg tot hul menswaardigheid en sieninge!

Werner ·

Lesufi se vlak van intellek is maar soos die geldigheid van die inentings baie verdag.

jhs ·

Ek dog dis die mense se keuse, nou waarvoor die diep ontsteltenis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.