Departement gaan alternatiewe medisyne teenstaan

(Argieffoto) Foto: bereqet.com

(Argieffoto) Foto: bereqet.com

Hofdokumente is op Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, bedien wat probeer bewys dat alternatiewe medisyne veilig is, het die Sunday Times berig.

“Ons sal die saak teenstaan,” het Joe Maila, woordvoerder van die departement, gesê.

Die Health Products Association of SA (HPASA), wat 114 maatskappye verteenwoordig, vervaardig komplementêre medisyne met ʼn geraamde omset van R7 miljard. HPASA het die Pretoriase hooggeregshof genader oor nuwe regeringsmaatreëls. Die vereniging meen die maatreëls is “onbehoorlik” en voer aan dat hy meer as 60% van sy produkte van die rakke sal moet verwyder.

Mandisa Hela, registrateur by die Raad op Medisynebeheer, het aan die koerant gesê indien die mark nie gereguleer word nie, daar moontlik onveilige produkte, of produkte waarvan die doeltreffendheid bevraagteken kan word, op die rakke kan beland.

Komplementêre medisyne is in die verlede nie onderwerp aan dieselfde streng maatreëls soos ortodokse medikasie nie. Nuwe maatreëls is egter in November 2013 ingestel wat vereis dat die veiligheid en voordele van die medikasie bewys moet word.

Hela sê sekere produkte het in die verlede nie “onveilige” bestanddele soos yohimbine, tee met kokaïen, en verslankingsprodukte met gevaarlike vlakke van geskeduleerde bestanddele verklaar nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

irma ·

My vraag, hierdie verbod op alternatiewe medisyne, sluit dit toordokters en sangomas se beendere ,poeiers, slangvelle ens of word dit beskerm as ‘tradisie’ en
voel die hoofstroom drs werklik so bedreig dat ‘die goeie dr’ nou inbreek op mense se reg tot keuse wil maak en dit dan onder die dekmantel van ‘omgee’ promofeer?? Waar is die petisie wat ons almal kan teken. Hierdie is ons tradisie OF word daar nou onderskeid gemaak? Siek…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.