Departement gaan hof se besluit oor toerisme-rasfonds beveg

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

Die departement van toerisme het aangedui dat hy die appèlhof in Bloemfontein se uitspraak dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as kriterium vir die departement se hulpfonds onwettig is, sal beveg.

Dié uitspraak, tesame met ’n kostebevel, is verlede maand teen die departement gelewer.

Maroela Media het vroeër berig regter Plasket het in die hof gesê die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het ’n regsfout begaan en sy is nie wetlik verplig, soos sy aangevoer het, om geldelike bystand op grond van SEB-vereistes toe te ken nie.

Die departement het verlede jaar die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) bekendgestel om finansiële bystand aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) tydens die tydperk van algehele afsondering te gee.

Luidens die fonds se kriteria kan slegs ondernemings wat swart eienaarskap van minstens 51% het, in aanmerking kom vir lenings of toelae van dié fonds, wat sowat R1,2 miljard sterk is. AfriForum en Solidariteit het aangevoer dat hierdie kriteria nie wetlik of rasioneel is nie.

AfriForum en Solidariteit het Woensdag aangekondig dat hy bankvas agter die appèlhof se besluit staan en dit in die Konstitusionele Hof sal verdedig.

Volgens die twee organisasies is die toeken van hulpfondse op grond van ras onredelik, en die appèlhof het dit beaam deur hierdie aksie van die departement onwettig te verklaar.

Solidariteit is van mening dat die pandemie alle sakeondernemings in die toerismesektor getref het, ongeag velkleur, en dat die regering die pandemie en staat van inperking uitbuit om sy eie rasse-agenda te bevorder.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, staan hul regspan gereed om die uitspraak van regter Plasket van die appèlhof te verdedig.

“Ons sal nie toelaat dat die regering sy rassediskriminasie deur middel van staatskanale implementeer nie. Die regering weier om sy verantwoordelikheid teenoor die ganse Suid-Afrika na te kom en kies om slegs op sy eie amptenare en kaders te fokus. Ons sal hierdie optrede nie duld nie en sal voortgaan om teen die regering op te staan en teen hom te veg vir solank as wat hy sy rasse-ideologie en korrupsie voortsit en die mense van Suid-Afrika benadeel,” sê Van der Bijl.

Van der Bijl meen dit is duidelik dat die staat vasbeslote is om sy rasse-agenda ten alle koste te dryf.

“Die departement stel nie in redelikheid belang nie en neem geensins die eienaars van sakeondernemings of werknemers wat tydens die pandemie onder swaarkry gebuk moes gaan, in ag nie. Al waarin die regering belangstel, is om sy ideologie van sogenaamde transformasie te implementeer onder die dekmantel van kastige hulp.”

Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder, meen ook die kriteria vir die fonds is rassisties.

“Die staat kan dit as transformasie probeer verbloem, maar hy het lankal sy ware kleure getoon. Dit is uiters laag om die skade wat die regering met sy onredelike Covid-19-inperkingsregulasies aan die toerismesektor berokken het, nou uit te buit om teen mense te diskrimineer. Ons is gereed om verder teen hierdie diskriminasie te baklei,” sê Broodryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Shakespeare ·

51% BEE is ‘n getoetsde manier om enige besigheid te sink. Dink net, 51% se onbevoegde korrupte kaders se verwoesting wat hulle saai.

AW ·

Doen dit ASB…

Julle het mos Regte !!

Tog ek Hoop en Vertrou

Dat julle ń behoorlike pakslae sal kry in die Appêl Hof

Casper ·

AW hulle was klaar in die appèlhof nou gaan hulle konstitusionele hof toe.

ROELOF ·

Ja natuurlik weer op “mahala money”. Tyd dat begin word met belasting boikot.

Chris dupreez ·

Hulle ratio vir besighede is 80:20. 80% swart en 20% produktief.

Nie Verbaas ·

Is die fonds nog 1.2miljard sterk of wil department verdedig om werklike stand van sake te verbloem?

Ansie ·

Jislaaik tog, maar ons het ‘n onnosele klomp mense aan die stuur. Hoop sy betaal al die regskoste uit die rampfonds, want die staatskas is al bankrot wanbestuur.

Misky ·

Maar daai besighede se belasting geldjie wil hulle hê en biljoene per jaar daarvan

henndrik ·

Hulle het die reg om die saak verder te voer maar as hulle weer verloor moet die koste bevel persoonlik gemaak word en nie deur die belastingbetaler befonds word nie

Pieter ·

Maar die blankes se belasting geld isgoed genoeg loop voetsek julle anc gemors. Tyd dat ons blankes nou moet kom met n plan en die sleg anc se geld krane toe maak.

Spyker ·

Dit is masr dieselfde beleid wat Hitler met die Jode gevolg het, net die bigin daarvan. Blankes moet bigin wakker loop.

JohanR ·

Dit is omtrent al wat die ANC en sy lede kan doen, is om van hof tot hof te hardloop! Is die toerisme geld nie al uitgegee, soe self is die hofsaak gewen is daar nie meer geld vir wit toerisme?

Schalk ·

Gelukkig bly dit die toeris se keuse waar hy wil vakansie hou. Ek ondersteun eerder ‘n opregte besigheid as ‘n staats gesubsudueerde besigheid wat ras as kriteria wil gebruik. Op die lang duur sal elke besigheid wat op die staat en die verlede staatmaak vou. Dit is asof die regering wil entrepeneurs en mense wat vorder wil dwing om te onttrek aan die wedloop op sukses.

Harley Davidson ·

Rasse diskrinasie in SA is op ‘n hoogte punt apartheid het plek gemaak vir apartheid en diskrinasie teen die huidige benaadeeldes, die ANC het dit baklei en de klerk uitgeskop waar is Groenewald en Steenhuisen nou dit word oorgelaat aan Solidariteit om die regte ding te doen.

Althes ·

Lekker om te appelleer as jy dit met belastinggeld doen en onnodige belastinggeld mors omdat jy nie die hofuitspraak respekteer nie.
Minister van Toerisme, maak jou eie beursie oop.

Spook ·

En dis nou die ouens van die ANC wat die DA beskuldig het van rassisme na aanleiding van die Phoenix verkiesingsplakkate. Nou wil ek net vra, wat beskou die ANC dan as rassisme? Volgens hulle redinasie, is AA/BEE dus rassisme.

Di ·

Hierdie korrupte regerings is net rasmal as dit by sekere dinge kom. Wens hulle wil rasmal raak wanneer dit kom by belasting betalers!

annie ·

To BEE or not to BEE… Die antwoord kom op dieselfde neer… As jy nie mag BEE nie, BEEE dan. Die ANC beloof dalk net om ná die verkiesing slimmer en slinkser planne te beraam om minder uitgevang te word.

Jaco ·

Wit besighede moet eerder bly wees dat hulle weens die “verkeerde” velkleur nie staatshulp kry nie. Gestel die ras kriteria word weggeneem en wit besighede kry wel staatshulp; dan kry die Staat ALLE inligting van daardie wit besighede. 1 jaar nadat die “hulp” uitbetaal is, dan staan daardie wit besighede wat so “gehelp” is, sê ne bo aan die lys vir radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding, want dan het die Staat al hulle besonderhede.
Onthou tog ook: ‘n BEE gastehuis se kliënte bly 2 dae daar oor, maar gee ook vir een dag geld uit op die nie-BEE volstruisplaas langs die gastehuis. Uiteindelik oorleef die nie-BEE dus tog.

Pietertjie ·

Sulke rassisme word met belastingbetalers se geld beveg. Wat ‘n grap!

pieter ·

Hoekom moet ons belasting betaal aan die klomp waarvoor ons nie gestem het nie. ! ,
Besighede moet alles doen om net wit mense aan te stel , Weg met hulle rasse diskriminasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.