Departement gaan sê oor Zuma se nuwe R4 miljard-vliegtuig

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma se kantoor het Maandag die departement van verdediging versoek om meer inligting te verskaf oor beweerde planne om ʼn nuwe presidensiële vliegtuig ter waarde van R4 miljard aan te koop.

Die presidensie het ook die departement gevra om die media oor die aangeleentheid in te lig, “sover moontlik sonder om veiligheid in gedrang te bring”. Die departement sal die media wel Dinsdag om 10:00 toespreek.

“Dit moet genoem word dat alle vliegtuie wat deur die departement van verdediging vir die president en adjunkpresident se gebruik aangekoop word, aan die staat behoort,” het die presidensie gesê.

Daar is Sondag berig dat die departement Armscor beveel het om voort te gaan met die aankoop van ʼn BBP-vliegtuig om die huidige een, die Inkwazi, te vervang met een wat dubbel die ruimte het. Die Demokratiese Alliansie (DA) het die aankoop ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op Zuma gedoen om in te gryp en die aankoop van die vliegtuig te skrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Zumie ·

Eish, now do not misunderstand me – my little plane only costs four and thousand and thousand – listen carefully- and seventy Rands… what is da problem?

MM ·

Stem saam met jou Riaan.
Hy het dan ‘n jaar of so terug ook ‘n nuwe vliegtuig gekry. Dis nie ‘n kar wat jy elke 2de jaar kan inruil nie, maar hoe sal hy dan weet!

Manie ·

Mense besef julle nie!! DAAR is nie meer vakmanne om Instandhouding te doen nie. Daarom vlieg hulle hom tot sy ure verby is en koop hulle ‘n ander een!!!

DB ·

Jip Manie jy is reg, ek en 2 van my friende is besig met immigrasie en ons is al 3 elektrisiens met 20 jaar ondervinding.

DB ·

Jy is reg Manie ons is 3 elektrisiens met elk 20 jaar ondervinding wat besig is om te immigreer

Martin ·

Lees ek die ding nou rêg? Soos ek verstaan is Zuma nie bewus hiervan nie. Dit sal my nie verbaas nie.

panda ·

Intussen dood die land se mense van die honger, of word uitgemoor en hy leef in weelde. Hy moet geen wiele of vlerke kry nie, maar hulle moet hom onder “huisarres” plaas sodat hy vir ‘n slag die probleme in sy eie land kan uitsorteer.

#ZumaMustGo ·

Gebruik asseblief die geld wat julle op die vliegtuig sou spandeer het om etol te betaal. Ek weier om etol te betaal omdat Zuma ons geld steel. Zuma hoort in die tronk

Christie ·

Martin Zuma weet van alles, hy hou hom net vir gerieflikheids halwe “stupid”

Winston ·

Hy lag ons af. Moet n groter taxi kry. Daai oue nie genoeg sitplek nie.

Steps ·

Daar is geen voordele vir Suid Afrika in om n ‘Belleging van R4miljard te regverdig die rondry is net uitgawe vir BRAG en bewys van min verstand en enige inkomste uit onderhandelinge is suiwer tot sy voordeel , want ons weet nie wat onderhandel word nie , Dus word die versoek geweier.

Flip ·

Ek sit en wonder nou…. Sal die nuwe vliegtuig se badkamer beskik oor ‘n stort(kop)?

Dan ·

Dis maar net dat ons nie moet dink hy weet iets van die hele affere nie, hy hou daarvan om soveel as moontlik bewonderaars om hom te he, want jy sien die ANC tel eerste dan kan hulle mos lekker uitstappies reel vir al sy beste tjommies. die wat so baie vir hom hande klap in die parlement.

Johan ·

Dit verklaar waarom soveel eerlike hardwerkende belasting betalers nie hul geld van Sars af terug kry nie. Hulle besluit op watter verkwisting hulle dit moet spandeer, die vliegtuig of ons studente, wie se ouers alles verniet wil he!
Tyd dat ons die keuse moet kry of ons belasting WIL betaal of nie., dan kan hulle nie ons geld mors en geen dienste lewer soos hulle wil nie!??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.